Die Honda Africa Twin is laasjaar hier in Suid-Afrika aan die wêreldpers bekendgestel. Die aanvraag na hierdie model was egter so groot dat ons nou eers kans gekry het om met hom te ry.
Alles deur die skrywer Brian Cheyne
[Foto’s] BMW maak gereed vir 2018
Iets waaroor ek baie verlig is, is dat die neiging weer terug is na kleiner avontuurfietse. BMW het reeds ʼn teenwoordigheid daar met sy F-reeks, so om die bestaande fiets te verbeter was die logiese oplossing.
[Foto’s] Ducati se modelle vir 2018
As jy ʼn motorfietsgeesdriftige is, word jou Kerskatalogus saamgestel in die eerste week van November. Dit is wanneer motorfietsvervaardigers, ná maande se geheimhouding, hulle nuwe modelle aan die wêreld bekendstel in Milan.
[Foto’s] BMW se K 1600 Bagger ʼn regte rusbankfiets
Die Long Tom-pas, Rowerspas en die lang, uitgestrekte kurwes tussen Sabie en Pelgimsrus is motorfietskos, skryf Brian Cheyne. En nagereg is die kronkelpad tussen Sabie en Hazyview.
[Foto’s] Die Ducati Monster 821 word opgekikker
Elke era het ʼn kenmerkende snaaksigheid. In 1992 was die ‘mullet’ aan die uitsterf toe Ducati die ikoniese Monster aan die wêreld bekendgestel het. 25 jaar later is ons verlos van die mullet, maar een ding het tydloos gebly: Die Ducati Monster.
[Foto’s] Dié KTM sorg vir onstuitbare avontuur
Toe ryers gekla het dat KTM 1190 te veel krag het, was KTM se oplossing ʼn grynslag, ʼn groter enjin en nog meer krag! En dié monster se naam? Die KTM 1290 Superadventure R.
[Foto’s] BMW se Pure and Crafted-fees nou groter en beter
Vir die motorfietsgeesdriftiges was daar 30 van die mooiste antieke BMW-motorfietse uitgestal, en die nuwe BMW 310 was beskikbaar vir toetsritte. Mattie Griffin, ʼn professionele toertjieryer, het die skare kom vermaak op sy doelgemaakte motorfiets.
[Foto’s] Dié Indian rook die pyp
Dit is die tipe fiets waarmee ek wil tyd deurbring, maak nie saak wat my bestemming en rigting is nie.
[Foto’s] Die Harley-Davidson-rewolusie
Die base by Harley-Davidson verkondig hardop dat hulle oor die volgende 10 jaar 100 nuwe superimpak-modelle gaan vrystel. Brian Cheyne kyk na die rewolusie van dié gewilde motorfiets.
[Foto’s] Dié is Pirelli se motorfiets van die jaar
Die 2017 Pirelli Motorfiets van die jaar-kompetisie het die afgelope naweek, 8 en 9 September, plaasgevind.
[Foto’s] Triumph Scrambler bied besonderse reiservaring
Die handvatsels is breed en die instrumentepaneel is eenvoudig, maar die ryervaring is iets besonders, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] Harley-Davidson se Big Twin Revolution op pad
As James Dean vandag nog geleef het, sou hy vandag 86 jaar oud gewees het. In sy jeug het Dean ’n Harley-Davidson gery. Dit was wat die jongmense van daardie tyd gery het. Vandag sukkel Harley egter om die jonger geslag oor te bring na hul handelsmerk, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] Die Ducati Supersport praat met die hart
Die Ducati is ’n fiets wat jy koop omdat hy met jou hart praat. Hier laat jy logika en die spesifikasie-lys uit die sommetjie, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] SA gekies vir BMW Motorrad International GS Trophy
“Suid-Afrika bied die perfekte landskap vir GS-ryers. Ons is baie gelukkig om sulke lojale, vaardige en toegewyde kliënte te hê wat die gees van GS laat leef.”
[Foto’s] Suzuki se SV650 is ʼn V2-pretmasjien
Omtrent 140 parte is herontwerp en twee baie belangrike aspekte is aangespreek: die krag is op en die gewig is af.
[Foto’s] Padveiligheid: eendjies, eendjies, veilig om die baan
By dié dag besef ek: As jy dink jy kan motorfiets ry, maar jy was nog nooit op so ’n dag nie, dink weer. Ek kan nie glo hoeveel dinge ek verkeerd doen nie, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] Kawasaki Z1000 SX: Die ideale kombinasie van krag en gemak
My vrou was destyds in die koshuis saam met Dorrie. Dorrie het enige vreemde gedrag by mense altyd toegeskryf aan “’n fase”. Nou ek is weer in ʼn fase, en die Kawasaki Z1000 SX is deel daarvan, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] BMW R nine T: Retro is vuurwarm
Die R nine T is vir ouens wat baie graag ʼn projekfiets wil bou, maar nie die tyd, ruimte of talent het vir so iets nie. Jy gaan koop jou fiets, en dan kan jy rondspeel met verskeie opsies om die fiets jou eie te maak, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] Suzuki DL 650 V-Strom XT: ʼn Onderskatte middelgewig
Ek moes hard werk om my objektiewe hoed op te sit toe ek die Strom onder hande geneem het. Hy is net soveel beter as die fiets wat ek ry, dat ek maar moeilik hierdie een gaan terugbesorg, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] Zontes S250: Vergeet persepsies, dié fiets laat waai
Zontes se grootste uitdaging is die persepsie rondom Chinese produkte. Ek moet erken ek was skepties oor die fiets, maar die Zontes is egter glad nie ’n slegte fiets nie, en meer as 100 van hulle het al huise gekry in SA, skryf Brian Cheyne.