President Ramaphosa se sandjies loop uit

Deur Paul Maritz

Oudpres. Jacob Zuma by die Zondo-kommissie. (Foto: AP)

Talle Suid-Afrikaners, asook heelwat buitelanders, was verheug toe die dag aangebreek het waarop president Jacob Zuma bedank het.

Verby is die tyd van staatskaping en grootskaalse korrupsie; verby is die tyd van patetiese ekonomiese groei, antwoordlose owerhede, en strukturele uitdagings by groot staatsinstellings …

Die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners het geglo dat dit so eenvoudig is soos om die leier te verander, en dat die res van die liggaam vanself gesond sal word. Hierdie aanname is te verstane, ʼn leier het dikwels ʼn massiewe impak op die mense wat hy of sy lei.

Dit word egter by die dag duideliker dat pres. Cyril Ramaphosa nie die impak het wat hy, of ons, geglo het hy sou hê nie. Met die verwydering van Eskom-voorsitter Jabu Mabuza is die vrae binne ANC-geledere nog ʼn keer gevra: Weet die mense aan stuur van sake waarmee hulle besig is?

Die adjunkpresident, ook ʼn Mabuza, maar ʼn ander een, eis die kop van Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, en so veel as wat die adjunkpresident se agenda in ag geneem moet word, is sy versoek nie noodwendig ʼn onredelike een nie. Die redelike persoon kan nie meer met sekerheid sê dat Ramaphosa, en die persone agter wie hy sy steun plaas, die nodige resultate lewer nie.

Lae bywoningsgetalle tydens die ANC se onlangse 108ste verjaarsdag behoort tekenend te wees van die ontevredenheid wat daar tans binne die geledere van die regerende party met hul bestuur heers. Dit is ook nie net in Kimberley waar mense ongelukkig is nie. In Gauteng is duisende skoliere nooit deur die departement van onderrig geplaas nie; ʼn magdom studente in mediese velde se plasings is teruggetrek as gevolg van ʼn tekort aan befondsing; en beurtkrag is boonop duidelik nie iets van die verlede nie.

Pres. Cyril Ramaphosa.

Sou ʼn mens vir ʼn oomblik daaraan terugdink hoe ons na Ramaphosa se koms verlang het, en ons die absolute niks in ag neem wat hy tot dusver reggekry het, word die denke onvermydelik gedryf na ʼn post-Ramaphosa era, wat moontlik nader is as wat ons dink.

Daar is al uit verskeie oorde bespiegel oor die rede vir Ramaphosa se onvermoë om ware verandering teweeg te bring, maar hier is ʼn vars mening: Miskien het Ramaphosa geglo dat sy blote teenwoordigheid die buitelandse beleggings sal laat instroom. Dít was moontlik die begin en einde van sy plan: meer kapitaal, meer werk, meer belasting, eenvoudige oplossing!

Ongelukkig vir Ramaphosa het die buitelandse beleggers deur hom gesien, en gesien dat hy aan die stuur van ʼn stukkende party, ʼn paar verouderde staatsinstellings, en ʼn ongeleerde massa staan, en besluit om hul hardverdiende dollars elders te belê.

Die tyd het gekom vir Ramaphosa om op te hou om laggend en vol selfvertroue voor te kom asof hy in beheer is, die wêreld koop dit nie meer nie. Die tyd het aangebreek vir hom om benoud te wees, want hy het baie rede om benoud te wees.

  • Paul Maritz is die koördineerder van Solidariteit Jeug.

Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

James ·

Hy is te bang om die skelms vas te vat – want dan gaan sy sondes ook uitkom!
Dan is hy ook ‘n leuenaar – wat meer en meer bewys is.

Lou ·

Die tyd het aangebreek vir die ANC om te erken hulle is ‘n klaaglike mislukking as dit kom by die regeer van die land of sommer by die bestuur van enige organisasie of munisipale raad.
Maar dit is maar net my wensdenkery. In Afrika is daar ‘n geskiedenis van mislukte regerings wat net van geur verander maar die resep bly dieselfde jaar in en jaar uit.

Thomas Murray ·

Daar is net te veel mense in die ANC binnekringe way ook nog eers hul Melbourne wil he. Ramaphosa is te eerlik, assoc bang dat Hy uitgeskop word.

Neville ·

Daar gaan niks deur oompi Cyril vermag word nie en ANC gaan nog dekades aanbewind wees , die verval het verby n kantelpunt gebeur en hiervan is dit net grond toe teen n baie stadige pas – niemand , geen persoon , geen instansie en geen party kan die ding meer stop nie

Gemaskerde Sopbeen ·

Die probleem wat hy het is dat hy Adjunk President was terwyl Jakoppie al sy mannewales aangejaag het……………en dit maak die spreekwoord “Die deler is so goed as die steler” ‘n redelike ongemaklike een. Vir een of ander rede is hy gesien as ‘n “goeie sakeman”….maar hy is nie. Al sy sake belange het gebeur omdat hy op die regte tyd op die regte plek was toe ‘n magdom maatskappye na swart vennote gesoek het vir ‘n BBEEE akkreditasie. Hy’t nog nooit gewerk vir wat hy het nie, hy het dit net gekry omdat hy swart is….en ‘n redelike skoon verlede het. Waar die samelewing aan die idee gekom het dat hy ‘n “goeie leier” is sal niemand weet nie…………Hy net ‘n goeie grootprater wat sy seile na die wind span.

