Groter konsentrasie Afrikaners se behoud in die toekoms

Afrikaner

Argieffoto.

In tye van groot onsekerheid, kan ’n mens maklik mismoedig raak en in totale wanhoop verval.

Die teendeel is egter ook waar. Afrikaners in die besonder het nog altyd die vermoë gehad om bo hul omstandighede uit te styg en die geskiedenis bevat talle voorbeelde van hoe Afrikaners wanhoop telkemale in hoop omskep het.

In 2018 is dit ook waar van Afrikaners. As minderheid, voel Afrikaners toenemend vervreem, onwelkom en met tye ook geteiken in die land wat die meeste van hulle se enigste tuiste en vaderland is.

’n Interessante ontwikkeling, wat pas deur navorsing van die Solidariteit Beweging se navorsingsinstituut bevestig is, is egter aan die orde van die dag

Afrikaners gaan nie in die nabye toekoms verdwyn nie. Hulle gaan wel ’n kleiner persentasie van die totale bevolking wees. Op die oomblik is ’n spontane bevolkingsverskuiwing onder Afrikaners aan die gang vanaf sowat 300 dorpe oor die land heen na 30 dorpe en stede.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging neem dié verskuiwing bykans die vorm van ʼn hedendaagse “Groot Trek” aan.

Afrikaners is besig om nader aan mekaar te trek en konsentreer veral in dorpe en stede wat aan maatstawwe vir volhoubaarheid voldoen. Eenvoudig gestel, is Afrikaners besig om van klein dorpies weg te trek waar ekonomiese, maatskaplike en ekonomiese verval aan die orde van die dag is. Hulle kies toenemend om eerder na dorpe en stede te trek vanweë betreklik groter veiligheid, beter munisipale dienste, onderwys, gesondheidsorg, ekonomiese aktiwiteite en kulturele dienste.

Die Solidariteit Beweging is van mening dat dit sinvol is om hierdie “ankerdorpe” waar Afrikaners hulle vestig, verder uit te bou en daarin te belê om ’n volhoubare toekoms vir Afrikaners te verseker. Deur ankerdorpe sterker te maak, sal dit die beweging en sy ledeorganisasies ook in staat stel om noodsaaklike dienste vanaf die dorpe te lewer aan mense wat in die omliggende kleiner dorpies woon.

Dit is insiggewend dat feitlik die hele land binne twee uur se ry vanaf die naaste ankerdorp geleë is. Dit sal die verlening van bystand aansienlik makliker maak.

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan die bevindings van die navorsing in die volgende maande met AfriForum-takke landwyd bespreek om te verseker dat aandag aan alle tersaaklike faktore gegee word. Ná die raadplegingsproses sal ’n lys van ankerdorpe beter gefinaliseer kan word. Dit sal ook dan meer moontlik wees om te bepaal watter dienste op watter dorpe nodig is of uitgebou moet word om volhoubaar te bly.

Meer volhoubare dorpe en stede sal ook ’n raamwerk bied wat met die regering en ander gemeenskappe bespreek kan word om samewerking tussen almal in die land te verbeter.

Die spontane groter samewerking en konsentrasie van Afrikaners bevestig opnuut dat Afrikaners ’n onblusbare oorlewingsdrang het en dat hulle, ondanks enorme uitdagings en struikelblokke, reeds besig is om skouer aan die wiel te sit om aan ’n beter toekoms vir hulself en hul nageslag te werk.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

CG ·

Goeie genade! Basies dieselfde inhoud is kort gelede in ‘n ander berig geplaas. Daar is toe in kommentate uitgewys dat in 15 uit die 30 dorpe/ stede daar in 2021 minder Afrikaners gaan wees as in 2011 (in 16 minder in 2031). Dit is volgens Solidariteit se eie syfers. Om hierna as ‘n “Groot Trek na…” die dorpe / stede te vewys is ‘n gruwelike wanvoorstelling. Die belaglikheid om Durban as ‘n Afrikaner ankerdorp te sien is ook uitgewys. Tog gaan Solidariteit voort om hierdie wanvoorstellings as feite te verkondig. Ons het hier ‘n integriteitsprobleem.

