Onbeskaamd Christelik in die skool

Argieffoto: Don Mcphee/Guardian

In die komende dae herdenk miljoene Christene die kruisdood van ons Verlosser, Jesus Christus, en vier sy opstanding uit die dood. Dit was ’n naweek van verstommende gebeure in Jerusalem wat die godsdienstige landskap van die wêreld onherroeplik verander het. Selfs die Romeinse offisier en soldate wat Jesus bewaak en alles van die gebeure beleef het, het by die kruis bely: “Hierdie man is werklik die Seun van God.”

Vanjaar vier miljoene Protestantse Christene wêreldwyd die 500 jaar sedert Martin Luther 95 stellinge teen die kerkdeur van Witteberg vasgespyker het. Dit was die begin van die Reformasie wat die kerklike landskap onvermydelik verander het. Luther word veral onthou vir sy dapper woorde in die beskuldigdebank voor die Ryksdag van Worms. Op 18 April 1521 het hy die streep in die sand getrek: “U Keiserlike Hoogheid en ander geëerde here verwag ’n eenvoudige antwoord. Wel, hier is dit, eenvoudig en reguit. My gewete is ’n gevangene van God se Woord. Ek kan en sal niks herroep nie, want om teen my gewete op te tree is nóg veilig, nóg geoorloof. Hier staan ek. Ek kan nie anders nie. God help my. Amen.”

Kantelpunte in die geskiedenis, soos bogenoemde gebeure, word voorafgegaan deur konflik. Soms is die konflik langdurig, soms kortstondig. In bogenoemde was die aanloop tot die kantelpunt-gebeure in albei gevalle 36 maande. Die konflik word gekenmerk deur uiteenlopende standpunte, intense debatte, soms geweld, en die uiteindelike opstel van groepe teenoor mekaar. Op ’n bepaalde oomblik word mense gekonfronteer met ’n keuse waarvoor hulle staan en wat hulle getuig.

In vele opsigte het Suid-Afrika so ’n historiese kantelpunt bereik. Polities, ekonomies en minder opsigtelik maar net so belangrik, godsdienstig.

Die hofsaak waarin die anti-Christelike organisasie Ogod ses Christelik-Afrikaanse skole aankla oor hulle onbeskaamde Christelike etos vind in die tweede kwartaal plaas. Met die hofsaak plaas Ogod openbare skole se reg op ’n Christelike etos op die kantelpunt.

Soos alle kantelpunte word hierdie hofsaak voorafgegaan deur ’n lang aanloop, waar veral twee faktore ’n wesenlike rol speel.

Eerstens gaan sekulêre state van die standpunt uit dat hulle godsdienstig neutraal moet wees. Voorstanders van ’n sekulêre samelewing plaas druk op die wegdoen van godsdiensbeoefening en die vervanging van geloofsonderrig met ’n neutrale godsdiensonderrig. Voorbeelde hiervan is die stilgebed by openbare geleenthede en die skoolkurrikulum wat reeds vanaf graad 4 voorsiening maak vir agtergrondkennis van alle godsdienste.

In weerwil van die ooglopende probleme met die sekulêre staatsbenadering is alles daarvan nie negatief nie. Suid-Afrika is ’n land waar vele godsdienste gehuisves en godsdiensvryheid gekoester word. Die staat was nog altyd ruimteskeppend teenoor eiesoortige godsdiensbeoefening in skole, mits daar geen diskriminasie of uitsluiting op grond van godsdiens is nie. Beheerliggame het ruim geleentheid om die godsdiensbeleid van hulle skool te bepaal met inagneming van hulle gemeenskap en ouers se keuse. Daar is voldoende ruimte vir ’n staatskool en onderwysers om steeds onbeskaamd Christelik te wees en die skoolgemeenskap se Christelike etos te handhaaf en uit te bou. Dieselfde ruimte geld vir Moslem-, Joodse, Hindoe-, Boeddhistiese en selfs neutrale skole.

Natuurlik moet enige godsdiensbeleid met wysheid en verantwoordelikheid toegepas word. Om dit anders te doen, is doodgewoon dwaas. Daar is bitter min, indien enige bewyse, dat beheerliggame en skoolbesture godsdiensbeleid enigsins anders as sensitief en verantwoordelik toepas. Christene weet godsdiens is nie ’n saak van geloofsdwang nie maar van innerlike oortuiging.

