Jasmin Pretorius: Verdagte na plek van veiligheid geskuif

Jasmin Pretorius

Jasmin Pretorius

ʼn Man wat van die moord en verkragting op die vierjarige Jasmin Pretorius van Brakpan in Gauteng verdink word, is na ʼn plek van veiligheid geneem ná hy doodsdreigemente ontvang het, het Eyewitness News Vrydag berig.

Jasmin se familie sê hulle het versoeke van gevangenes ontvang wat vra of hulle “na hom kan omsien”, het die radiostasie berig.

Jasmin se oupa het gesê hy is nog nie reg om met die man te praat of om hom te vergewe nie, maar hy kan nie toelaat dat die man vermoor word nie. “Hulle het ʼn manier om ʼn boodskap daar buite te kry, en hulle stuur boodskappe om te hoor of ons wil hê hulle moet hom ‘uithaal’,” het die oupa gesê.

Die 23-jarige man het Maandag in die landdroshof in Brakpan verskyn en die saak is tot Dinsdag uitgestel.

Eyewitness News het Vrydag ook berig dat honderde mense by ʼn kerk in Brakpan bymekaargekom het vir ʼn gedenkdiens vir Jasmin. Talle motorfietsryers, wat pienk aangehad het, lede van die ANC-vroueliga en die polisie, insluitend nasionale kommissaris Riah Phiyega, het die gedenkdiens bygewoon.

Kapt. Tsekiso Mofokeng het Maandag gesê ʼn vermistepersoon-saak is Saterdagoggend oopgemaak. “Die polisie en die gemeenskap het na die dogtertjie begin soek. Ons het ons eie ondersoek gedoen,” het Mofokeng gesê. Die polisie het die familie ondervra en een van die familielede het nie ʼn geloofwaardige weergawe van die gebeure gehad nie. “Hy het talle weergawes aangebied.”

Die man is van ontvoering aangekla, maar hy het later “ingegee en skuld bely” en het die polisie gehelp om haar liggaam onder ʼn bed in haar pa se woonstel op te spoor.

“Ons sal uit die nadoodse ondersoek kan vasstel hoe sy dood is en of daar seksuele aanranding was,” het hy gesê.

Die polisie het Vrydag alle navrae in verband met die man se skuif na die departement van korrektiewe dienste verwys. Die departement het nog nie reageer nie.

-SAPA

Lees ook:
Video: Gemeenskap woedend oor Jasmin Pretorius
Beskuldigde in hof oor Jasmin se moord
Man in hof vir Jasmin Pretorius se moord
Jasmin Pretorius: Inwoners betuig meegevoel
Vermiste vierjarige dood gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peter Says ·

Die Bybel se, n oog vir n oog, hoekom die barbaar se veiligheid verseker ? los hom oor aan sy eie genade.

Dan ·

Waarom moet die moordenaar en verkragter van ‘n kind se veiligheid verseker word? Stuur hom tussen die ander gevangenes in waar sy sogenaamde “status” die laagste plek in die tronk aan hom sal verseker en hul kan dienooreenkomstig teen hom optree. Hy het mos “menseregte” en sy mede-gevangenes en die bewaarders sal toesien dat sy regte beskerm word. Hy het niks om te vrees nie – as hy so bekommerd was oor wat met hom in die tronk kan gebeur sou hy tweekeer gedink het voor hy daardie kind verkrag en vermoor het. As ek dink aan die verskriklike pyn en foltering wat daardie onskuldige kind onder sy hande moes deurmaak terwyl hy haar verkrag en daarna vermoor het, is ek jammer om te sê maar ek voel absoluut niks vir hom nie. Mag hy kry wat hom toekom.

annamari ·

Ek kyk so baie na die engel gesiggie en wonder hoe kan ‘n volwasse man so iets doen dan word hy nog beskerm ook om na ‘n plek v veiligheid gevat! Nie een oomblik het hy aan daardie onskuldige kindjie gedink nie, die pyn en leiding! Wat moes sy nie verduur het vir ‘n siek gemene vark nie! Wat se mens v die ouers? Daar is nie genoeg woorde nie, net gebed en GOD se krag kan ons vir hulle bid!

Francois ·

Gee hom vir daai groot manne in die tronk.hulle moet hom nie rus gee daar nie.Hy moet deur gaan wat daai dogtertjie deur gegaan het.Werk sy gal vir hom die Lae hond.

zandie minne ·

Maak die gemene gevoelose gedierte dood hy verdien nie n kans om te lewe nie. Hy het n onskuldige dogterkie se lewe van haar ontneem. !!!!!!!!!!

Hester ·

Die vrou is so jonk en was dalk nie bevoeg om na al haar kids om te sien nie. Sy is weer swanger en was te moeg om na Jasmin-Lee en haar sus te kyk. Sulke ma’s moet gesteriliseer word. Die ongebore baba moet sommer vir aanneming uitgeplaas word sodra baba gebore word.

magda bornman ·

Wat het die vark gedink toehy dit aan die klein onskuldige kind gedoen het hy is n volwasse mens wat sy deel van lewe gehad het en kon geniet het die onskuldige kind het nog nie eers haar lewe brgin nie hy moet gehang word daar moet geen genade vir hul getoon word nie as n mens daagliks hoor hoe hulle kleinkinders verkrag en vermoor maak n mens net baie siek het hulle nie n gewete nie ek weet daardie engeltjie gaan by haar Pappa Jesus aldie liefde en reugde ken wat ons nie ken nie R.,I .P jasmine

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.