Schweizer-juffrou: ‘Ek is Elana Barkhuizen’

Elana Barkhuizen. Foto: Reint Dykema.

Maroela Media het berig die vakbond Solidariteit gaan hofstukke beteken om die onwettig skorsing van Elana Barkhuizen, ’n gr.R-onderwyser aan Laerskool Schweizer-Reneke in Noordwes, op te hef. Barkhuizen het nie op die konferensie enige vrae van die media beantwoord nie maar die volgende verklaring voorgelees:

Ek is Elana Barkhuizen.

Ek is ’n mamma. Ek is ’n vrou. Ek is ’n juffrou. Mense wat my ken noem my ’n goeie onderwyser. Mense wat my ken baklei om hul kinders in my klas te hê. Mense wat my ken, weet ek gee my hele hart vir elke kind in my klas.

Vandat ek kan onthou, was my droom om klas te gee vir klein kindertjies. Dit is dikwels ’n ondankbare beroep, maar my betaling is glimlagte, soene en drukkies. Ek is bevoorreg – ek sien elke jaar hoe bang en onseker graad R-maatjies ontpop met ’n bietjie liefde en aanmoediging van my af. Kinders wat voor my sit, is almal bang en onseker oor dieselfde dinge, maar het ook dieselfde blink in hul oë vir die opwindende tyd wat voorlê.

My werk is nie politiek nie, maar klasgee. My beroep is liefde vir kinders, bloot omdat hul kinders is. Ek sien hoe elkeen van my kinders ’n nuwe wêreld ontdek en ek help hulle om dit te bemeester. Ek sien hoe onseker skouertjies verander in jubel-en-lag-gesiggies ná ’n drukkie. Ek stap saam met elkeen van hulle hierdie pad elke dag, jaar ná jaar – en my hart breek elke jaar wanneer ek hulle moet groet. Maar ek is trots om te sien hulle is gereed vir die volgende stap, want dit is wat ek as ’n juffrou doen, ongeag ras of agtergrond. ’n Onderwyser is die kers wat ander se vlammetjies aansteek, al is dit ten koste van hulself.

Verlede week het my wêreld verander. ’n Foto wat ek geneem het van ’n klas vol gelukkige kindertjies op hul eerste skooldag, is deur opportuniste teen my kindertjies, teen my skool én teen my gebruik. Onseker graad R’tjies op hul eerste skooldag, wat ’n opwindende dag moes wees, genadeloos deur hierdie mense uitgebuit . Die gevolg was getraumatiseerde kinders wat huil en by my sekerheid soek, en ek wat hulle probeer kalm hou terwyl my eie lewe verwoes word.

Ek weet nie wat die mense wat my lewe probeer verwoes het, wou regkry nie. Ek weet net dat ek magteloos moes staan en toekyk hoe ek van ’n verhoog af veroordeel word. Hoe ek beledig word en vertel word dat ek nooit weer mag klasgee nie. Hoe mense wat my nog nooit ontmoet het nie, vertel dat hulle presies weet wat ek is. Hoe hulle my goeie naam geslaan en geskop en toe verder geskop het vir hul plesier.

Ek gaan my nie laat vertel wat my waarde is deur enigiemand anders nie. Ek gaan hierdie pad stap. Ek gaan my naam skoonkry. Ek gaan hierdie magtige mense aanvat en wen.

Ek is ’n goeie onderwyser.

Ek is ook nie alleen nie. Vir almal, wit en swart, in my gemeenskap en nasionaal, wat vir my ’n boodskap of gebed gestuur het – baie dankie. Ek weet dat ek nie op alles kon reageer nie, maar ek wil julle laat weet dat ek elke liewe stukkie bemoediging waardeer en tans so bitter nodig het.

Veral vir die ouers, swart en wit, wat herhaaldelik vir die media en almal wat wou luister, vertel het wie ek is – baie dankie. Dit beteken meer vir my as wat julle ooit sal besef.

Moenie vir my jammer wees nie – ek gaan nie lê nie. Ek gaan baklei. Ek gaan doodseker maak dat wat met my gebeur het, nooit weer met enige ander onderwyser gaan gebeur nie. Ek is dit verskuldig aan my eie klassie, aan my mede-onderwysers en aan elke kind in Suid-Afrika wat goeie onderwysers nodig het.

Ons durf nie toelaat dat hierdie mense wat kom haat saai het, twyfel in onderwysers se harte laat ontstaan nie. Vir soveel kindertjies is onderwysers dalk die enigste liefde en ondersteuning wat hulle kry. Vir almal is onderwysers van die belangrikste figure in hulle lewe. Ek sal nie toelaat dat daardie kindertjies goeie onderwysers ontneem word nie. Ek sal nie toelaat dat onderwysers deurentyd op eiers loop sodat ’n haatbende bevredig kan word nie.