Juis omdat die staat tot dusver steeds inagnemend is en die meerderheid Suid-Afrikaners ook met empatie, respek en sensitiwiteit verskillende godsdienste huisves, het daar nog nooit in Suid-Afrika godsdiensoorloë of ernstige geloofsgeweld uitgebreek nie. Die Christelike godsdiens is inderwaarheid een van die vernaamste gemeenskaplike gronde wat tweederdes van alle Suid-Afrikaners met mekaar deel. Die gemeenskaplike geloofsgrond bied ’n raamwerk vir samewerking en is die rede hoekom Suid-Afrikaners, ten spyte van die politieke spanning, steeds glo aan die helende krag van versoening, verdraagsaamheid, vergifnis, genade, liefde en hoop vir die toekoms.

Ogod gaan verder. Die organisasie wil God uit skole verban. Hy plaas elke Christenbeheerliggaam, -skoolhoof, -onderwyser, -ouer en -leerder in die beskuldigdebank. Op die oog af pleit Ogod en sy meelopers vir ’n neutrale niksheid in staatskole, maar inderwaarheid poog hy deur die hofsaak om ’n anti-geloofstandpunt op Christelike skole af te dwing. Indien suksesvol, sal Ogod daarin slaag om die uitlewing van Christelike geloofsoortuiging in openbare skole te kriminaliseer. Sy regsaksie kan kwalik as iets anders gesien word as ’n aanval op die Christelike geloof. Deur regsdwang skep hy nie neutraliteit nie, maar ’n gevaarlike vakuum wat kort voor lank ’n teelaarde vir radikalisme en fundamentele ekstremiste sal word.

Dit is insiggewend dat Ogod nie Moslem-, Joodse of Hindoe-skole teiken nie, maar spesifiek Christelik-Afrikaanse skole. Deur Afrikaanse skole te teiken wat grotendeels uit wit kinders bestaan, poog Ogod om van godsdiens ’n rassesaak te maak, terwyl daar veel meer swart Christene in Suid-Afrika is as wat daar wit, bruin en Indiër-Christene saam is.

Ongelukkig is daar organisasies wat in die naam van politieke korrektheid Ogod sterk in sy kwaad. Deur ’n naïewe politieke korrektheid misken hulle nie net die Christelike geloofsoortuiging van die meerderheid van hulle lede en Suid-Afrikaners nie, maar loop dié gevaar: As jy alles vir almal wil wees, is jy later niks vir niemand nie. Hulle is blind vir die feit: Wanneer Christene opstaan vir die regte van hulle godsdiens, staan hulle ook op vir die reg op godsdiensvryheid vir alle godsdienste.

’n Tweede simptoom van die sekulêre samelewing is die toenemende privatisering van individue se geloof. Geloof word gereduseer tot ’n private binnekamersaak, terwyl die lewe buite die huis bepaal word deur ’n pragmatiese, selfsugtige en eiegeregtige waardestelsel. Kort voor lank ontstaan ’n kloof tussen geloof en praktyk waar Christene sukkel om Bybelse beginsels konsekwent in hulle daaglikse handel en wandel toe te pas. Of dalk is die groter probleem dat Christene met ’n gelate onverskilligheid skole se Christelike etos as iets vanselfsprekends en onaantasbaars aanvaar het.

Privatisering van geloof ondergrawe gesonde samelewingswaardes soos eerlike besigheid, geregtigheid teenoor almal en wedersydse respek. Binnekamergodsdiens lei mettertyd tot die uitrafeling van ’n land se morele vesel. Ons as Christene kan nie kwaad wees vir Ogod as ons deur godsdienstige privatisering ’n klimaat help skep wat die eer van die Here op elke samelewingsterrein ondergrawe nie. Politieke korrektheid is geen verskoning hiervoor nie.

Die kloof tussen geloof en praktyk kan slegs oorbrug word deur Christene wat staan en getuig. Elke swart, wit en bruin Christenouer, -onderwyser en -skoolhoof wat ernstig is oor hulle kinders se reg op Christelike skole, sal in hierdie moeilike dae soos Luther dapper in die beskuldigdebank moet staan en soos die Romeinse offisier onbeskaamd moet getuig. Ons kan nie meer anders nie.

