Ghoemas: PW Botha sou trots gewees het

Argieffoto

(Met apologie aan Martin Niemöller)

Eers het hulle vir Afrikaanse onderrig gekom, en ek het niks gesê nie
Want ek was nie meer op skool nie

Toe kom hulle vir Pretoria se straatname, en ek het niks gesê nie
Want ek bly in die Noord-Kaap

Toe kom hulle vir die kunstenaars, en ek het niks gesê nie –
Want ek was nie ’n kunstenaar nie

Toe kom hulle vir my – en daar was niemand oor om namens my te praat nie

’n Nuwe sensuur

Die week se Ghoema-toekennings is in omstredenheid gedompel nadat die lied “Die Land”, wat deur Steve Hofmeyr, Rohan du Toit, Jay, Bobby van Jaarsveld en Bok van Blerk opgeneem is, onttrek is van die nominasies vir beste musiekvideo. Dit blyk dat ’n hooggeplaaste by MultiChoice druk op die Ghoemas se organiseerders geplaas het om die nominasie te onttrek vanweë Steve Hofmeyr se deelname. En die rede wat aangevoer word, is dat Hofmeyr se standpunte nie met dié van MultiChoice ooreenstem nie.

Indien ’n toekenningsgeleentheid of enige ander instelling daarop aanspraak maak dat hulle vryheid van spraak ondersteun, kan hulle slegs ’n item verwyder indien dit aan een van die volgende vereistes voldoen:

  • Dit haat of geweld aanhits; of
  • Dat daar haatspraak in die lied gepleeg word.

Aangesien dit nie die geval met die “Die Land” is nie, kan daar met reg gesê word dat die voorskriftelike sensuur wat voorgekom het met die onttrekking van “Die Land” se nominasie, die grofste vorm van sensuur is wat ons in ’n lang tyd gesien het.

PW Botha en Allan Hendrickse

Gedurende Januarie 1987 dien eerwaarde Allan Hendrickse in die driekamerparlement onder die destydse eerste minister, PW Botha. Hendrickse is leier van die Arbeidersparty en loop onder hewige kritiek deur vir sy deelname aan die driekamerparlement wat deur verskeie anti-apartheidsaktiviste beskryf word as ’n stelsel wat help om die bewind van die Nasionale Party aan die gang te hou. Hendrickse is kort tevore deur Botha as ’n minister aangewys en hy het heel moontlik oor ’n sekere mate van selfvertroue beskik en geglo dat hy die kritici sal kan paai. So besluit Hendrickse om van sy ondersteuners te neem en op die destydse “wit” strand King’s Beach in Port Elizabeth te gaan swem.

Dié aand word daar op die SAUK-nuus na die swemmery verwys. Freek Robinson is besig om regstreeks hieroor verslag te doen, toe PW Botha die nuuskantoor bel. Hy is glad nie tevrede oor die wyse waarop daar oor die dag se gebeure verslag gedoen word nie. Daar heers absolute chaos – Freek probeer om met die uitsending voort te gaan terwyl die regisseur deur sy oorfone PW se wysigings aan hom probeer deurgee.

Vryheid van spraak is een van die belangrikste boustene van ’n demokrasie. Daarsonder verval ons in ’n gevaarlike stelsel waar sensuur deur ’n klein beterweterige elite toegepas word. Vryheid van spraak moet ten alle koste beskerm word. Nie net van politici nie, maar ook van korporatiewe instellings wat voorskriftelik wil optree ten koste van die kunste.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: James Kemp

James is die hoofredakteur van Klankkoerant, ʼn nuus en aktualiteitsprogram wat ook op Pretoria FM uitgesaai word.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

George in Bloem ·

Vryheid van spraak bestaan maar net op die stuk papier waarop die grondwet gedkryf is maar lankal reeds nie meer op straat nie. Jy kan se wat jy wil se solank dit net die meerderheid behaag en nie die meerderheid se foute uitwys,kritiek op hulle lewer of hulle aanstoot gee nie want dan is jy automaties ‘n rassis. Dis ongelukkig hoe dit deesdae is.

Cecil Swartz ·

Nogal goed dat Die Land onttrek is.Die ander kunstenaars moet hulle onttrek van Steve Hofmeyer.Hy is n stok in die wiel vir ander kunstenaars en die demokrasie in die land.Goed gedaan en duime op vir Goemas en Multichoice!!

De Villiers ·

@Cecil, @John & @Jerry, Steve is bereid om in dit waarin hy glo en hoe hy voel in die openbaar bekend te maak, en hy praat oor die werklikheid van die geskiedenis en hede van Suid-Afrika waaroor die liberales swyg. Dit met die risiko dat hy sy loopbaan in gedrang stel. Hy doen dit vir die Afrikaner, en vir julle ook. Steve is nie ‘n politikus nie, maar gee sy mening waaroor dié gemiddelde Afrikaner dink en voel. Daarom salueer ek vir Steve vir die ‘guts’ wat hy toon. Watter positiewe bydra dra julle by tot jul en jul volk se voortbestaan behalwe om vir dié wat vir julle baklei te kritiseer en ons onderdrukkers te ondersteun?