Gerhard ·

Die mense wat die navorsing gedoen het moet maar antwoord op hoe hulle die getalle gekry het. Ek dink die antwoord sal wees dat in ander dorpe sal dit nog meer agteruitgaan as in die dorpe op die lys. Ek vermoed in praktyk sal twee dorpe baie in Afrikaners getalle groei, Orania en Perth. Ek dink ook die meeste ander Ankerdorpe is ‘n mors van tyd.

Willie P ·

Ek stem saam met CG, en vind dit nie verbasend nie dat dieselfde bevraagtekenbare “storie” ook deur Pretoria FM verkondig word. Vir my begin dit meer en meer lyk of daar ‘n geheime agenda is.

CG ·

Riaan. Jy wil weet wat Solidariteit se agenda is. Daar is ‘n wenk in hierdie berig: “Dit is insiggewend dat feitlik die hele land binne twee uur se ry vanaf die naaste ankerdorp geleë is. Dit sal die verlening van bystand aansienlik makliker maak”. Hierdie is die ware rede waarom dorpe / stede op die lys is (dink bv. aan Durban). Die agenda: Solidariteit wil maksimum lede hê en ledegelde ontvang. Lees dit saam met Solidariteit en Kie se werwingsveldtog; skrywe van Flip Buys ‘n tyd gelede dat Solidariteit die hoofstroom (dws meerderheid) Afrikaners verteenwoordig; Kallie Kriel se onlangse skrywe dat ons moet bly hoop. Solidariteit wil nie hê mense moet hoop verloor en emmigreer nie em moet bly glo dat daar vir hulle (deur Solidariteit) geveg word. Dan bly hulle lede en betaal ledegelde. Solidariteit en Kie moet aan die meerderheid Afrikaners vertel wat hulle graag wil hoor: Dinge gaan nog regkom in die RSA want Solidariteit veg vir julle. Almal sal binne 200 km wees vanwaar Solidariteit goeie dienste sal aanbied. Moenie die realiste glo wat insien dat volwaardige selfbeskikking die enigste langtermyn oplossing is nie – daar is ‘n makliker manier: Solidaritet veg vir jou en sal aan jou dienste verskaf (binne 200km). Nou weet jy wat die agenda is.

Vrydenker Afrikaner Vlakvark ·

Die Afrikaners moet daarop fokus om hul kinders die bes moontlike opvoeding, onderrig en opleiding te gee om kreatief konseptuele denkers en leiers te wees, in aanvraag in die internasionale markte. Afrikaners moet deeglik vertroud wees met die geskiedenis en hul familiegeskiedenis. Hulle moet leer uit die voorgeslagte se suksesse en foute vir die eerbare bou van ‘n beter toekoms. Hulle kinders moet leer wat is integriteit, vrydenke, selfrespek, naasteliefde, dissipline, om te spaar, selfaktualisering en om afsonderlik as mens en gesamentlik as volk te strewe na wêreldkompeteerbaarheid. Ons moet ‘n droom probeer realiseer om vir die medemens sout en ‘n lig op die pad te wees. Die lewe is te kortstondig vir allerhande snert.

AW ·

From a rational perspective, one would think that Due to the Socio Economical and Unemployment reality within South Africa, that an intelligent ‘Afrikaner’, would also consider the concept of “Family Planning” , as to be able to provide adequately for a child, compared to three and more children, which in itself, place great financial burden on the ‘Afrikaner’ parents.

In general, it is a reality that the more children you have, the less finances you will have, to adequately provide for each child.

But Ja,
Lets Agree to Disagree on this topic !!!

Oom Doug ·

I agree on the education of young Africaners. It could work if they build factories and develop farms and sell to the bigger towns. Something like the kibutz system in Israel. But they will need strong leadership and have to work together and have the finance.
A system like this could make the Afrikaner independent.
The question is do they have enough self confidence to achieve this. I think they do.