Hierdie meningstuk is deur ʼn onafhanklike persoon opgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Danie Langner

Meer oor die skrywer: Danie Langner

Danie Langner is die Besturende Direkteur by die FAK.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

62 Kommentare

barend ·

die Bybel is in 1973 die laaste keer in die parlament oop gemaak en gelees .die Here het sy hand toegemaak oor ons volk ,ons sal moet terug keer na sy woord en baie vinnig

Koos ·

Staat en kerk moet APART wees. Hulle het apartheid ook goedgepraat uit die bybel

Rina Kotze ·

Barend, ek kan nie meer met jou saamstem nie.

En kyk mooi wat is op ons landsvlag, die onderstebo kruis! Dis ‘n okkultiese teken, en dit draai alles wat God doen, onderstebo uit disrespek,

Dis hoekom dit gaan in SA en in die wêreld soos dit gaan! Die mense doen hulle eie ding en vergeet van die Here!

Mag God ons help om ons gesonde verstand terug te kry en terug te draai na Hom toe.

Paul ·

Sommige mense kan vir jou die duiwel uitwys in elke wolk, klip, sny roosterbrood of waterkol op die plafon wat hulle sien.
Mense sien wat hulle wil sien.

Dawie ·

Kom laat ons dit herhaal. Godsdiens hoort tuis en in die kerk, nie by die skool nie. Indien jy jou kind in ‘n Christelike skool wil sit is daar private skole wat na jou behoeftes sal omsien. Die ander probleem is dat elke onderwyser / skoolhoof het verskillende oortuigings bv. kleindoop teenoor grootdoop. Die twee standpunte is nie versoenbaar nie en kinders word ook dan verskillend geleer oor sulke dinge wat teenstrydig is met wat die ouers glo.

Willem ·

Presies net so Dawie. Maar hulle gaan nie eers probeer verstaan wat jy hier probeer sê nie

Henry ·

Dankie tog Dawie.
Soos Willem vermoed ek ook dat daar nie veel begrip vir ons standpunte is nie.
Makie sakie.
:-)

Meraai ·

Haal God uit enige berekening = mislukking. Hy versorg sy kudde indien hulle Hom toelaat. Ons kan nie Sy seën op ons regering en skole verwag as ons Hom juis daar misken nie.

Koos ·

Meraai,

Verstaan jy dat nie almal dieselfde geloof as jy het nie? En dat daardie mense, nes jy, glo hulle is reg en ook wil hulle geloof beoefen? Of dat party mense kies om nie te glo nie?

Hoe arrogant is christene nie dat hulle verwag die hele wêreld moet na hulle pype dans nie

Koos1 ·

Ek was gister amper uitgehaal deur ongelowiges oor my kommentaar op ‘n ander soortgelyke berig. Wel hier is ek weer!
Kom ons aanvaar dat die persone wat godsdiens (soos berig hierbo vermeld spesifiek Christenskap) uit die skole will haal heel moontlik Atiëste is. (Gum my die aanname want ek is ‘n volgeling van God Drie Enig, en enige ander geloof in my oë is vals). Hoekom mag my Geloof nie op anders gelowiges afgedwing word nie, maar die geloof van die Atiës (wat aan niks glo nie) word op ons afgedwing?

Koos ·

Koos, ateisme is nie ‘n geloof nie.

Maar kom ons sê, vir arguments onthalwe, jy bedoel dat kinders nou vertel word op skool dat god nie bestaan nie. Niemand sê dit nie. Al wat bedoel word is geloof hoort nie op skool nie. Die ouers kan hulle kinders blootstel aan geloof. Hou dit heeltemaal uit die skool en dan kan al die ateiste, christene, moslem en hindoes gelukkig saam skool gaan.