John ·

Let mooi: Dit is nie net Steve wat sing nie… maar ‘n hele klomp sangers. Waarom sien hy homself as die enigste vername en lydende party in die storie en gee geen krediet aan die res nie? Alles draai oor hom, om hom en vir hom. Oom Steve bou hard aan ‘n loopbaan as leier van ‘n klomp skape… ter slagting… deur hom gelei… Moenie later kerm nie… Sing en sing en betaal vir die voorreg… Zuma en Cyril en Malema doen ook so… met behulp van die emosionele meèsleuring van die massas…

punt gemis ·

@John, jy mis die punt. Steve het dit nie om homself laat draai nie; hy alleen (sy deelname aan die lied) is uitgewys as die rede tot instruksie dat die lied onttrek word – ten koste dan ook van die ander kunstenaars.

Elza ·

Hulle het lied ontrek oor Steve daarop sing . Dis maar net oor wit mense waag om te se die land behoort aan ons. Nou is Steve die slaan sak.

LBS ·

Twak. Steve het self gesê hy is jammer vir almal wat hierdeur geraak is. Dit is beslis hy wat “gemerk” is en daarom gaan dit oor hom, om hom en vir hom. Dankie aan die ander sangers wat hully uit hul eie by hom geskaar het. Hulle weet waaroor dit gaan, jy blykbaar gladnie.

Zombie ·

Moeilik om John se argument te bepaal. Hoe hou dit met die berig verband? Probeer asseblief weer en stel die argument so, dat selfs ń ou zombie in staat sal wees om dit te kan volg.

Wim Kotze ·

James Kemp se herhinnerige sou relevant gewees het as hy sou kon aandui hoe PW Botha se optrede Freek Robinson of die nuuskantoor personeel se inkomste bedreig het.

Jerry ·

Ek hou van vryheid van spraak, kom ons toets of julle ook daarvan hou. Toe “hulle” vir Afrikaanse onderrig kom toe gebruik Afriforum uitlok en skoorsoek taktiek om die uitkoms te vererger en verloor doelbewus die hofsaak teen die UV ten einde Akademia lewensvatbaar te maak en Afriforum/Solidariteit se bestaansreg te verseker. Die regte wat deur “hulle” geteiken is en waarvan daar verskriklik ophef gemaak is en kamtige weerstand gebied was is toevallig beskikbaar by Afriforum/Solidariteit en vennote wie se hoofmotief dit is om n sakeryk te bou uit die regte van die Afrikaner vir uiteindelike selfbeskikking. Julle sterk dus die “hulle” in “hulle” kwaad om die Afrikaner te isoleer en uit te sluit sodat die Afrikaner se enigste heenkome by “julle” is. Die Afrikaners wat nie inval by julle planne nie is die wat verarm en in ellende opeindig. Julle teer op die sentiment van die Afrikaner nie net tot geisoleerde voordeel van die uitgesluite Afrikaner, maar ook tot erge geisoleerde nadeel van die uitgesluite Afrikaner. Julle waarheid is dus nie die Afrikaner se waarheid nie, julle gebruik net die Afrikaner se waarheid vir julle leuens! Was dit nie vir Solidariteit/Afriforum nie sou die EFF/Blf nie bestaan het nie en sou die ANC dalk nooit n Zuma gekies het as president nie! Julle het weer van die Afrikaner se regte n bedreiging vir ander gaan staan en maak! Julle maak n fout as julle dink die Afrikaner het julle nodig!

AndrewL ·

Jerry, gee tog ook ‘n alternatief. Wie anders gee nog enigsins om vir Afrikaans? Indien Solidariteit/Afriforum nie daar was nie, wie sou iets doen, jy?

Nagmaalwyn ·

Namate meer en meer Afrikaners uit die formele werkplek gedruk word gaan Solidariteit in elk geval met loop van tyd in ‘n doodloopstraat beland. Hulle moet dus ook maar veg vir hul plek in die son.

Dries du Toit ·

Hemel Jerry jy hardloop al weer al in die rondte. Los nou Vir Afriforum en Sol. uit. Ek eag nog vir jou beter voorstelle oor wat moet ons doen

Rupert Ashford ·

Gaan lees die geskiedenis oor ene Neville Chamberlain.

ZAR ·

Ek os dankbaar vir wat gebeur het, want nou kan almal sien hoe groot klug die ghoemas geword het. Wie sal nou ooit weer hulle vertrou om regtig die beste van al die kunstenaars te kies?