John ·

Onthou ons trekkerleiers word ok nie jonger nie en die grootste deel van Max se volk is hoeka moeg om nie ook op die andelebeurs te kan plak nie. En dan is die VF baie lus vir daai plus wat so ronddobber na nerens. Sy ossewa laai nou al die afgeblewendes en hul voor en nasate op voor die volgende verkiesing om sommer ook so saam met hul naastes in die konsentrasiekampe te gaan uitkamp om die bestuur daar oor te neem… Wat ons darem nie alles vir Afrikaans sal opoffer nie.

Rasper ·

Hoe lank het ek nie uitgesien na die aankondiging nie.Soos Kersfees. Maar die verwagte fiets met die klokkie is toe ‘n stuk bloudraad, gevorm soos ‘n fiets..Seker ‘n fiets, as jy mooi kyk…Dit is ook nie Afriforum of Solidariteit se skuld nie. Want ek weet ook nie watter antwoorde of oplossing hulle uit ‘n hoed moet ruk om ons almal tervrede te stel nie. Ek weet ook nie of dit Afriforum is wat bly klou aan ‘n verlede wat die Afrikaner oor die hele SA wil laat regeer nie, en of dit sy lede is, en Afriforum maar moet planne maak om dit te laat gebeur. Ek sou wou sien dat minder anker dorpe geidentifiseer word, sodat dit vinniger en beter ontwikkel kon word, met die beperkte hulpbronne wat daar tot ons beskikking is. Ek sien die “fiets”, regtig, maar teen die einde is dit nie ‘n fiets nie, net iets soos ‘n fiets.

Andrea ·

Ek stem saam. En n stad soos Pta is te groot n Ankerdorp te wees. Daar sal in n sekere area v Pta saamgetrek moet word. Hoe anders gaan dit werk?

Gerhard ·

Ek reken die groot probleem met die meeste ankerdorpe is dat daar reeds gekonsentreer word en dit reeds nie werk nie. Konsentrasie beteken niks as jy op die verkeerde plek konsentreer. Ek kry die gevoel AfriForum/Solidariteit konsentreer op die verkeerde plek en die verkeerde manier.

Hendrik ·

Ons dorp is nou al 25 jaar geanker buite Pretoria en die dorp groei goed. My raad is aan mense nie om te wag nie maar om buite die ankerdorpe julle dorp te ontwikkel. Onthou ons moet almal ekonomies aktief bly en op die ou end word jou kundigheid, dienste en goedere uitgevoer vanuit die selfstandige dorpies. Jy gaan nooit in die meerderheid wees in die ankerdorpe nie.

Eish ·

“Jy gaan nooit in die meerderheid wees in die ankerdorpe nie.”
Eish!
Nou vir wat veranker jul dan?
Is verkloostering nie n beter opsie nie?
Met ander woorde, n enklawe waar jul die meerderheid is.

Gerhard ·

Hendrik bedoel dat die “ankerdorpe” amper almal meer mense van ander groepe het as Afrikaners en dus met al die huidige probleme sal sit. As jy in konsentrasie glo moet jy tog kan insien dat dit gaan oor meerderheid getalle. Meeste mense is ongelukkig (met reg) omdat hierdie ankerdorpe ooglopend geen oplossing bied nie.

Francois vRvO ·

Ek hoop ons komentare word van harte geneem en hopenlik sal Solidariteit besef dat die meerderheid Afrikaners nie be-indruk is met hierdie 30 Ankerdorpe nie.
Die oorgroote meerderheid skree vir selfbeskiking , ons eie volkstaat , nie verstedeliking nie.
@Willie P het dalk n punt beet , miskien word ons gestabiliseer sodat die padas nie uit die pot spring nie.
Ons wil nie Suid Afrika weer regeer nie , ons wil net onsself regeer.

Ou Ystervark van Ysterfontein ·

Geagte Francois, ek en seker meeste Afrikaners sou as eerste prys graag ‘n eie tuisland wou hê. Die Jode het in die diaspora omtrent 2000 jaar gesmag na ‘n eie land. Maar daar is realiteite in elke tydsgewrig wat dikteer wat redelikerwys moontlik is. Ten minste kan die ontwikkeling van ankerdorpe as ‘n 2de prys vir die huidige tydsgewrig goed genoeg wees. Immers, dit kan die koers en nuwe keuses vorentoe aandui en ‘n nuwe uitdaging vir ons nageslagte daar stel om ‘n bestel van vrede en voorspoed met ons nasiegenote uit te werk. Immers, ons almal staar internasionale kompetisie en werkloosheid in die oë. Rome was nie in een dag gebou nie.

