Misdaadstatistieke: Moordkoers styg wéér

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die getal moorde in Suid-Afrika het van April 2014 tot Maart 2015 met 782 toegeneem in vergelyking met dieselfde vorige tydperk, het Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, Dinsdag aangekondig.

Volgens die polisie se jongste misdaadstatistieke het die getal moorde in Suid-Afrika van 17 023 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 tot 17 805 in die tydperk April tot Maart 2015 toegeneem. Dit is ʼn toename van 4,6%. Dit is die derde jaar agtereenvolgend dat die moordkoers styg. Ander kontakmisdade het hoofsaaklik ook toegeneem.

Gevalle van poging tot moord het met 3,2% toegeneem van 16 989 in die vorige boekjaar tot 17 537 in die afgelope boekjaar. Aanranding met die doel om ernstig te beseer het met 0,1% toegeneem van 182 333 tot 182 556 gevalle in die vorige boekjaar. Die getal rooftogte met verswarende omstandighede het met 8,5% toegeneem van 118 963 gevalle in die vorige boekjaar tot 129 045 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015.

Kapings het die afgelope boekjaar met 14,2% toegeneem van 11 180 kapings in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 tot 12 773 kapings in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Huisbrake het volgens die polisie met 2,3% afgeneem van 259 784 tot 253 716 gevalle in die vorige boekjaar. Huisrooftogte het egter met 5,2% toegeneem van 19 284 tot 20 281 in die vorige boekjaar.

Gevalle van brandstigting het volgens die polisie met 6,1% afgeneem terwyl gevalle van kwaadwillige saakbeskadiging met 2,3% toegeneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Yvonne ·

Well Done aan die Polisie!!
Is dit nou nie ‘n bewys dat julle NIE JULLE WERK DOEN NIE!!!
@Zuma, hier’s seker niks fout met die statistieke nie ne, alles is mos honkey dories in SA

Miemie ·

Huisbrake het nie afgeneem nie, mense meld dit net nie meer aan nie. Al daai moeite net vir ‘n saaknommer en paar sms’e om te sê jammer die saak word toegemaak. Nie genoeg luidrade of watokal nie. Dis tydmors. En VERSEKER nie ‘n afname nie.

Asjas ·

Ek stem saam jou. Dit en huisbrake het oorgegaan in huisroof en moord. Jy word mos deesdae deur 50 oorval en is gelukkig as jy met jou lewe daarvan afkom. Dus jul een statistiek war af is beteken absoluut niks nie. En moenie vergeet dat al meer mense Sekuriteits Maatskappye aanstel o. die Polisie se werk te doen nie.

SHANE ·

Wat ‘n siek siek grap. Ons vang laasjaar ‘n vriend wat inbreek, plaas hom onder arres en wag vir die polisie om te kom. In die tyd wat ons wag’ “oorreed” ons hom toe om te verklap waar sy makkers is en waar die goed weggesteek word wat hulle gesteel het. Na maande se gesukkel word ons uiteindelik as getuies gedagvaar om in die hof te verskyn. Ons het die hele dag in die hof gesit, net om te hoor die saak is uitgegee weens ‘n gebrek aan bewyse. Watse bewyse soek hulle dan nog? ons het die rampokker dan “red-handed” gevang, hy het die gesteelde goed by sy maat se huis gaan haal en die res van sy bende uitgewys. En dit is hoekoem die syfer gedaal het. NIemand meld dit meer aan nie. Ek het nie tyd om te mors met mense wat die kriminele element beskerm eerder as die publiek nie.

Elani ·

Bwahaaaaa haaaaa haaaaa, goeie grap geagte me polisiekommesaris!!!!! Niks het afgeneem nie, niemand van ons wil dit meer aanmeld nie aangesien niks gebeur van die polisie se kant af nie. So NIKS HET AFGENEEM NIE, MENSE WIL DIT NET NIE MEER AANMELD NIE. Verstaan dit en kry dit in jou kop geagte me polisisekommisaris. Net jammer, vir baie al deurgery die ou storie, net jammer hulle noem niks van die plaasmoorde nie……..

jakes ·

Onthou asb, genoemde statistiek is provinsiaal al aangepas, nasionale kantoor het dit nog verder afgewater. As ware statistiek bekend word sal niemand ooit weer slaap. Kan my glo as dit se’, het toegang tot provinsiale statistiek maar mag weens amp nie self in voet skiet.

Christie Joubert ·

Ek wonder nou net watter redes sy aanvoer om nie geskors te word nie, irrelevant die scenario, punt is, sy doen nie haar werk nie!

Winston ·

As jy n fout moet soek vir hierdie tipe barbaarse gedrag, begin bo. By stortkop. As n land se statistiek (wat geboekstaaf word) so lyk, moet daar massiewe rede tot kommer wees. Hierdie is baie vêr van die realiteite af. Baie beamptes wys net eenvoudig klaers weg en baie van ons, kla nie meer nie. Dit help net mooi niks. Almal stel net belang in ongelykhede wat moet reggestel word, al is dit barbaars. Vrae word nooit beantwoord nie, maar doodeenvoudig omseil met verskonings en niemand NIEMAND aanvaar verantwoordelikheid nie. Tropdiere maak so.

