Vryheid van spraak is een van die belangrikste boustene van ’n demokrasie. Vryheid van spraak moet ten alle koste beskerm word. Nie net van politici nie, maar ook van korporatiewe instellings wat voorskriftelik wil optree ten koste van die kunste.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Sensuur"
ANC katrol die Engelse pers in
Asof die ANC die rand en die land nie genoeg skade berokken het nie, het hy sy tande ook diep in die Engelse pers ingeslaan met die ietwat bedekte oorname van Independent Media se 18 koerante deur Iqbal Survé se Sekunjalo-konsortium, grotendeels met regeringsgeld.
Video: Solidariteit se advertensie wat DStv glo weier
Die vakbond Solidariteit het vandag ’n advertensie wat deur die digitale satelliettelevisiediens DStv gesensureer is, op sosiale media aan die publiek vrygestel.
Solidariteit wil “DStv se sensuur” omseil
Die vakbond Solidariteit sê hy sal vandeesweek ’n veldtog van stapel stuur om ’n advertensie wat deur die digitale satelliettelevisiediens DStv gesensureer is aan die publiek vry te stel.