Die Ninja-naam is so eie aan Kawasaki soos die lemmetjiegroen verfwerk. Elke stukkie van die nuwe Ninja is verfyn, verbeter of vervang, skryf Brian Cheyne.
Alles deur die skrywer Brian Cheyne
[Foto’s] Nuwe baadjie vir talle BMW-fietse
Vir 2017 het BMW die opkikker-poeier liberaal en wyd oor die hele reeks gestrooi, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] ʼn Fiets vir baie paaie
Die Ducati Multistrada S het die hantering van ʼn sportfiets en die vermoë van ʼn langafstand-toerfiets. Alles is toegedraai in styl soos net die Italianers kan. En dan is hy só mooi, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] Triumph Explorer: Britse swaargewig-mededinger
Hy was nog altyd baie uitgesproke oor sy afkeer van groot dubbeldoel-fietse, skryf Brian Cheyne. Maar dié Triumph Explorer XCA het iets in hom aangewakker en hom selfs laat herbesin…
My afspraak met ‘Maandag’ op die Russiese Ural-motorfiets
Brian Cheyne gaan op ʼn nostalgiese rit al langs die R511 op ’n Russiese Ural-motorfiets met die naam Monday. Hy vertel oor sy ervaring met dié kanniedood uit die Tweede Wêreldoorlog.
Die Triumph Bonneville T120: Onopgesmuk modern met klassieke karakter
Een ding wat as standaard kom, wat jy nie op die opsielys kry nie, is “karakter”. En die fiets het sommer ʼn stewige skep daarvan. Soos daardie skeppe wat ouma altyd geskep het. Jy plak dit nie net agterna aan nie; jy het dit of jy het dit nie, skryf Brian Cheyne.
Kawasaki Versys 650: ʼn Motorfiets wat beïndruk
Die klank uit die verkorte uitlaatpyp is iets om te beleef. Ek ry gewoonlik met oorpluisies, maar vir die Versys se simfonie het ek hulle uitgehaal, skryf Brian Cheyne.
BMW se Pure and Crafted-fees: Maak ʼn kopskuif oor motorfietsry!
Die tema by die Motorrad-dae was nog altyd Bavaria, die tuiste van BMW. Vanjaar is besluit om ʼn bykomende geleentheid te skep, en die doel van Pure and Crafted is om meer mense te lok wat nie noodwendig motorfietsryers is nie.
Kawasaki se baanfiets vir die pad
Jy trek weg, en daarna raak jy nie weer aan die koppelaar nie. Jy hou die krane oop en tik net die rathefboom met jou tone. Die enjin gee ’n kort nies en sit seepglad oor na die volgende rat. Die mooiste klankbaan vergesel die aksie, en ek wens die Kawasaki het ’n 17-spoed ratkas.
Pendel-plesier met SYM se Wolf SB250Ni
Ek is oortuig daarvan dat vervaardigers van kleinkapasiteit-pendelfietse slegs een formule het: ʼn ontwerp uit die 80s, met reguit lyne en baie chroom. Maar die speelveld het ʼn paar groot name wat nou hul toetrede gaan maak en SYM het so pas ʼn salvo afgevuur.
Heeltyd speeltyd met nuwe Ducati Scrambler
Ons wat oud genoeg is, sal sekerlik vir Kerrie en Borrie onthou, die twee gifappeltjies wat deur die Geel Heks gestuur is om die silwer roos uit Blommeland te steel. En ou Liewe Heksie wat heeltyd onwetend hul planne in die wiele gery het. Die Ducati Scrambler wat ek onder hande gehad het, is net soos die gifappeltjies: helder geel en baie ondeund.
[Foto’s] Suzuki DL1000 V-Strom: In sy element op die oop pad
Suzuki het vir my hulle DL1000 V-Strom geleen. Die oorspronklike DL het lank in die tand geraak, en hoewel hy meganies onstuitbaar was, kon hy net nie meer kers vashou by die nuwer fietse nie. Dié nuwe motorfiets is egter ʼn ou staatmaker en in sy element op die pad, skryf Brian Cheyne.
BMW se retro stofskopper
By Chapmans Peak was die bande al lekker warm en kon ek die Scrambler heerlik rondgooi, bo my verwagtinge in. Die Metzelers raas baie, maar as jy rem vir die draaie, was dit asof hulle hul misnoë besing.
Triumph Street Twin – Bekostigbare Bonneville
Vergeet ons nie soms die essensie van motorfietsry nie? Iewers het ons die karakter verloor. Ek onthou, jare terug, my vriend Dawie het altyd van sy ‘pyp’ gepraat: ʼn pyp met ʼn enjin aan. Twee wiele en ʼn oor wat jy draai om vorentoe te gaan.
[Foto’s] Kawasaki Ninja H2 – Kunswerk met ʼn byt
Ek hou steeds nie van superfietse nie, maar as jy my vandag sê ek kan enige fiets weer toets, sal my antwoord dadelik die Kawasaki H2 wees, skryf Brian Cheyne.
Triumph Thruxton R: Moderne tegnologie in ʼn klassieke jas
Dit is die wonder van die Thruxton: daar is geweldig baie tyd en aandag spandeer om die Thruxton se tegnologie toe te draai in ʼn klassieke jas, skryf Brian Cheyne.