Babadogtertjie sterf na sy uit drein gered word

Foto: Dynamic Emergency Medical Services

Foto: Dynamic Emergency Medical Services

Die pasgebore babadogtertjie wat Donderdag uit ‘n drein in Oos-Londen in die Oos-Kaap gered is, is oorlede.

Paramedici van Dynamic Emergency Medical Services (Dems) is Donderdagoggend na Signalstraat ontbied nadat die babadogtertjie in ‘n plastieksak in ‘n drein gevind is.

Paramedici het vir 45 minute gespook om die babadogtertjie by te bring nadat haar pols gestop het. Sy is hierna na die Life St Dominic’s-hospitaal geneem vir verdere behandeling en is later na die neonatale eenheid in die Frere-hospitaal oorgeplaas.

Volgens Dems is die babadogtertjie egter later in die hospitaal oorlede. Talle mense het intussen op Dems se Facebook-blad aangedui dat hulle fondse bymekaar wil maak sodat die babadogtertjie ‘n behoorlike begrafnis kan kry.

AlgoaFM berig dat die polisie ‘n saak van kinderverwaarlosing ondersoek.

Lees ook:
Pasgebore babadogtertjie uit drein gered

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

RIENIE VAN ROOYEN ·

Hoe hart seer, kan nie dink hoe mense redeneer nie. Gee liewers die ou kleintjies vir mense wat sal omgee en wat smag na kinders.

Belinda ·

Hoe slaap jy in die aand nadat jy so iets gedoen het aand n kind………………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.