Nicolaas ·

Koos, en wie sê vir jou dat godsdiens nie in die skool of staat hoort nie? Dis jou mening. Kan jy dit fundeer/ motiveer? Die probleem met godsdiens in skole in Suid-Afrika is nie die beginsel van godsdiens in die skool nie, dis die selektiewe toepassing van die beginsel van demokrasie wat gebruik word om ‘n mens se reg tot godsdiens beoefening uit te leef. Dis word geraam dat ongeveer 80% van Suid-Afrikaners die Christelike geloof aanhang. Sonder om op ander gelowe te trap, dink jy nie dit gee Christene die demokratiese reg om hulle geloof uit te leef in hulle skole en ander instellings nie? As die beginsel van demokrasie toegepas word om ‘n regering te verkies (wat in elk geval minderhede se regte vertrap bv taal, werksgeleenthede ens ens), waarom word dit selektief gedoen en bv nie toegelaat nie in ‘n instelling soos ‘n skool waar ouers betaal om hul kinders te plaas? Niemand advokeer gedwonge godsdiens nie; ‘n kind wat ‘n ander geloof aanhang moet nie gedwing word om Christen-aktiwiteite mee te maak teen sy/haar sin nie. Godsdiens in skole is nie ‘n probleem van miskenning van regte nie, dis ‘n probleem vir ongelowiges en ateiste.

Koos ·

M.b.t. skole – dis waaroor OGOD se hele hofsaak gaan Nicolaas – kom ons kyk wat gebeur. Verder, hoe kan jy enigsinds motiveer dit hoort in die staat, wat, gaan ons slawerny, wat deur die bybel goedgepraat word, nou inbring in die statute?

Ek stel nie belang in “beramings” oor hoeveel christene is nie, waar is die harde statistiek?

Natuurlik word nie-gelowiges geforseer, hulle word geboelie as deur die gelowige kinders as hulle nie deelneem nie!

Bloues ·

Nicolaas. Onder mense en kerke en groepe wat hulself sien as Christene, is daar hewige verskille. Net n kort voorbeeld . Sekere mense wat onder die Christelike sambreel val, dink en verkondig dat as n mens glo iets sal gebeur, dan sal dit. So in effek sê die mense dan eintlik dat hul God nie nodig het nie.
Kan jy of ek ooit toelaat dat sulke kettery onder die naam van Christenskap op skool aan ons kinders geleer word?
Ek wil en moet volgens my belofte aan God toesien dat my kinders reg opgelei word.
Die skool kan dit nie doen nie!! Inteendeel

Jan ·

Nicholaas,
Waar kom jy aan 80% van SA’ners wat die christelike geloof “aanhang”?
Die christelike geloof het slegs ontwikkel in die Weste agv keiser Konstantinopel wat dit die amptelike geloof verklaar het in die 3de eeu. Die Rooms Katolieke kerk het dit verder gedryf deur die eeue. Anders sou dit ook uitgesterf het soos al die ander gelowe en gode soos Thor, Seus, Ra ens. Die enigste manier hoe bewys kan word dat Jesus wonderwerke gedoen het is om terug te gaan in tyd en self te gaan kyk of dit waar is. Die evangeliese boeke is geskryf 40-80 jaar na jesus se dood in ń primitiewe tyd waarin mense erg bygelowig was. Stertjies is aangelas en inligting het verlore gegaan met veelvuldige vertalings. Hoe gaan jy byvoorbeeld bewys dat Jesus gebore was uit ń maagd? Net omdat dit geskryf staan in die bybel?

Theresa ·

Om in God drie enig te glo, is ‘n voorreg. Dankie tog dat daar nog godsdiensvryheid heers.

Koos ·

Godsdiensvryheid sluit in die vryheid van godsdiens – dus om geen god te aanbid nie

Verete ·

In Engeland toe ons daar gewoon het was my kind in ‘n church of england school die beste skole wat daar is en daar is ‘n klomp van hulle dit is ook staat skole. Dit was so wonderlik elke Vrydag oggend het die hele skool ‘n verpligte erediens bygewoon. Die kerk was langs die skool. Die kinders het ook tyd gekry om met die reverend te gaan praat as daar kwessies is wat hom of haar pla.

Koos ·

As dit so wonderlik was, hoekom was die kinders verplig om by te woon?

Verete ·

Koos jy het inderdaad ‘n keuse. Daar is ander skole ook.

Koos ·

Jy mis my punt. Hoekom word die kinders nie ‘n keuse gegun nie – hoekom is dit verpligtend?

