Lesersbrief: Kanker en geloof

Mard-Mari Nortje skryf:

angiola-harry-borskanker-pienk-strikkie-unsplash-1.jpg

(Foto: unsplash/angiola-harry.com)

Ek het nog altyd gehou van die gesegde wat lui: “When God puts you in it, he will get you through it”, maar het nooit gedink dit sal die woorde wees wat my deurdra nie.

Ek is op 28 gediagnoseer met inflammatoriese fase vier-borskanker. Wat die kanker so anders maak, is dat dit nie net binne jou bors is nie, maar ook buite jou bors waar hy jou bors stadig begin eet. So na vele toetse en duisende kilometers se reis Kaap toe kon hulle vasstel dat die kanker versprei het van my bors na my borsbeen (wat die kanker al 60% opgeëet het), longe, rugwerwels, lewer en heupe.

Dit was ʼn emosionele dag toe die dokter my bel en die nuus deel. Ek het geweet dit is ernstig toe ʼn gesoute dokter voor my sit en huil en al wat hy kon sê is: “Jammer my kind”.

Vir lank was stort my gunstelingding om te doen, want binne daai drie mure en laken kon niemand my trane sien nie. Vir lank was ek verslaaf aan ʼn spieël. Ek het elke dag gekyk na my bors en gehoop vir ʼn wonderwerk dat my bors net ʼn bietjie sou beter lyk, maar ek moes nog ʼn bietjie vaskyk aan ʼn misvormde bors met ʼn groot rou seer.

Maar na vele trane en smeking praat God met my en ek kry weer die uitdrukking wat sê: “If God puts you in it, he will get you through it” en ek kon dit sien. God het my en my gesin se behoefte raakgesien en het wonderlike mense oor ons pad gestuur wat ons laste minder gemaak het. Dit is steeds nie maklik om my kinders vir weke by my ouers te los nie, maar ek het een doel gehad en dit was om gesond te word.

Om met kanker te leef, is nie altyd maklik nie. Jy kry slegte dae en goeie dae, maar as jy aanhou glo en hoop, raak dit dag vir dag beter.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Chris ·

Daar is ‘n paar G’s wat jy altyd in gedagte moet hou wanneer jy voor ‘n uitdaging soos dit te staan kom: God. Gebed. Geloof. Genade. Geneesheer. Genesing

Hendrik ·

My Wedwerhelf het 11 jaar die kankerstyd gestry. Wees versigtig, die mens kan ook van die aardselewe n afgod maak. Die eindelose spanning is deur geloof verbreek. Doen soos ons geleer is om te bid. Laat u wil geskiet
Plaas dit kinderlik op SY SKOUER. Om uiteindelik in oorgawe te sterf maak ook van jou meer as n oorwinnaar.

Delia ·

Hendrik. Jy sê ons kan van die aardse lewe n afgod maak. Sjoe dit het my geraak. My man het gesterf in 2020. Breinkanker. Hy was net 57 jaar oud. Ek was kwaad, verslae, noem maar op. Ons het so hard gebid en geglo. Tot dit my op n dag baie hard tref. Ek het gebid vir genesing…op my terme…gevra vir genesing op aarde. Maar genesing vind by God ook plaas, in God se arms. En dis hoe my man genees is. Maar die wete, vat ook nie my pyn, hartseer, verlange weg mie. Want na 3 jaar, is dit steeds meeste dae nie makliker. Maar ek weet Hy dra my dag vir dag

Truman Burbank ·

Kyk. Nou kan mense maar my op dioe brandstapel plaas. Maar kanker is n vloek. My ouma is 1972 oorlede aan “kanker”. Geen familie geskiedenis. Geen kinders, kleinkinders of agter kleinkinders het kanker. En veral borskanker is glo oorerflik. Nou. Meer as 50 jaar na die tyd, besef ons sy kon nie kanker gehad het nie. Want sy het n spesifieke lewer sindroom gehad wat dit feitlik onmoontlik gemaak het. Dit veroorsaak dat billirubien vlakke hemel hoog is. Billirubien is n baie sterk anti oksidant, en mense wat die “sindroom” het se kanse vir kanker is maar .01%. Die behandeling het haar doodgemaak. Want n oorywerige dokter het n knop op die bors, wat normal is vir haar ouderdom, dit kom en gaan, behandel met chemo. Hmmmm

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.