Ek is ’n goeie onderwyser. Ek gee nie om oor enigiets anders as die welstand van die kinders in my klassie nie. Ek sal ten alle tye doen wat die beste vir al die kinders in my klassie is, ook nou. As ek nie het nie, sou ek nie ’n goeie onderwyser wees nie.

Ek is Elana Barkhuizen. En ek gaan opstaan. Vir my, vir my klassie en vir alle onderwysers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Podiumpret ·

Elana
Ons salueer jou. Podiumpretters staan bankvas agter elke onderwyser wat bereid is om sy/haar stem te laat hoor in belang van ons kinders en hulle toekoms. Dankie dat jy nie gaan le nie. Uit jou voorbeeld gaan ons kinders BAIE leer.

karin olivier ·

my hart huil saam met die pragtige onderwysers, meer nog ek is hartseer oor dit wat hierdie land toelaat in die land en nou ook onskuldige kindertjies en juffrouens wat net liefde in hul hart het, verniel word deur die duiwel en sy magte self, ek kan net die volgende gebed bid. Here beskerm en bewaar hierdie mensie asook die kindertjies wat haar toevertrou het, HERE laat U geregtigheid seevier oor die sleg, Here deur U krag is sy klaar in oorwinning en weet ek dat U haar gaan gebruik om te wys dat U nog steeds in beheer is en dat U liefde en genade en geregtigheid SAL wen. Here rus diegene toe met wysheid, insig en vasberandenheid wat haar help in hierdie stryd, aan U al die glory en eer, in Jesus se Naam bid ek dit AMEN

Yvonne ·

Liewe Elana, ek ken jou nie maar ek weet jy is n awesome mens, vrou, mamma en juffrou. Ek bid vir jou vir daai dae wat dinge werklik rof gaan en waar jy nie krag het om op te staan nie, dat ons Vader jou sal omvou en krag gee. Ek bid vir jou gesin en jou man wat saam jou staan en jou ondersteun. Mag hul bonatuurlike krag kry om daar te wees vir jou. Ek weet dat geregtigheid sal geskied, maar ja die pad tot daar kan nie maklik wees nie. Hou kou kop hoog en weet dat die meerderheid mense agter jou staan, in jou glo en vir jou bid.

Marinda ·

Amazing hoe die waarheid verdraai word om hul te pas. Rasse kaart te speel. Word groot. Los ons mense uit en kry n lewe. Jy is verveeld.

Blom ·

Elana mag daar nog BAIEE mense soos jy wees.mag al ons wit mense saam staan en veg vir ons regte.Daar word elke dag wit mense vermoor net om dat hulle kan en hier geen meer wette vir hulle is nie.Daar word elke dag teen ons wit mense gediskrimeneer en diens in die plekke word nie aangebied vir wit mense nie.Ons word aangekla van rasisme en as daar n swart persoon deur n blanke aangerand of doodgemaak is ,is dit op nasionale tv maar hulle wys nie EEN keer iets as daar daagliks wit meisies verkrag word nie .boere vermoor word nie of rasime teen blankes is nie….Dit moet stop Sa ons moet saam staan as afrikaners en boere want saam is ons sterker en ons moet ons regte terug kry ONS moet ons LAND terug kry….want duisende mense moet trek weg van hul land af net omdat ons nie meer veilig hier is nie en basies geen meer regte het nie.

Kom ons staan saam en se vir hierdie mense hoe belaglik hulle is.

wit en swart en almal wat dink hiedie mense is genadeloos en haatsaam dit is
NOU DIE TYD OM SAAM TE STAAN EN GEBEDE NA BO TOE STUUR MAAR ONS GAAN SAAM AS N NASIE MOET STAAN♡

Opregte hart ·

Ek staan ? by juffrou Barkhuizen! Sy het goed opgetree!

Dereck Le Roux ·

Hoe laag daal die haters van die withaat veldtog deur Graad R kinders in ‘n politieke modderstorm in te gooi om hul eie politieke agendas wat kreoel van rassisme self en hulle skuil agter rassisme terwyl hulle hulself wit rassehaat vurig en passievol aanblaas en so gaan die rassisme beskuldigings op van skool tot skool en uit ondervinding is ons almal bewus dat die MRK wat nou betrek word by die ondersoeke nie juis onpartydig optree in baie sulke gevalle nie maar hulle juis skaar by die klaers en klaagsters en eerder die leuen sal glo en aanvaar as die waarheid en hulle aanbevelings is dikwels om die belange van die klaers en klaagsters te dien en kop in een mus met hulle saamwerk om die bose kringloop van withaat op ‘n “wettige” manier voort te sit.