Henriette jacobs ·

Uitstekend verwoord, Danie. Nou, meer as ooit moet ons soos ‘n Luther kan se: “Hier staan ek, ek kan nie anders nie.”

Arend Lambrechts ·

Aan al die brawe manne wat so julle monde uitspoel oor godsdiensonderrig, maar eintlik net jul ongelowigheid wil motiveer, rig ek ‘n uitdaging: publiseer julle volle name! Dan kan almal van ons sien hoe braaf is julle werklik. Julle sal opmerk ek verskaf my volle naam: ek is nie skaam om ‘n Christen te wees en om dit openlik te erken nie. Maar dalk het ek beter raad: skep julle eie blog vir ongelowiges, dan kan julle lekker lekker stoom afblaas sonder om julle aanstootlike sienings op andere te wil opdring.

Willem ·

Arend, ek twyfel sterk of jou naam Arend is maar ja. My regte naam is Willem. Maar hoekom sal ek my van ook publiseer? Sodat ek verder geviktimiseer kan word deur christene soos ek my hele lewe al ervaar het julle doen?

Nee wat.

Weet jy hoe werk debat, Arend? Mens luister na albei kante van ‘n saak. Maar tipies van ‘n gelowige om net te wil luister na dit wat hy mee saamstem

Koos ·

Arend,

My kommentaar verdwyn. Ons nie gelowiges het gesien hoe julle gelowiges maak met George Classen toe hy probeer godsdiens in skole aanvat. Sy familie is gedreig en sy lewe was ondraaglik gemaak. Nou as gelowiges so optree, hoekom moet nie gelowiges hulle regte name gebruik?

Wepener ·

Dit klink of OGOD wonderlike werk doen. Kan MaroelaMedia asb plaas wat hulle besonderhede is sodat ons finansieel kan bydra tot hierdie baie belangrike veldtog?

Annie M ·

Verete

Die webtuiste maak nie voorsiening vir copy&paste nie – ek kan dus ongelukkig nie nodige inligting gee nie. Google gerus wat die huidige gevoel is oor religie in skole in die UK. Vergewis jou van die feite voordat jy aannames maak.

Paul ·

Die groot fout was om “Model C” te kies, waar die staat steeds ‘n direkte eienaarskap van en sê in die Afrikaanse skole sou hê.
Maklik om dit met “hindsight” te sê, ja, maar dit bly die waarheid.

Bitter min, indien enige, van die Joodse of Moslem-skole is staatskole.

As jy nie wil hê die staat moet maklik in jou sake kan inmeng nie, moenie befondsing van die staat vat nie.

HEVW ·

Dit blyk dat sommige kommentators nie die christelike godsdiens reg verstaan nie. Ons glo God se heerskappy geld op alle terreine van die lewe. In die huwelik, gesin, die kerk, die arbeidsterrein, op die sportveld, die dansvloer en natuurlik in die onderwys in die klaskamer ens. Ons christelike godsdiens is nie blood net n godsdiens nie, maar is n verhoudingsaak met God drie enig en is ons geroepe tot n lewenswyse wat ononderhandelbaar is.. Daarom is dit die ouer se taak om sy kinders teen beinvloeding van ander godsdieste wat beskou word as heidendom te beskerm. Daarom is gemengdegodsdienste op skool nie aanvaarbaar nie en is die gewensde dus dat daar vir elke godsdiensgroep n eie skool sal wees. Net soos die christelike godsdiens ononderhandelbaar is so is dit ook met ander godsdienste gesteld. Waarom dan aandring op gemengde godsdienste op skoolvlak.

Willem ·

… en dis my taak as ouer om my kind in staat te stel om sy eie besluite te neem sonder dat mense soos jy hulle vertel hulle gaan in die hel brand as hulle nie bekeer nie. As my kind self besluit om ‘n christen te word moet dit ‘n “informed decision” wees – nie oor indoktrinasie op skool nie.

Jan ·

Skole is daar sodat kinders die geleentheid het om te leer. Dit behoort nie ń plek te wees waar gode aanbid word nie. Aanbid gode, indien jy regtig voel jy moet, in die privaatheid van jou eie huis of by ń kerk waar diè spesifieke god/gode aanbid word. Moet net nie vir my of my kinders vra of dwing om dit saam met jou te doen nie. Punt.