Jack ·

Die ANC is nie die probleem nie, die kiesers wat hulle aan bewind hou is. SA, volgens worlddata.info, het ‘n gemiddelde IK van 70, wat val in die kategorie van matige verstandelike gestremdheid.

Dries du Toit ·

Jack ek stem saam . Dit is n feit. Die onosele massas in die land regeer

Melanie ·

Net my opinie CR kan niks doen want binnekringe laat hom nie toe.Zuma het nog steeds ‘n houvas binne die Anc.

Dries du Toit ·

Dit is daarom dat Trump regeer in die VSA. Die gemiddelde IK is baie hoër. Mense daar word nie met leuens so maklik gebluff nie

Anoniem ·

Hoop van harte nie dat CR se tyd gou verby gaan wees nie… Paul Maritz se dis tyd vir CR om benoud te wees….dit beteken dat ons almal benoud moet wees….as CR nie meer daar is nie, rampspoedig! Want wie volg hom op!

Johanna Botha ·

Met die staatsrede het hy gese ”watch this space” …..ummmm nog niks het gebeur nie ….so wat nou ….niemand is vervolg nie dis net zondo zondo zondo en zuma wat op n quadbike rondry kamtig sieklik …die anc maw die staat is regtig n grap hoor ! En die teenwigte werk GLADNIE !

gertjie ·

Meneer die groot ‘negotiater’ by codesa – die een wat hand op die blaas was met de klerk en sy meeloper roelfie.
Wat jy saai sal jy maai ou.

Feite ·

Die skrywer behoort benoud te wees, nie CR nie, omrede die magstryd binne die ANC absoluut niks te doen het met waarheen die ANC met SA oppad is nie. Of dit CR, Zuma of D. Mabuza is, die uiteinde sal min of meer dieselfde resultaat he, nl n sosialistiese welsynstaat. Wanneer CR, net soos Zuma sy doel gedien het vir die ANC, sal hy uitgestem word en herontplooi na Luthuli huis. CR het beslis nie slapelose nagte oor die magstryd binne die ANC of oor die ANC se planne met hom nie, hy voer bloot opdragte uit!

Koos Berends ·

Want Paul hier bo ‘probeer’ sê het, is dat sy eie mense, daardie in die ANC se geduld met hom raak ook op.

JohanR ·

Na Ramaphosa sal die ANC seker Zuma terugbring? Die kaders gaan maar net rond en rond en rond!

koos ·

Twee engelse spreekwoorde spring dadelik in my kop: “Be carefull what you wish for” en “Rather the devil you know, that the devil you don’t).
Hier in Pretoria wou ons ook met alle mak en krag die ANC bestuur uit gehad het, en wat het dit ons in die sak gebring? gebrekkige dienslewering, 3 burgermeesters in 3 jaar, ‘n bankrot lughawe, strate vol slaggate en so kan ek maar aangaan. Dit klink soos al die ander stede en dorpe in SA.

leonard ·

Ons is al verby die KEERPUNT , DAMN!! Nou wag ons vir ….

Hitler ·

Een aktiewe belasting betaler, 1000 stemme, geen belasting betaler, 0.001 stem

Mandie ·

Almal was opgewonde en positief totdat daai woorde “without compensation” by sy mond uitgekom het. Genoeg om enige ekonomie te vernietig.

CH ·

Probleem is, hy is in “beheer” van ‘n korrupte politieke party wat baie mag in hierdie land het. In SA word die land nie regeer deur die Staats President nie, ons word geregeer deur ‘n korrupte politieke party. Ek dink tot ‘n groot mate is sy hande vasgebind wat sekere dinge aan betref – hy was tot voorgesê wie hy as Ministers moet aanstel.
Die ANC moet terugstaan en Ramaphosa toelaat om die leier te wees wat ek dink hy kan wees. Enigste rede hoekom ek dink Pravin Gordan se kop geeeis word is omdat hy begin skoon maak en dinge by ESKOM en SAL reg wil begin maak. Sy ingryping daar met die mense wat hy ingebring het gaan nog baie korrupsie oopvlek….en ek dink BAIE is bang daarvoor.

Ben ·

COSATU het aan die regering so te se toestemming verleen om te kyk na pensioengelde om Eskom se skuld te delg. Patrice Matsepe koop Alexander Forbes SA. Hulle bestuur baie Semi staats instellings se pensioenfondse. Ooglopend waarnatoe regering beweeg gesiens saam met grondonteiening.Massiewe plundertog oppad….

Louis Roets ·

Ramaphosa is maar net nog ‘n puppet vir die terroriste organisasie die ANC.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.