Honda is op soek na die ware motorfietsavonturiers in Suider-Afrika.
Alles deur die skrywer Brian Cheyne
[Foto’s] BMW G 310 R: Mossie maar man
Ek was onmiddellik beïndruk met die G310 R se verrigting. Om van rigting te verander verg die ligste insette en die fiets floreer in die verkeer. Hy doen alles wat ʼn pendelfiets moet, en hy doen dit goed, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] Bielie van ʼn buksie
Die koppelaar is seker een van dié ligstes wat ek nog op enige fiets teëgekom het, en met die fiets se anoreksiese afmetings maak dit die ideale pendelfiets, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] Die koning is terug
Die doel was eenvoudig om weer die kroon te kan dra as die koning van sportfietse. Waar hulle kon sny, het hulle, en waar hulle moes bysit, het hulle, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] Die hertog van die oop pad
As jy iemand is wat nie hou van aandag trek nie moet jy eerder nie na die KTM kyk nie. Dit is ʼn kranksinnige fiets met ʼn lawwe streek. Jy ry met vrees en opgewondenheid tegelyk, maar as jy stop, gaan dit oor in vraatsigheid. Jy wil net nog hê, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] SA Bike Festival ʼn groot fees
Die South African Bike festival, wat van 26 tot 28 Mei by Kyalami gehou is, was ʼn groot trekpleister vir motorfietsgeesdriftiges van reg oor die land.
[Foto’s] Ducati stel nuwe fietse bekend
Ducati het Maandagaand by Kyalami agt nuwe fiets bekend gestel op dieselfde plek waar hulle komende naweek gedurende die Bike Festival gaan uitstal.
[Foto’s] Honda Quest: Ware avontuur met die Honda Africa Twin
Honda Quest gaan 20 ryers op 20 spesiaal voorbereide Honda Africa Twins sit en oor 12 dae ʼn gedugte roete aanpak êrens in Namibië. Dit gee Honda die kans om die taaiheid en vermoë van die Africa Twin ten toon te stel.
[Wen] Kuier saam by die motorfietsfees
Vyf lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie na die South African Bike Festival wen.
[Foto’s] BMW se GS Trophy
Toe BMW hulle GS aan die wêreld bekendgestel het, was dit ook nie lank voor Jan Alleman ʼn rede gesoek het om sy bedrewenheid met ʼn fiets teen sy buurman te toets nie.
[Foto’s] ʼn Dag vir die Triumph
Elke jaar, vir die afgelope ses jaar, reël Triumph ʼn sosiale geleentheid rondom Triumph-motorfietse.
[Foto’s] Africa Bike Week: ʼn Fees wat terugploeg in die gemeenskap
Die gemeenskap kry ʼn geraamde R10 miljoen-inspuiting per fees en plaaslike besighede baat ook. Die organiseerders het ook hul steun toegeken aan die burgemeester se projek om plaaslike skole se boekeskat aan te vul.
[Foto’s] Gemakstoel met ʼn skop
Die Harley Davidson Street Glide het ʼn hele ent gegaan om sy misvatting oor Harleys te weerlê, skryf Brian Cheyne.
BMW se GS: ʼn Fiets sonder weerga
Die bekendstelling van die 2017-GS-modelle is in Gauteng gehou en die wegspring was by Zwartkops.
[Foto’s] Triumph se enkelloper
Ek het ʼn sagte plekkie vir die Triumph Bonneville-reeks. Hulle is nou wel nie die vinnigste of sterkste nie, maar dit is nie waaroor hierdie motorfietse gaan nie. Dit is en bly net so ʼn gemaklike fiets om te ry, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] Kawasaki beïndruk met sy Z900
Kyk, hierdie fiets moet jy maar versigtig benader. As jy jou sit gekry het en die versneller aggressief pluk, beweeg jy nogal vinnig oor die landskap, en die sagte uitlaatpyp help nie juis om jou bewus te maak van jou onverantwoordelike optrede nie, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] Die BMW-familie brei uit
Ná weke se stilte lyk dit ewe skielik of nuwe motorfietsmodelle nou begin ontwaak en die volgende paar weke kan besig raak. BMW het pas ook twee variasies in ʼn bestaande modelreeks bekend gemaak.
[Foto’s] Die Taiwanese pendeltuig
In hierdie prysklas het kopers die keuse van ’n verskeidenheid van baie goeie motorfietse, so die MAXSYM moet regtig iets besonders na die tafel bring om dit ’n aantreklike opsie te maak – en dít doen hy beslis, meen Brian Cheyne.
[Foto’s] Die klein swart nommertjie
Die Yamaha MT-07 is soos die klein swart nommertjie wat meeste vroue in die kas hou: Dit gaan nie soseer oor hoe dit lyk nie, maar oor hoe dit voel, skryf Brian Cheyne.
Groot motorfietsfees by Kyalami
As jy enigsins daaraan dink om ʼn fiets te koop, dan moet jy jou kopie uitstel tot ná die motorfietsfees, meen Brian Cheyne.