Richard Mdluli, geskorste hoof van die misdaadintelligensie-eenheid, het glo tussen 1997 en 1999 tot die uiterste gegaan om uit te vind waar sy voormalige minnares en haar man wegkruip.
Lees meerAlles vir Maandag 11 Augustus 2014
Pa eien seun aan litteken op sy gesig
‘n Litteken op Cuburne Lavone van Wyk (3) se gesig was al wat nodig was vir sy pa om sy liggaam uit te ken.
Pa gevonnis na moord op 14 maande oue seuntjie
‘n Pa wat sy 14 maande oue seuntjie probeer versmoor het en toe lewendig begrawe het in ‘n gat onder sy bed, is Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis.
Foto’s: Betogers gooi klippe, petrolbomme in Mosselbaai
Betogers het Maandag bande gebrand en petrolbomme gegooi tydens ‘n gewelddadige betoging in Mosselbaai in die Wes-Kaap.
Video: Kombers-rekordpoging
Verskeie inwoners van Polokwane (Pietersburg) in Limpopo het die afgelope ses maande hand bygesit om die wêreld se grootste kombers te hekel.
‘Staatsamptenare se donasies aan ANC moet ondersoek word’
Die Vryheidsfront Plus sê hy gaan die staatsdienskommissie versoek om ondersoek in te stel na berigte dat die ANC senior staatsamptenare versoek het om geld aan die party te skenk.
Video: Plaaswerkers word bemagtig
Die Du Toitskloof-wynkelders is ‘n groep van Fairtrade-geakkrediteerde plase.
Wynproe met ‘n kinkel
Almal hou van ‘n lekker wynproe. Maar dit kan maklik sommer net nóg ‘n wynproe word. Ek hou daarvan as daar ‘n ekstra ietsie bykom wat dit ‘n ander tipe ervaring maak.
Verbrande kinderlyk uitgeken
Die gedeeltelik verbrande liggaam van ‘n kind wat Saterdag op ʼn mynhoop in Reigerpark in Boksburg aan die Oos-Rand gevind is, is geïdentifiseer.
Vrou voor familie doodgeskiet
Amanda Vermeulen, wat vir jare lank as ʼn ontvangsdame by ʼn dokterspraktyk in Lichtenburg in Noordwes gewerk het, is Sondagaand tydens ʼn huisbraak voor haar man, skoonsuster en swaer doodgeskiet.
Die tirannie van verteenwoordigendheid: Herbedink van regstellende aksie
‘n Debat het die naweek ontstaan na aanleiding van ‘n toespraak deur dr. Dirk Hermann oor die herbedink van regstellende aksie. Jan de Lange het Sondag in Rapport geskryf dat hy ‘n probleem gehad het met wat dr. Hermann egter nié gesê het nie. Lees meer hier.
Solidariteit wil “DStv se sensuur” omseil
Die vakbond Solidariteit sê hy sal vandeesweek ’n veldtog van stapel stuur om ’n advertensie wat deur die digitale satelliettelevisiediens DStv gesensureer is aan die publiek vry te stel.
ANC veroordeel vlaag kindermoorde
Die ANC het Maandag die onlangse vlaag van kindermoorde in die land veroordeel.
Foto’s van die supermaan
‘n Supermaan was Sondagaand oor groot dele van die wêreld sigbaar.
“Afrikaans – my TROTS” in ’n neutedop
Kraal Uitgewers wil graag saam met die jeug van 2014 hul liefde vir Afrikaans betuig as deel van die viering van Afrikaans as skooltaal en die bekendstelling van ʼn nuwe publikasie, “Ons gaan ʼn taal maak: Afrikaans sedert die Patriot-jare”, deur Jaap Steyn.
Bejaarde vrou op plaas beroof
Twee mans verskyn Maandag in die Ladysmith-landdroshof in KwaZulu-Natal nadat hulle glo Vrydagmiddag ʼn bejaarde vrou op ʼn plaas buite dié dorp beroof het.
Gasa: Jongste skietstilstand hou oornag
Die jongste skietstilstand tussen Israel en Hamas wat Sondagaand in werking getree het, het deur die loop van die nag gehou.
Twee kritiek ná bromponies bots
Twee mense is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat twee bromponies Maandag in die vroeë oggendure in Benoni aan die Oos-Rand gebots het.
Verhaal van glorie- Dewald Gouws
Dewald Gouws is een van die vier lede van die Christelike supergroep Manne wat glo. Hier is die titelsnit van sy debuutalbum, Verhaal van glorie,…
Dewani dagvaar moordenaar se prokureur
Die moordbeskuldigde Shrien Dewani dagvaar die prokureur van een van sy vrou, Anni, se moordenaars in ‘n poging om sy telefoonstate te bekom, het Beeld Maandag berig.