Johann Marx ·

As die “reg tot lewe” in ons konsitusie gebalanseer was met die “reg om NIE te lewe NIE”, en jy kon jou keuse in hierdie verband demonstreer deur iemand anders te vermoor…..sou ons jou keuse gerespekteer het en jou NOG vyf demokratiese keuses gegee het, nl. galg, elektriese stoel, gaskamer, vuurpeleton of dodelike inspuiting. Dan het niemand jou “ter dood veroordeel” nie…..jy het self die keuse gemaak oor die uitkoms van jou lewe, soos gedemonstreer deur jou dade teenoor die gemeenksap. Ek het probeer om hiervan ‘n debats-gesprek te maak waaraan ALLE Suid Afrikaners kon deelneem……maar Maroelamedia was meer bekommerd oor die feit dat my skrywe uit meer as 500 woorde bestaan.

Theresa ·

Ek glo nie daardie statistiek is korrek nie. Dit moet meer wees. Wat verwag julle met al die wetteloosheid in hierdie land. Elke dag moet jy hoor wie die vorige dag in hul eie huise wreed aangerand en partykeer nog vermoor is ook. Niks word gedoen nie en die volgende ou kom maak maar net soos hy/hulle wil want hulle weet dat hulle wegkom met dit wat hulle doen.

Johann Marx ·

Theresa, gaan lees tog hoeveel mense, insluitende jouself, reageer hier met “en niks word gedoen nie” of “kriminele kan wegkom met wat hulle doen”. As dit so is…en die SAPD doen REGTIG niks….hoekom is ons tronke oorvol?

Genis ·

So in plein Afrikaans is daar sowat 500 ernstige aanrandings PER DAG, 50 moorde, 354 ernstige rooftogte, 35 kapings, 695 huisbrake en 56 huisrooftogte PER DAG, ELKE DAG. En volgens die persentasiegroei gaan dit skerp toeneem. Sitting ducks, dis wat ons is.

Genis ·

Johann Marx, ja jy is bietjie langdradig hoor. Jy skryf baie maar sê eintlik niks, soos een van daai jafels wat aanhoudend praat omdat hy van die klank van sy eie stem hou.

Ag Ja ·

Statistieke neem toe… Want die reg wat jy as mens het om jouself te verdedig teen iemand wat jou lewe bedreig, in die bedreiger se hande gesit word. Die reg wat jy het om veilig en vry in jou land te voel, in die onwettige burger/s se hande gesit word. Die reg wat jy het tot goeie mediese en opvoedkundige dienste, in ‘n meer veelkleurige persoon se hande gesit word. Die wet beteken niks, omdat die wat die wette skryf, dit self nie nakom nie. Snaaks hoe die besluitnemers in die land ons toebou met wetgemagtigde bakstene, maar vir barbare lere buite opsit om in te klim.

Mike de Beer ·

Die allerbelangrikste statistiek van alles ontbreek en dit is hoeveel van aangemelde sake word opgelos en loop uit op suksesvolle vervolging?

dewald ·

Bring die dood straf dan sal daai syfers afkom.Daars geen afskrik middel vir hul nie.Hul pleeg n moord en ons mense se tax geld sorg vir al hul etes vir n paar maande

Genis ·

Mike de Beer ek lees vanmôre daar in die betaalkoerant dat 4 uit 5 gevaarlike misdadigers op vrye voete is, en dink toe aan jou vraag. So daar is jou antwoord, die somme moet ons maar self doen.

Rynhardt ·

Vanoggend op Die Burger se voorblad staan dit in groot swart letters:”Polisie verloor die stryd”.Nou kan almal sien waarheen ons land op pad is,behalwe as jy nog polities korrek is.Riah Phiyega(die goeie vrou in Zuma se boek)het reeds op rekord erken dat sy weet nie hoe om n rekenaar te gebruik nie,maar maak gebruik van n klein nota boekie soos Sherlock Holms,hoewel sy nie soos Sherlock optree nie!Malema het nog n geheim verklap:”Anc en hul Gupta-vriende hou SA gevangene”.Nou kan almal sien wat De Klerk en sy trawante op SA losgelaat het.Mense het die reg om hul te beskerm teen wetteloosheid.In Vishoek waar die massas betoog,weier hul om inhegtenis geneem te word.Nou kan n mens sien hoe die chaos begin met optogte.

Rian ·

Hulle statestiek is nie reg nie. My vrou het gister die data getrek vir ons dorp en volgens hulle was daar geen kapings in 2014 nie dus n hoe toename in 2015….uhn nee julle is verkeerd daar was net so baie die jaar voor dit

Mens kan nie hulle data vertrou nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.