Racheltjie ·

Baie dankie dat jy die moed het om op te staan…ons staan bankvas agter jou….bsie sterkte!!

Blom ·

Mag hierdie pragtige mens weer aangaan met haar roeping!! Ek twyfel nie ‘n oomblik dat hierdie die werk van bloedsoekde rassiste is nie.. Bly uit ons skole! Hulle wil net verwoes en verniel..!

Schalk ·

Elana die lig sal die duisternis oorwin.Die lig sal die donkerte verdryf,geen mens hetdie reg van oordeel nie.Die politikuste wou munt slaan uit haat, maar liefde staan.Grawe n gat en val daarin so sal hulle vergeet word.Ek bid vir die kinders wat deur n gevoellose klomp skurke lei.Mag elkeen n meulsteen om sy nek hang en hulself versuip.Sterkte.

Lulu ·

Dankie,Elana, vir hierdie uiteensetting wat alles so mooi in perspektief bring. Ons staan bankvas agter jou en jou stryd on hierdie slymerige optrede teen jou te beveg. Die tyd hét aangebreek dat hierdie soort “boendoe-hof” aksies en gepaardgaande wonde en letsels wat dit laat, aan ook die klok van onverantwoordelike politici gehang word. Die hulp tot jou beskikking is onses insiens uiters kundig. Sterkte vorentoe en lê die karwats deeglik in, sodat die sweepslaners ‘n goeie dosis van hul die medisyne sal voel.

Jerry ·

Elana, ek hoop van harte dat jou voornemens om die blatante diskriminasie teen jou te beveg, werklik gaan bydra daartoe dat so iets nooit ooit weer met n onderwyseres sal gebeur nie. Kennis, ervaring en ondervinding van Afrika ideologiee en spesifiek oor die rigting wat SA ingeslaan het, wys egter vir my dat intimidasie en diskriminasie vir isolasie en uitsluiting van ons mense n totale aanslag gaan word. Jy gaan werklikwaar moet sterk staan omrede jou aksie beslis verdere reaksies van die populiste tot gevolg gaan he. Die emosionele toestand waarin jy verkeer en verkeer het tydens die voorlees van jou verklaring mag dalk tot voordeel strek van Solidariteit/AfriForum bemarkingstrategie. Dit strek egter reeds ook tot oorwinning vir die populiste wie presies dit ten doel gehad het om jou traumatiese en emosionele leed aan te doen en hulle sal tevrede voel dat hulle in hulle doel geslaag het! Sterkte vir wat voorle, mag die letsels wat jy opgedoen het gou genees en mag geregtigheid blitsvinnig vir jou geskied!

Charleine Olivier ·

Baie sterkte. Solidariteit kan nie juis iets doen aan “boelies” nie. Hulle tree net op as daar fisiese geweld, ens. is. Dalk sal die feit dat daar swart teen wit rassisme ter sprake is, haar saak kan sterk. Verder is sy hopelik reeds lankal lid van Solidariteit. Hulle aanvaar nie sake wat begin het voordat n werknemer lid geword het van Solidariteit nie.

Carla ·

Almal staan agter jou! Wat met jou gebeur wys net wat hierdie land na toe gaan en in is….. Vinnig word dit as rasisme beskou en word die waarheid verdraai. Kan hulle so behep wees dat hulle onskuldige mense die pen wil laat ry ek hoop elkeen van hulle kry wat hulle toekom. Die Here slaap nie. Berus by Hom en stap sterker die ander kant uit! Ons weet jy kan! Dankie Solidariteit vir julle uitstekende werk! Hou so aan!

Ilse ·

Baie sterkte mooiste mensie. Ek bid saam jou dat geregtigheid sal geskied en dat hulle wat kwaad teen jou spreek NIKS uitgerig sal kry nie. Jy het n mooi hart. Dis jammer dat almal deusdae die rassekasrt speel selfs ten koste van ons kinders se welstand?

At Dippenaar ·

Elana hulle verbeel hulle, hulle is magtig. Gaan skop gat juffrou!!

Anmar ·

Hierdie geveg is nie net Elana se geveg nie. Dit gaan hier om onderwysers en veral blanke onderwysers wat onregverdig behandel word. Dit gaan oor vroue waarop en veral Afrikaner vroue waarop te maklik getrap word. Dit gaan hoegenaamd nie oor lidmaatskap aan een of ander organisasie nie, dit gaan oor ‘n saak wat ons nasie raak. Daarom is dit my mening dat Solidariteit tot hierdie geveg sal toetree of Elana nou ‘n lid van hulle is of nie.

