Die eThekwini-munisipaliteit se gesondheidseenheid het Donderdag beslag gelê op grimering wat onwettig ingevoer is.
Alles deur die skrywer Esté Meyer Jansen
Cosatu wil e-tol finaal skrap
Cosatu se sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, het Donderdag gewaarsku dat die federasie weer protesoptogte sal hou indien die e-tolstelsel nie finaal geskrap word nie.
Baba Wiehan: twee verskyn op aanklag van moord
Enock Mbele (44) en Lazarus Mabhena (54) het Donderdag in die Delmas-landdroshof verskyn op aanklagte van moord op die 5-maandeoue, Wiehan Botes en sy dagmoeder, Margrietha de Goede.
Moord op oudioloog: verdagtes word gesoek
Die Mpumalanga-polisie is tans opsoek na die verdagtes wat verantwoordelik was vir die ontvoering en moord van die Middelburgse oudioloog, Igna Nortjie.
Facebook se eie slimfoon binnekort beskikbaar
Gerugte doen die rondte dat die sosiale netwerk, Facebook, ʼn slimfoon teen die einde van 2013 bekend sal stel.
SA dalk 500 renosters armer teen 2013
Na verwagting sal soveel as 556 renoster vanjaar vrek as stropers Suid-Afrika bly plunder het die Valke Woensdag gewaarsku
Perd uit swembad gered
ʼn Perd wat in ʼn swembad in Hoekwil naby George in die Wes-Kaap geval het, is met ʼn laaigraaf gered.
Organisasies loof tronkstraf vir voormalige president
Menseregte-organisasies het vandag hulle tevredeheid uitgespreek oor die 50 jaar tronkstraf wat die voormalige Liberiese president, Charles Taylor, opgelê is.
“Smokkelaar” vas na hoëspoed-jaagtog
ʼn Beweerde daggasmokkelaar is Dinsdag na ʼn hoë-spoed jaagtog buite Bloemfontein vasgetrek.
SA is agter met internettoegang
Toegang tot die internet in Suid-Afrika, die kontinent se ekonomiese reus, is baie laag as dit met ander land in Afrika vergelyk word.
Zuma se skildery steeds op webwerf
Die omstrede Zuma-skildery pryk steeds op die Goodman-galery se webwerf.
Goeie nuus vir motoriste
Motoriste sal na verwagting Vrydag weet of die petrolprys volgende week met meer as 50c per liter sal daal.
Bekendes sing saam vir rekordpoging
Kurt Darren, Chris Chameleon en Joe Niemand is van die sangers wat Dinsdag saam met verskeie ander bekendes die liedjie Happy Birthday aan voormalige president Nelson Mandela sal sing.
Organisasies bespreek groenskrif vir grondhervorming
Verskeie burgerlike organisasies gaan op Donderdag ʼn konferensie oor die impak van grondhervorming in Suid-Afrika hou.
NDBV ondersoek vispedikure
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het die departement van gesondheid gevra om die gesondheidsrisiko van ʼn vispedikuur te ondersoek.
Name op gedenkmuur vir boere aangevul
Die name van die Steenkamp-gesin, wat op Goeie Vrydag onder vreemde omstandighede op hul plaas in Griekwastad vermoor is, verskyn nou ook op die Muur van Herinnering buite Bothaville.
Polisie soek steeds na lyke in dam
ʼn Soektog na die liggame van twee mans, wat vermoedelik in ʼn dam naby die Mandela-informele nedersetting in Katlehong verdrink het, sal Vrydag voortgaan.
Onluste in Noordwes duur voort
Inwoners van Montshiwa naby Mahikeng in Noordwes moes Donderdagaand vlug toe die polisie weer met rubberkoeëls en traanrook op betogers losgebrand het.
Motorwag het wetenskaplike vermoor
ʼn 38-jarige man wat deel van ʼn bende was, wat vyf jaar gelede ʼn afgetrede wetenskaplike in sy huis in Garsfontein, Pretoria vermoor het, is Donderdag skuldig bevind.
Vrou vermoor omdat sy man wou vergiftig
ʼn Polisievrou het Woensdag in die Hooggeregshof in Pretoria getuig dat Albert van Vuuren sy vrou vermoor het omdat sy hom glo wou vergiftig.