Adam Jacobs skryf:
Die minister van finansies het in sy jongste begrotingsrede geen verandering in belastingskale en kortings wat van belasting aftrekbaar is, gemaak nie.
In 2023 het die inflasiekoers met 6% gestyg. Gestel ʼn pensionaris was gelukkig om ook 6% verhoging in sy/ haar pensioen te kry. Dan lyk die somme vir vanjaar soos volg:
ʼn Persoon wat verlede jaar R240 000 per jaar, oftewel R20 000 per maand, pensioen ontvang het se belasbare bedrag was R43 432. Maar met primêre, sekondêre en tersiêre kortings van R29 824 afgetrek, was die nettobelasting R13 608.
Met ʼn 6% verhoging in pensioen styg die inkome vanjaar na R254 400 per jaar.
Nou beloop die belasting R47 176. Dit is 8,5% meer. Trek die kortings af, dan beloop die nettobelasting R17 354. Dit is ʼn verhoging van 27,5% op dié van verlede jaar.
Sou die som gemaak word vir ʼn persoon wat verlede jaar R360 000 per jaar pensioen ontvang het en so ʼn persoon ook 6% verhoging kry, en dieselfde oefening gemaak word, styg die nettobelasting met 13,8%.
Die gevolgtrekking: Pensioenarisse se belasting styg vanjaar heelwat meer as ʼn moontlike verhoging van 6% in hulle pensioen. Meer nog, hoe laer die pensioen, hoe meer styg hulle belasting persentasie gewys. Inflasie is inderdaad die minister van finansies se grootse vriend en pensioenarisse bo 72 jaar se grootste vyand.
So oor 15 jaar is min pensioentrekkers oor. Die nuwe groep oues het nie juis aftree planne nie. Hulle gaan op SASSA steun.
Hierdie skrywe is waar vir die pensionarisse wat ‘n pensioen van ‘n werkgewer ontvang en nie die ontrekkingskoerse kan bepaal,soos wat baie nou kan doen,wat die keuses gekry het om hulle pensioen dmv ‘n goedgekeurde “CFP” en goedgekeurde finansiële instelling te belê.Dit verg egter finansiële dissipline,maar as dit reggedoen word,kry jy ‘n kredietsaldo elke jaar terug van die belasting.Almal sal nie baat vind hierby nie,want elke mens se finansiële omstandighede lyk anders.
Ons wag maar vir 1 April 2024.