Jean ·

Elana jy is n sterk vrou. Een wat hierdie land nodig het. Bly op jou voete. Moenie toelaat dat jy verkeerdelik gedefinieer word nie. Sterkte vorentoe. Staan jou man. Ek was ook al daar. My optrede het ander ook gehelp. En my vyande geleer wie ek EINTLIK is. Staan vas. Ek salueer jou al Ken ek nie maar herken hierdie soort van optrede

Annie Webb ·

Jammer om te sê, maar my oorheersende indruk van almal wat so haastig was om die juffrou en die skool te veroordeel, was hoe ONBESKAAFD hulle optree. Soos ‘n trop wilde honde wat bloed ruik. Boendoehof en haatbende inderdaad. Beskaafde mense tree eenvoudig nie so op nie. En dan is hulle konsuis leiers, amptenare, en media-mense. Sies.

Bokkie ·

Ek ‘n ou grade juffrou, se hart bloei vir jou en ook die ou kleintjies wat in jou klas was en op hul eerste dag so ontwrig was deur, ……….. wat noem mens dit. Sterkte mensie, as jy eendag oud is soos ek sal jy terug dink met dankbaarheid vir wat jy aan die ou kleintjies gedoen het. En vir wat jy nou gaan opstaan voor. Veg juffrou veg vir geregtigheid.

Leon ·

Hierdie hele storie is eintlik n bedekte seën. Hopelik skrik mense wakker en besef die enigste langtermyn oplossing is privaat instansies. Integrasie is n veeverhaal. Wat by die skool gebeur het, sal weer en weer op ander plekke gebeur. Dalk erger nog. Iewers gaan kinders nog beseer of gedood word.

H.A. ·

Hulle wil tog nie hoor hoe goed,oulik of goeie hart jy het nie. Dit gaan oor hoe BLANK jy is !

Petrus ·

Die foto op haar Whatsapp-groep is wettig en onskuldig. Die ouers watdit die wereld ingestuur het is skuldig aan alles waarvan sy beskuldig word. Hulle het die skool se reels rondom foto’s geminag. Haar foto was net vir die ouers bedoel en die ouers moes dit repekteer en eerbiedig, maar het nie. Sou hulle ‘n probleem met die skeiding van kleure gehad het, moes hulle dit met haar bespreek het voor die tyd al. Duidelik was hule OK met dit. Kinders kies hulle eie maatjies en as hulle so sit sonder dat sy rassisme daarin gelees het, is sy onskuldig en al die mense wat haar ‘n rassis noem skurke en rassiste!

Annemari ·

Mooi so, Elana!! Gee hulle van hul eie medisyne !! Die rasse kaart is al weer gespeel, tipies. Sterk staan!!

René ·

Hi Elana

My hart gaan uit na jou toe. Ons bid elke dag vir jou vir krag en wysheid. Hierdie is ‘n ding wat weer deur die media uit verband geruk is. Aan die ouers wat hierdie ‘n rasse saak gemaak het, sies vir julle. Dit is tyd dat julle groot word en verantwoordelikheid vir julle dade vat. Sterkte Elana ons dra jou en alle ander onderwysers in ons gebede.

Gerallt Bath ·

So sad that Elana Barkhuizen has become a victim of this whole treacherous deceit.
She was just a pawn in a much bigger game.
What was quite shocking is who some of the role players are. Like the Dishonest Alliance, who made sure that the racial issues at that school were “dealt with” fast and effectively. Ironic, because they themselves actually played a major role in the start of these issues. Long before the EFF>
They were the ones who actually presented and submitted false evidence. That probably explains why they are not responding to requests for a thorough investigation.
They have become very questionable, whether it be in what really happened at Schweizer Reneke, or other issues like the devastating fires destroying so many homes,, among other things, where they have been sweeping evidence under the carpet for a while already.
Time to find the real criminals.

Genoeg! ·

Sterkte Juffrou! Ons is trots op jou dat jy opstaan en sal saam met jou staan.

Nadia ·

Nou wat het geword van die mamma of persoon wat besluit het dis ‘n rasistiese foto?

Kloekie ·

Onderwysers moet maar baie versigtig wees as hul kinders opdeel. Al dink hul dis vir die kind se beste onthalwe vir taal of kultuur. Kyk maar na Curro Roodeplaat insident. Het kinders self gegroepeer of het juf hul geplaas?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.