Mariska ·

Aanbid wie jy wil by jou huis en by jou kerk. Skole is daar sodat kinders ongehinderd kan leer.

Wepener ·

OGOD doen fantastiese werk. Hoe kan ek finansieel bydra?

ans ·

Dis hartseer hoe blind party mense is. Ja wat stem maar saam dat Goddiens nie in skole hoort nie. Sodra hul dit reg kry is dit stappie vir stappie nader aan n land wat nie vrylik mag bid nie. Hoop jy kan eendag jou kleinkinders in die oe kyk en se wat jy vandag gese het. Arme fools

Willem ·

Ek sal trots my kleinkinders in die oë kyk en hulle vertel dat ek vir hulle reg baklei het om te kan kies om te glo of nie te glo nie – sonder indoktrinasie.

Annie M ·

Met jou verwysing na arme fools, die vlg: Jou kleinkinders het vandag alles aan hulle kant om dogmas te ondersoek. Die kans is dus 100% dat jy met die eier op jou gesig gaan sit omrede godsdiens bloot ʼn gekkespul is wat kinders ongelukkig saam moedersmelk in kry.

Dawie ·

Jy vat die woorde uit my mond uit! Ek wou nog vir hom geantwoord het. Ek dink die brawe mense is juis dié wat onskuldig gemartel en doodgebrand is deur die vrome gelowiges.

HEVW ·

Skole is nie blood daar net om te leer nie. Die onderwys het ook n opvoedingstaak. Daar is drie opvoedingspilare in die opvoedingsproses van die kind. die ouerhuis, die skool en die kerk. Dit is n erkende feit dat baie, baie ouerhuise hierdie roeping al versaak het. Die kind kom in menige gevalle nie meer by die kerk uit nie en by die skool word die kind tans gebreinspoel deur allerlei elemente wat christelik vreemd is. Wat is die regstelling. Terug na die besef dat hierdie 3 instansies geroepe is om op alle tereine aan die koninkryk van God gestalte moet gee!!!!!!

Wepener ·

Die onderwys en staat moet niks met geloof te doen hê nie! Geen wonder ons as Afrikaners kan nie aanbeweeg nie – want ons sit nog vas met bronstydperk mites

Henry ·

Die kleuterskool, skool, kollege, universiteit ens het geen “opvoedingstaak” of verantwoordelikheid om die kjeenirs op die geestelike terrein “op te voed” nie. Die ouers van die bloedjies is die enigste siele wat hierdie verantwoordelikheid dra.

Die talryke kerke, gelowe en predikers wat voortdurend lidmate en ondersteuners soek – verkieslik betalende ondersteuners/lidmate – is natuurlik die ander speler in hierdie verhaal. Die enigste verantwoordelikheid wat hulle dra, is om soveel betalende lede as moontlik te motiveer om deel van hul vertolking van die onderskeie godsdienste te word.

Is maar hoe dit is. :-)

Victor ·

Dit maak my moeg as ateis dat ek moet insig hê vir gelowiges se regte om elke hoek en draai maar gelowiges kan net eenvoudig nie insien nie dat mens ook die reg het om NIE te glo NIE.

Annie M ·

Dit is my plig as ouer dat my kind nie aan massa indoktrinasie tov dogma by die skool bloot gestel word nie. Hy moet gevrywaar word van handjies bymekaarbring om met ʼn onsigbare entiteit te kommunikeer. Soos ʼn idioot moet hy met homself ʼn dialoog voer.

Die aanbidders kan weg van die skole hulle lofprysing voortsit, soos dit hulle behaag.

Sommige kommentators tot die debat moet die grondwet gaan lees wat betrekking het op die plasing. Wees ingelig ipv om vir die outeur van die skrywe hande te klap.

Viva Ogod.

Brian ·

Dit is interressant hoedat daar deur die geskiedenis van die mensdom se bestaan nog altyd die stryd was tussen gelowiges en ongelowiges. Daardie stryd is gekenmerk in huwelike, gesinne, families, volke, en nasies deur die eeue heen.
Volgens die Bybel – my standaard vir geloof – sal daardie stryd voortduur tot Jesus se wederkoms wanneer elkeen sy/haar loon sal ontvang. Die ewige lewe of ewige verderf. Alhoewel gelowiges die opdrag het om Jesus Christus se evangelie aan almal te verkondig, is ons nogtans afgesonder volgens Sy wil en leer. Die leer van die evangelie aan ons kinders is die taak van die ouers – individueel, maar ook gesamentlik as Christene. Wanneer ons kinders volwasse is kan hulle self besluit of hulle in die leer wil bly, al dan nie.