Johan ·

Nou wonder ek wanneer geteikende minderhede met hul voete en beursies gaan begin stem oor die skreiende ongeregtighede soos Sasol se slegs-swart aandeelskema, Discovery se pro-swart bankplan, die ontrekking van groot AIG borgskappe (Toyota en MTN) en nou die “kom ons almal skop Steve” veldtog? Die lys gaan langer word en die vergrype groter totdat die verontregtes (Afrikaners verdien spesifieke vermelding) met woord EN daad reageer. Gooi jy nog Sasol in (want dis sooo gerieflik)? Koop jy nog enige Discovery produk (want die bonuspunte betaal my “gym” fooie)? En die moeilikste een vir die boere: Is jou volgende bakkie maar weer ‘n Toyota?
Tree jy op soos die verleë party of neem jy verantwoordelikheid vir jou reaksie op jou daaglikse dosis verdrukking en verguising? Wees dapper genoeg om die skuldenaars aan selektiewe verdrukking te straf deur jou besigheid te skuif. Dit is die regte ding om te doen.

Jerry ·

Die regte ding om te doen is om mense soos Steve en malema op hulle plek te sit en hulle uit te sluit en te isoleer. Om die Afrikaner saam met Steve uit te sluit en te isoleer tot Solidariteit se voordeel is nie reg nie al se wie wat. Hoekom moet die Afrikaner mislei, gemanipuleer en geforseer word. So iets was nog altyd ten koste van die onskuldige jongmense wie mense soos Solidariteit inspan as hulle voetsoldate. Hierdie keer gaan dit baie slegte gevolge he en daar is te veel redes daarvoor. Dit egter daar gelaat. Genoeg jongmense het al emigreer, so die Afrikaner sal aangaan, maak nie saak of julle en Steve se ondersteuners dit nou maak of nie! Ek moet darem se dat die nuwe Toyota RAV darem wragtig blink vertoon!

Wessel ·

??Almal weet jy hou nie van Solidariteit nie. Beweeg nou aan. Malema isoleer- droom voort.

AndreL ·

Nee wat Jerry, die jongmense wat emigreer het niks met Steve te doen nie. Jy bly moontlik in Afrika, maar van hul geloofwaardigheid weet jy bokkerôl.

JaNee ·

@Jerry. Jy vergelyk Steve met Malema??? Lewe jy onder in ‘n grot? Een ding wat mens hier sien is, soos gewoonlik, dat ons Afrikaners nie eers kan saamstaan of stem nie. Baie se koppe is in die sand. Dit is ‘in’ om Afrikaans af te takel asook Afrikaners. Ons is ons grootste vyand

Hans Richardt ·

Ek dink PW as aarts-patriot oor Afrikaners en Afrikaans, sou groot vloermoer gegooi het omdat Ghoemas Die Land video verban het.
Allan Hendrikse was moedswillig en het gedink hy is duiwel’s advokaat, maar was eintlik ‘n groot pyn in agterend.
Feit is, nie net Steve was geboikot met Ghoemas se besluit nie, maar ook sy mede sangers in die video, wat niks verkeerd gedoen het nie. Dieselfde met borge, wat onttrek aan AIG, met Steve se deelname as motivering, al die ander deelnemers is benadeel.
Laat my altyd dink aan Dr Hartman van SAUK, wat Boere musiek verban het ten gunste van klassieke musiek. Radio stasies doen dit nou nog, maar CD’S verkope van klassieke musiek of bywoning van simfonie konserte en operas het nie gestyg nie. Inteendeel, dis nog ‘n industrie wat SUKKEL om te oorleef, want dis afgedwing as kunsmatige kultuur wat nie inherente deel van ons kultuur is nie.
Wat oorleef, is wat diep gevestig is, sensuur of geen sensuur nie. Ek het nog nooit behoefte vir bv Kaapse vlakte ontwikkel na die Hendriks’e spektakel met sy dik maag kaalvoet oor klippe nie, as media “stunt” nie. My vraag is, gaan die video ? se verkope toeneem agv onttrekking van Ghoemas, van die video?
Selfs Maroela media se redaksionele beleid is vorm van sensuur.

Gert ·

Steve is en bly my held omdat hy sy mond nie te laat snoer deur die regeerders of deur die polities korrektes onder die wittes nie,maar onbeskaamd die waarheid vertel. Ek is ook baie trots op Afriforum en Solidariteit wat dieselfde doen.
Doen so voort!

