Lesersbrief: Ons almal se regte word geskend

Ruané Cilliers skryf vanaf die NWU-Potchefstroomkampus:

(Foto: NWU/Facebook)

Ek skryf nie vandag onder anonimiteit nie – ek is trots oor my waardes en waarvoor ek staan.

Ek is tans ʼn derdejaar-bemarkingstudent op die NWU se Potchefstroomkampus. Ek het grootgeword in ʼn Christelike huis en wat tans by die kampus aan die gaan is, steek my dwars in die krop.

Die gebeure van die afgelope week ontstel my as Christen en student. Waarheen gaan ons land en ons opvoeding? Slegs een uit wie weet hoeveel honderde student het opgestaan vir wat reg is. Hoe moet ons ons koshuise se huiskomiteelede vertrou as hulle nie eers kon opstaan vir ons Godsdiens nie? Hulle is ons verteenwoordigers en het ons is die steek gelaat.

Nadat ek Shaun Christie se video op Instagram gekyk het, was ek vas oortuig om iets daaroor te skryf – nie net is sy reg van vryheid van uitdrukking geskend nie, maar ook sy reg op godsdiensvryheid. Ongelukkig word ons almal se regte geskend. En hoekom? Om hulle gevoelens en gewetes te beskerm? Om nie die onfeilbare Woord van God te verkondig in ʼn siek land nie?

Die universiteit se hoofwaardes op hulle webwerf lees soos volg: “caring and inclusive”, “embracing diversity”. Nou is my vraag hoe presies die NWU-Potchefstroomkampus se dade die laaste ruk inklusief is of diversiteit omhels?

Elkeen het sy eie beginsels, maar net sommiges mag uitgeleef word en ander word onderdruk deur die universiteit. Gee almal dieselfde regte en gee almal die vryheid van uitdrukking en godsdiens wat ons verdien.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.