Annie M ·

Brian

Wat se hogwash om na ʼn stryd in gesinne te verwys nav ongeloof vs geloof. Ons is gesin is wel aa gepas, suksesvol en so gelukkig. Geen druk om in vrees te leef omrede onsigbare gode nie aanbid word nie. Ons leef die lewe, 24/7. Happy chappies.

Kobus Jacobs ·

Ag Victor, jy het die reg om enigiets te glo. Ek as Christen ook. Ons sal almal eendag voor God staan en verantwoording doen oor ons aardse lewens, en ons keuse vir of teen Hom. Jy as ateis het nie nodig om enigiets oor my ‘regte’ te weet nie, al wat jy behoort te weet is dat jy, soos ek en alle ander mense, ‘n verlore sondaar is en slegs gered word as jy in Christus glo. Met hierdie kennis kan jy maak wat jy wil, geen ware Christen dwing jou om dit te glo nie. As jy vrede het om ‘n ateis te wees, mooi. En wees dankbaar dat die Christelike geloof en etiek ‘n vlak van beskawing en ontwikkeling gebring het in die westerse wereld ongekend in ander werelddele waar die Naam van Christus onbekend was. Selfs vandag nog word die lande waar Hy misken word gekenmerk deur barbaarse en bloedige samelewingsordes wat ‘n mens naar maak. Mooi dag vir jou . Mag jy Sy vrede ontdek en ervaar.

Victor ·

Kobus,

Nou as jy almal se regte hier erken, hoekom moet jou geloof in my, en al die ander mense wat dalk in ‘n ander god glo, se kele afgedruk word in publieke skole?

Ek het vrede, en die wete dat daar nog nooit iemand opgestaan het uit die dood om te vertel wat is aan die ander kant nie, en dat daar nog nooit enige konkrete bewyse was vir die bestaan van die bonatuurlike nie.

So, as jy soveel vrede in jou hart het, aanvaar dat mense anderste dink en glo, en beoefen jou geloof tuis, nie by publieke skole nie

Annie M ·

Kobus Jacobs

Vingerwysend né. Wel, dan die vraag aan jou: Waar gaan almal voor jou god staan? Hy wat beweer, moet feite op die tafel plaas.
#hoorjydiemagtigedreuning

Annie M ·

Dat mense, soos Brian, in 2017, nog na die verderf verwys, spreek van stagnasie.

Wanneer gaan die predikante aan die kudde vertel dat die hemel en hel verwysings bloot stories is uit die grootboek van fabels.

Dink net hoeveel predikante gaan dan werkloos wees. Maak geen fout nie, die meerderheid is bewus van dit wat hulle as die waarheid verkoop is leuens. Maar dit waarborg vir hulle inkomste.

Kasper ·

Gaan kyk gerus op Youtube na:
1. Christopher Hitchens
2. Sam Harris
Baie interessante filosofiese materiaal. Mens kan nie anders as om skepties te raak oor alle vorme van godsdiens nie. Ons moet ons oogklappe afhaal en onsself bevry van bronstydperk bygelowigheid. Vandag, in die 21ste eeu, kan ons opgewonde raak oor die wetenskap en dinge soos die Hubble teleskoop. Ons het nie meer verhale nodig soos Moses se brandende bos en tuine met slange wat kan praat en tower appels nie.

Annie M ·

Om daardie eerste stap na bevryding van ‘n dogma te neem is ‘n keuse. Mens voel soos idioot om eerstens net aan jouself te erken dat jy vanaf jou kinderjare bedrieg was. Om daardie rede is my kind vandag ingelig tov dit wat my jare lank gevange gehou het.

Boerseun ·

“opgewonde raak oor dinge soos wetenskap,” …. en oorpopulasie, water en voedsel bedreigings, morele verval. Maar dis ok, ons het darm Hollywood movies, anto Trump bewigings en stephen hawking.