Casper Labuschagne ·

Die alternatief is dat die Afrikaner die voorbeeld van die Joode volg, en in spesifieke voorstede konsentreer in die nabyheid van Afrikaanse kerke, skole, kulturele instellings, sportklubs asook besighede en winkels wat aan die Afrikaner gemeenskap behoort.

Peet J ·

Stem saam met FrancoisvRvO ons eie Volkstaat, wat deur ons eie intellektualiste regeer gaan word. Die enigste oplossing .

Afrikaanse Knaap ·

So ons moet almal Pretoria toe trek? Watse deel van Pretoria?

Gerhard ·

Vergeet van Pretoria, trek Orania toe. Of anders trek Perth toe.

Andrea van Vuren ·

Goeie vraag. Bly net weg van die middestad af. Vuil, verwaarloos en stukkend!

rassie ·

As ek dit reg verstaan is daar tans twee hoofstrome in die denke rakende die toekomsvisie vir Afrikaners in Suid-Afrika, naamlik konsentrasie en selfbeskikking.

Beide gaan egter mank aan werklik gedetaileerde planne oor hoe presies hierdie twee moontlike uiteindelik op ‘n wettige, aanvaarbare en volhoubare wyse bereik gaan word.

Tot tyd en wyl die leiersfigure binne hierdie twee hoofstome nie sodanige gedetaileerde planne openbaar nie, sal ek steeds bly wonder oor hoe die vraag oor “waar is die Afrikaner” in 2030 of 2050 beantwoord sal word.

Soos dit tans lyk kan die antwoord op daardie stadium moontlik wees dat so paar duisend Afrikaners steeds streef na ‘n onafhanklike Afrikaner tuisland, terwyl die res hulself in ongeveer 30 of so al hoe kleiner wordende belastingbetalersverenigings op plaaslike vlak regoor Suid-Afrika saamgetrek het.

Gemsbok ·

Ek dink nie dit is selfbeskikking of konsentrasie nie, want selfbeskikking is onmoontlik sonder om eers te konsentreer. Die vraag is waar wil ons konsentreer? Waar ons by bestaande groot stede kan inskakel maar nooit selfeskikking bekom nie (omdat ons nie ‘n selfbeskikkende meerderhed in enige streek vorm nie) of wil ons konsentreer waar ons minder gemaklik by poste kan instap, maar waar ons wel die meerderheid kan vorm en daardeur legitieme en weerbare selfbeskikking verwerf?

Realisties ·

Die slim mense met die hoë IK’s is gewoonlik hoogs gekwalifiseer, hul verdien ‘n goeie inkomste en hulle is slim genoeg om te weet dat emigrasie die enigste realistiese oplossing is in terme van ‘n toekoms vir hul gesinne en hul kinders; en diesulkes neem meestal artikels soos hierdie nie ernstig op nie. Hulle waai net.

apie ·

Ek stem saam. Hiers boggerol vir jou kinders. Meeste mense het familielede oorsee en dit gaan baie goed met die mense. Mens hoef nie te emigreer nie, jy kry n werksvisum en gaan werk elders en beplan vandaar. Emigrasie is duur, visums is nie. As jy nie hoef te werk nie, en ‘n pensioentjie het, kry n lang verblyfvisum en gaan bly erens in ‘n land waar als goedkoop en bekostigbaar is. Daar is wel sulke lande. Intussen bedank ek Afriforum vir hul bewusmakingsveldtogte want dit maak die pad oop vir mense

marco polo ·

Apie, jy is heeltemaal reg. Daar is.duisende SAners wat in due buiteland bly, sonder dat hulle geemigreer het. Hier rondom my in China is daar honderde wat oo wrrksvisums bly. As jy wil aftree en n pensioen het, is daar heelwat lande wat pensionarisse net ope arms verwelkom, bv Thailand, Filippyne en Malaysia. En die lewe is lekker en goedkoop in daardie plekke. Nou wel nie Afrikaans nie, maar jy gaan ook nie vermoor word net omdat jy wit is nie.