Pieter v H ·

Ek lees deur James se berig, die kommentare (in beginsel stem die kommentare saam), maar Jerry raak ‘n belangrike punt aan, nl. “Een se dood is die ander se brood”:
Teen-propaganda is gevaarlike gereedskap, as jou uiteindelike doel selfverryking is.
“Nooit ten koste van nie, maar immer ter wille van”:
Afriforum/Solidariteit behoort “ter wille van” die Afrikaner te wees…hulle moet waak daarteen, want hulle klink alteveel na “ten koste van” die Afrikaner. (Hulle kies regssake (waar emosie hoog loop), en verdwyn dan so in die stilte – die straatname van Pretoria, Grace Mugabe-aanranding is maar twee voorbeelde).
My boodskap aan Afriforum/Solidariteit is: Moenie op my gevoel speel nie, kom oortuig my met feite (en suksesse), moenie elke nou en dan by Jan Publiek vra om aalmoese nie – werk slim, wees eerlik, beginselvas en streef doelgerig na die uiteindelike doel (wat die opheffing van die Afrikaner in geheel (ryk of arm) behoort te wees).

Gert ·

Jy het dalk nog nie lank die kommentare gelees nie, Jerry het ‘n onophoudelike veldtog teen Afriforum en Solidariteit. Die bewyse van hierdie organisasies se suksesse en integriteit is orals, gaan gerus deur Maroela se artikels wat betrekking het op Afriforum en Solidariteit.

Andreas ·

Gert, en veral teen Flip Buys, aanvanklik kon Jerry hom nie inhou nie, terloops hy woon in die omgewing van Flip, so het hy al onderaan een van sy kommentare te kenne gegee.

Cornelia ·

Die Afrikaner het soos elke volk maar sy verdeelde groeperinge of denkfilosowe wat die wat die hand aan die ploeg slaan, tot vervelens toe met verdagmakery aftakel. Afriforum en Solidariteit se vrug word aan die boom geken. En hul vrug is goed. Helpende Hand, Ons Winkels, Liefdes dienste landswyd, uitreik aksies, te veel om op te noem. Die Afrikaner het groot waardering vir al hierdie inisiatiewe en ingrygende insette op elke gebied. Vanaf die riviere se noodprojekte tot die bewusmakings rol rakende die onmenslike vergrype in plaasaanvalle.
Steve Hofmeyr kan nie in dieselfde asem as Malema genoem word nie.
@ Jerry, ek kom agter dat jy ‘n persoonlike vendetta teen die leierskorps uit die Afrikanervolk se geledere het. Dit mag dalk die Afrikaner tot wie jy behoort vermaak, maar almal is nie so monotonies nie. Hoop nie jy gee om as jy dieselfde behandeling ontvang as wat jy onophoudelik teen Afrikaner organisasies en die “ander” Afrikaners projekteer nie!

Dries du Toit ·

Uitstekend Cornelia. Jy is reg jy gaan maar altyd die Tom Dick en Jerries kry wat kritiseer sonder dat hulle iets positief bydra behalwe n klomp hardlywigheid van gedagtes

Aluminati ·

Aluminati tipe groepe beheer die musiekbedrywe en vermaaklikheidsmedia regoor die wereld, daarom moet ons onafhanklik van hulle word en ons eie musiek bemark en ons eie media insluitend tv media skep.

Jerry ·

Cornelia, ek is n stoere aanhanger van Steve se musiek, maar nie van sy politieke sienings en standpunte nie. Ek is ook n stoere aanhanger van Solidariteit/Afriforum se goeie dade wat terwille van die Afrikaner is, maar beslis nie van hulle minder goeie dade wat die Afrikaner nie terwille is nie, soos wat ek heel tereg gereeld aandui in my beskeie kommentare by verskeie artikels! Jy is geregtig daarop om van my te verskil en die dade wat die Afrikaner nie terwille is nie, te probeer goedpraat! Jy sal my egter nie oortuig om ook daardie pad te stap nie!

Dries du Toit ·

Wel wel wel Jerry dit is genoeg vir my . Ek verskil ook van tyd tot tyd met baie organisasies waarvan ek n stoere ondersteuner is. Selfs op die kerkraad. Maar ek bly n ondersteuner a.g.v. al die goeie dinge wat hulle doen. Ek sal nie t.w.v die vyand hulle aanval nie. Afriforum/Solidariteit verduur baie aanvalle van voor van die vyand. Hulle kan nie nog aanvalle van binne en van die kant af bly verduur nie

Gideon ·

Jerry, stem jy elke dag met jou vrou saam oor alles? Kritiek en prysing is nodig, maar Steve en Solidariteit is egter nie die objek nie. Soos James Kemp tereg geskryf het – en toe kom hulle vir my. ”Hulle” kom vir Afrikaans en die Afrikaner. Ek ondersteun Solidariteit en Afriforum, al ken ek hulle nie, want dit is van die enigste organisasies wat nie “gehensop” of “gejoin” het nie. Watter pad loop jy, wat doen jy vir Afrikaans en jou volk, die Afrikaner, die voorgeslagte wat jou gemaak het wat jy vandag is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.