Willem ·

Boerseun

Wys die vinger vir oorbevolking dalk na jou katolieke boeties wat teen geboortebeperking is.

Wat is “anto Trump bewigings”??

Braam ·

Boerseun,
Kan jy asseblief ń oplossing voorstel vir die morele verval, water en voedselbedreigings? O ja, dit sal alles die dag nadat oom Angus en ń miljoen christene gaan bid oombliklik verander ….

Annie M ·

Oom Aartappel is ʼn opportunis. Dink net aan die brandstofverbruik wat vermors gaan word op daardie sinnelose byeenkoms vir die aanbidders.

In die bybel is daar geskryf dat god alles gee sonder dat daarvoor gesmeek hoef te word. Mos gedurig op Facebook ook ʼn gebid, bedel en gesmeek vir enige ding waaraan mens kan dink. Maar god ken sy volgelinge se behoeftes, glo. So waarom dan die byeenkomste en gesmeek en likes op Facebook?

Koos ·

Self het ek dit nog nooit verstaan nie…. alles wat gebeur is god se wil, maar die christene bid – hoekom? Sekerlik as dit nie god se wil is nie maak dit nie saak jy bid nie?

Amper net so sinneloos soos van god om die mens te skape, in die tuin van Eden met die boom van kennis van goed en kwaad te sit, te voorsien dat mens gaan val in sonde (en onthou, alles is god se wil) maar dan die mens te blameer dat hulle sondig! En, geboorte te gee aan jouself deur ‘n maagd, om die mens te verlos van ‘n sonde wat hy eintlik self bewerkstellig het!

Johan ·

Jammer om te hoor dat daar nog in hierdie dag en tyd nog sulke oningeligte persone(Jan en Koos) is en dat hulle volledig bejammerenswaardig is en boonop nog die ewige heerlikheid gaan mis . Wat ook vir my hartseer is is die feit dat niemand die feit betwis oor al die gebeure van n persoon soos Alexander die Grote en al die geskrifte oor hom is meer as 600 jaar na sy afsterwe geskryf is, maar om terug te kom na geskrifte oor Jesus Christus. Dis n historiese feit uit verskeie groeperings(Romeinse geskiedenis,Fariseers,19 ander lande se besoekers tydens die paasfees, volgelinge van Christus) se historiese geskrifte.
Nou weet ek julle lees seker nie die bybel nie maar julle is nie die 1ste wat die historiese korrektheid van die bybel bevraag teken nie, maar die bybel het die toets van die tyd deurstaan en dit alleen sê al baie meer as wat julle sal wil erken. Verder daag ek julle wat dit betref uit om die Lukas evangelie te gaan lees en te kan sien dat Lukas self soos julle ook vraagtekens gehad het maar dat hy n volledige wetenskaplike ondersoek na al die gebeure en die getuienis wat op die tafel was geloods het ,dan is daar n totale wanopvatting oor die rol wat Konstantyn gespeel het en dat dit eintlik die vervolgdes van die 3e eeu na Christus is wat met hulle lewens vir dit waarin hulle geglo het betaal het.

Annie M ·

Die ewige heerlikheid? Jy gaan lank wag vir die pearly gates. Enjoy the ride.

Willem ·

Johan

Ek is seker die historiese Jesus het bestaan. Of daardie persoon opgestaan het uit die dood? Ek twyfel sterk. Die evangelies is baie jare na die kruisiging geskryf. Dan, ons het GEEN oorspronklike geskrifte van die nuwe testament nie, net die ou testament. So hoe kan jy aanspraak maak op enige akkuraatheid?

Ek ken die bybel baie goed, dalk nog beter as jy. Hoe het die bybel die toets van tyd weerstaan enigsinds anders as die Torah, Koran of die bhagavad gita?

Verder, baie mense, van BAIE gelowe, het of is bereid om vir hule geloof te sterf – “not an admirable thing to do” – dis wat selfmoordbomplanters elke dag doen.

Wepener ·

“volledige wetenskaplike ondersoek” – hoe so nou?

Sover ek weet het Lukas nie eers vir Jesus persoonlik geken nie! 80 -100 AD wat dit geskryf is.

Jou maatstaf is bietjie flou in vergelyking met myne….

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.