John Hlophe sal na verwagting vandag aandui of hy die konstitusionale hof gaan nader nadat die appélhof bevind het die Regterlike Dienskommissie (RDK) ongrondwetlik opgetree het deur nie sy ondersoek teen Hlophe voort te sit nie.
Alles deur die skrywer Nico
Baba Bokke hoop op selfversekerde begin
Die Suid-Afrikaanse o.20-rugbyspan speel Vrydag sy eerste wedstryd by die Junior Wêreldtoernooi in Italië wanneer hy Skotland pak in hulle Groep C-wedstryd.
Dwelmslaaf vas na gyselaarsdrama
ʼn 25-jarige vermeende dwelmverslaafde is in hegtenis geneem nadat hy na bewering vier mense aangehou en glo een van hulle verkrag het in Eersterivier in die Wes-Kaap.
Egpaar sterf in gru-ongeluk
ʼn Man en vrou is dood nadat hulle motor teen ʼn vragmotor gebots het op Sea Cow Lake weg net voor die Kenville weg wisselaar in Durban in Kwazulu-Natal.
Kallis is SA krieketspeler van die jaar
Jacques Kallis was gisteraand die groot wenner tydens Krieket Suid-Afrika se jaarlikse prysuitdeling.
Agtling-dokter sy lisensie kwyt
Die dokter wat Nadya Suleman gehelp het om ‘n agtling te verwek gaan sy lisensie verloor weens “growwe nalatigheid”.
Staat sluit saak af in Potgieter-moordverhoor
Die staat het vroeer vanoggend sy saak afgesluit teen die ses mans wat beskuldig word van die moord op die Potgieter-gesin van Lindley in die Vrystaat in Desember verlede jaar. Attie Potgieter, sy vrou Wilna en hulle 2-jarige dogtertjie Willemien se lyke is op die plaas Tweefontein gevind.
Manyi beveel Busa om swart kandidaat aan te stel
Die regering se woordvoerder en president van die Black Management Forum (BMF), Jimmy Manyi, het volgens berigte ongenooid by ʼn vergadering van Besigheidseenheid Suid-Afrika (Busa) opgedaag en beveel dat ʼn BMF kandidaat as die eenheid se nuwe uitvoerende hoof aangestel word.
Mans beroof, aan die brand gesteek
Twee eienaars van ʼn snoepwinkel in Botshabelo in die Vrystaat is gister aan die brand gesteek deur ʼn groep mans wat hulle winkel beroof het.
Twee sterf na vragmotor-ongeluk naby Howick
Twee mense is dood en nog ʼn persoon is ernstig beseer na ʼn botsing tussen ʼn vragmotor en ʼn motor op die N3 naby Howick.
Pa en seun sterf in vliegtuigongeluk, nog ʼn paar ontkom in ander ongeluk
ʼn Pa en seun is die naweek dood toe hulle vliegtuig geval en aan die brand geslaan het naby Koster in Noordwes tydens hulle deelname aan die Presidentswedvlug.
Donald wêreld se voorste gholfspeler
Luke Donald van Engeland is die wêreld se voorste gholfspeler na sy oorwinning in die PGA kampioenskap Sondag in Wentworth.
Berugte Rolex-bende slaan weer toe
Die berugte Rolex-bende, wat jag maak op ryk sakemanne, het volgens berigte die naweek weer in Johannesburg toegeslaan.
Cornelius Bosch-moordverhoor uitgestel
Die saak teen ses mans, wat aangekla word van die moord op die bekende kunstenaar Cornelius Bosch, is vanoggend in die Pretoria Noord landdroshof uitgestel tot 12 Augustus vanjaar.
Li en Djokovic deur na volgende rondes van die Franse Ope
Die sesde gekeurde Li Na het die eerste Chinese speler geword om deur te dring na die kwarteindronde van die Franse Ope.
RDK kan Motata-voorstel verwerp
Die Regterlike Dienskommissie (RDK) se hy is by magte, om ʼn voorstel dat ʼn klag van rassisme teen Regter Nkola Motata na ʼn tribunaal verwys word, te verwerp.
Zuma in Libië om konflik te bespreek
President Jacob Zuma sal vandag die Libiese hoofstad Tripoli besoek vir ʼn vergadering met die land se leier Muammar Gaddafi oor die voortslepende geweld in dié Noord-Afrika-land.
Motala sê Aurora baat nie ondanks politieke bande
Enver Motala, een van twee likwidateurs van Pamodzi wat verlede week afgedank is, sê Aurora Empowerment Systems het nooit voorkeur ontvang weens sy politieke bande nie.
Zuma paai landelike armes
President Jacob Zuma het die versekering gebied dat die ANC nie die landelike armes in die steek sal laat nie, het die SABC Woensdag berig.
Vermoorde sakeman ‘het oorgegee’
In Pretoria het ‘n 28-jarige man sy arms in die lug gehou en oorgegee toe hy doodgeskiet is tydens ‘n rooftog by ‘n hardewarewinkel.