Jerry ·

Dit is baie jammer dat ek reg was oor die geelwortel (volkstaat) wat uitgehang was om lede te lok vir die eintlike realiteit en alternatief wat almal nou weet was toe al die tyd, selfbeskikking. Daarom het ek ook telkemale oor hierdie onderwerp dit bepleit dat mense wat kan emigreer dit moet doen voordat dit te laat raak en almal opeindig as sitting ducks! Toe het ek al gese dat die Afrikaner sal oorleef deur te verdeel. Dit het gebeur en nou word die mense wat nie geemigreer het nie, voor eintlik net een keuse gelaat en dit is om te konsentreer vir selfbeskikking ten einde te probeer om Afrikaans te laat oorleef! Buiten die selfbeskikkingsdenke is daar egter ook nog die keuse om as individue julself steeds te laat geld in die breer SA samelewing, maar daarvoor is versoenende optredes n besliste voorvereiste!

Santie ·

Dankie vir die inligting, Solidariteit en AfriForum! Julle inligting help mens altyd om ingeligte besluite te neem. Ons het bv. oorweeg om op my grootword-dorp te gaan aftree, maar het gewonder oor probleme met voorsiening van water, elektrisiteit en ander dienste. Hierdie inisiatief en inligting is nou goud werd. Soos alle inligting van julle en ook van Sakeliga altyd is. DANKIE!

E ·

Ek bly waar ek werk en vir my gesin kan sorg. Hoe werk die logika?

marco polo ·

Ag nee wat, as ek nie kan bly in n gebied waar ons die meerderheid is en onsself kan bestuur nie, en dit nie in die Noord of Weskaap kan wees nie, bly ek maar in ballingskap in die buiteland.

Gerhard ·

Wel daar is Orania, die enigste geldige dorp op die lys. As ek meer geweet het van Kleinfontein kon ek dalk se dit kan ook ‘n moontlikheid wees, maar inligting oor die dorp is maar skaars.

Francois vRvO ·

Orania en Kleinfontein is susterdorpe , gestig deur dieselfde organisasie in dieselfde tydperk. Almal weet van Orania maar bitter min mense weet van Kleinfontein.
Die wat wel weet van Kleinfontein , het dalk gehoor dit is ‘n wit plakerskamp.
Alby is 100% blank , dus nie net meerderheid nie , as gevolg van volkseie arbeid beleid.

Hendrik ·

Kleinfontein lyk soos ‘n goeie woonbuurt met goedgekeurde planne. Veelvlak dubbelverdiepinghuise is nie skaars nie. 1400 inwoners met 400 huise en steeds besig om te groei.

RG ·

Kies een.
Ontwikkel daar ‘n landgoed soortgelyk aan “Waterfall Country Estate JHB”, met afrikaanse skole, universiteite, winkel sentrums ens ingesluit en totaal “off the grid”. Die afrikaner sal outomaties daarheen migreer.
Begin dan ‘n volgende.

Gemsbok ·

As volhoubaarheid die doelwit is, wonder ek waarom mense na stede moet trek waar hul steeds ‘n klein minderheid van die kieserskorps verteenwoordig? Sal dit nie meer volhoubaar wees om byvoorbeeld Langebaan, Vredenburg, Vredendal, Springbok en Upington met ons getalle absoluut oor te neem nie? Dan beheer ons ‘n hele streek, nie net ekonomies nie, maar ook polities en kan ons daadwerklik ons kinders se toekoms in ons eie hande bou.

Frank ·

Ek wonder of al die negatiewe mense wat altyd gereed taan om Solidariteit en Afriforum af te skiet met enige ander planne van hul eie vorendag kan kom. Hul is altyd slaggereed om te kritiseer maar dit is ook al wat hul vermag. Dit is tog duidelik dat nie almal Orania of Perth toe kan of wil trek nie, dus is die enigste ander oplossing om sekere dorpe/stede waar nog ‘n mate van infrastruktuur bestaan te identifiseer, en vir Afrikaners om hul daar te vestig. En werk te skep, en skole en univeriteite op die been te bring. Wat anders? Vergaan in die klein dorpies waar alles verval, of in sommige stede waar daar in, en om gegoede woonbuurtes, vir lae koste behuising beplan word? En waar jy omring word deur informele nedersettings wat al nader kruip.

marco polo ·

Sodat daardie einste skole en universiteite deur die Lesufi’s geteiken kan word en oorgeneem word deur die massas, wat dit dan verwoes in die naam van transformasie. Nee wat, ons moet die meerderheid kan wees en andere wat tussn ons wil bly, moet by ons inval.

Gerhard ·

Die kritiek is geldig, want dit is geen antwoord nie. As jy met sulke planne vorendag kom moet dit darem ‘n plan wees wat beter resultate kan lewer as wat die omstandighede tans is, nie net meer van die selfde nie.

Rasper ·

Tyd om te trek. Wes-Kaap/Noord-Kaap, Orania en Pretoria/Kleinfontein. Basis is gelê. Maar daar sal moet gebou word en baie sal moet opgeoffer word. Ek weet mense gaan sê dat hulle al genoeg opgeoffer het en, en, en. Maar my ouers het altyd nog ekstra gehad om te gee, en as ouer self, is daar nie ‘n limiet wat bereik gaan word om vir my kinders iets op te offer nie. Want ek is lief vir hulle. As julle almal lief is vir die “Saak”, sal opoffering nie ‘n probleem wees nie. Al wat nodig is, is om julle medium en langtermyn toekomsplanne te lyn met die drie opsies. Oor ‘n paar jaar is kanse vir beter selfbeskikking daar. Saam met ‘n organisasie soos organisasies soos Afriforum wat druk op die buiteland sit, is dit werkbaar. Mense wat emigreer gaan asb. Maar moet ons nie vergeet nie. Ons gaan nog met julle besigheid doen en ons ekonomie laat groei. Julle ma’s en pa’s is ook hier, en saam maak ons dit vir hulle ook beter.

Hendrik ·

Ek is seker een van min ouens wat rekenaarsagteware skryf wat eelte het op my hande het. Die “saak” het sy opofferings soos om ver (65km) werk toe te ry en 6 km van die naaste kaffee/vulstasie te wees. Maar die lekker om elke aand rustig te sit in veiligheid te sit op jou stoep. Saterdae as jy so luister na die omgewing se geraas (bossiekappers, hoeksluipers en hammers se gekap) weet jy dat jy tussen jou eie mense is. In die aand kan ek uitgaan en kyk na die sterre en hoor hoe die jakkals huil en die naguiltjie skree. Lekker manne, lekker….!

Riena ·

Ons moet die brandewyn los.
Ons moet die vreemde arbeid los.
Ons moet meer kinders kry.
Anders gaan ons ten gronde sonder dat selfs een skoot geskiet is. – Gesonde verstand

Pietverdriet ·

Verbeel julle vir ñ oomblik die Wes Kaap was Australia. Watter massas sou dan bereid gewees het om te ’emigreer’! Die infrastruktuur is reeds daar met bv George en Mosselbaai wat eindelose potensiaal besit om te ‘ontplof’. Jammer, maar ek kan nie sien dat enige ander provinsie/gebied meer kan bied as die WP nie. Dis immers waar ons wortels lê. Ek is selfs seker talle Afri’s in die buiteland sal terugkom na ń WP tuisland!

Pietverdriet ·

Om net na ‘n ander dorp te trek waar ons nogsteeds ‘omring’ sal wees klink net vir my of dit die stadige dood langer gaan uitrek. “Go Big or go nowhere”. Ek het regtig groot respek en waardering vir wat Sol. en AfriF. reeds bereik het en nog steeds doen, maar dink ongelukkig hulle is bietjie bevooroordeelt agv groot investering in die Gauteng area……en ek verstaan dit ook. Dit is nie maklik om op te pak en elders voor te begin nie…….maar ons sal help!!

Gerhard ·

Die Wes-Kaap is die selfde as Natal en Gauteng. Julle is nog steeds ‘n minderheid daar. Dit gaan nie oor wat die gebied jou bied nie, dit gaan daaroor of kan jy die meerderheid word. En terloops die Wes-Kaap kan nie met Australië, of enige eerste-wêreld land, vergelyk nie.

LL ·

Die enigste (plaaslike) opsie wat sin maak vir die moderne Afrikaner is die Wes en Noord Kaap. Dit is ons bakermat. Die plase en eiendom word reeds vir honderde jare besit deur o.a. Afrikaners. Onteiening sonder vergoeding gaan byvoorbeeld sukkel in die Kaap. Die infrastruktuur en goeie skole is reeds daar. Soos die noordelike dele van die land moontlik in (nog) swakker regering en korrupsie verval – sal die Kaap noodwendig meer “outonoom” raak. Afstigting kan dan n logiese laaste stap wees ? Dit is moontlik. Hierdie tipe staatkundige ontwikkeling en afstigting het al gebeur in ander dele van die Wêreld. Vat hande met die bruin mense wat kultureel ons familie is. NP van Wyk Louw het dit ( hande vat met die bruin mense) al meer as vyftig jaar gelede voorgestaan. As n persoon wat alreeds beide in Pretoria en die Wes Kaap woon kan ek getuig dat die Kaap ons die beste geleentheid bied om ons taal, kultuur en geloof te handhaaf. Ons moet geduldig wees en met n plan werk. Dit gaan nie help as mense gelei word om in dertig of meer verskillende rigtings te trek nie ? Ek sê dit met respek aan die opstellers van die voorafgaande stuk. ‘n Noordelike beskouing het beslis geseëvier – en uit die kommentare is dit vir my duidelik dat party mense nou net meer verward is.

SêEkOok ·

Stem saam Pietverdriet. In anker dorpe sal Afri’s geen seggenskap hê nie. Universiteite en skole sal maar net onder druk getransformeer word. Soos ek dit sien wil al die partye die land regeer. Net die Kaap Party baklei v onafhandlikheid vd WP. Hulle klink seker dat dit moontlik is….hulle het net ons stemme nodig.

Frank ·

Wat is die persentasie Solidariteit en AfriForum lede in Wes Kaap? Kom grootste ondersteuning en lidmaatskap nie juis uit Gauteng nie? Daar is geskryf dat die stank van verspilde boerebloed in die twee Boere Republieke deur die Kaap-Hollandse berge weggekeer word van die Kaap …… en dus was en is die Kaap mos Hollands. Solidariteit se lys van stede en dorpe waar Afrikaners kan konsentreer is tweede prys, maar dit is al wat haalbaar is. Selfbeskikking is eerste prys, maar is dit regtig realisties? Sal jare en jare neem om te realiseer, indien ooit. Ons sal vrede moet maak met 2de prys. Vestig byvoorbeeld nog ‘n Kleinfontein in Pretoria omgewing, ‘n Kleinfontein aan die Wesrand, Krugersdorp goeie keuse. Bly daar, rig privaatskole op, hospitale, buurtwag, ens., en ry daagliks na jou werk toe, Sandton of Pretoria. Ek ondersteun dus Ou Ystervark van Ysterfontein se voorstel.

Jerry ·

Hierdie projek is nog in sy babaskoene as jy my vra. Dit raak al hoe duidelliker dat daar nog baie huiswerk is wat eers gedoen moet word voor aanvaarbare, lewensvatbare en langtermyn opsies die lig sal sien. Daar gaan ook eers eenstemmigheid verkry moet word oor hoe dit prioriteitsgewys stap vir stap uitgerol moet word. Hierdie projek kan nie soos vorige inisiatiewe net geloods word en dan gedink word dat almal sal tog maar saam op die bandwagon spring nie. Te veel is op die spel vir die mense gepaardgaande met te veel vrae en te min antwoorde. Net as n voorbeeld, is dit regtig net vir die Afrikaner soos die skrywer se of sluit dit alle ander minderheidsgroepe ook in? Die ankerdorpe sal mos nie soos Orania net met witmense funksioneer nie, of sal dit?

Maro ·

As daar Afrikaners trek, hoeveel ander kulture trek nie ook soontoe nie? Sal die Afrikaner nie altyd ver in d minderheid bly nie? Ander dorp…selfde ervaring??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.