Schweizer-juffrou: Boendoehof het haar skuldig bevind

elana-barkhuizen-saam-connie-en-dirk

Elana Barkhuizen lees haar verklaring op ‘n mediakonferensie voor aan die media. Saam met haar is (links) Connie Mulder van die Solidariteit Navorsinginstituut en dr. Dirk Hermann (regs) bestuurshoof van Solidariteit. Foto en video: Reint Dykema.

“My uitdaging aan die media is om foto’s van Elana Barkhuizen en haar eie gr. R-klas te versprei van kinders van verskillende rasse en taalgroepe wat tussen mekaar sit. Die foto’s wys leerders wat gelukkig en tuis voel.”

Dit is hoe dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die vakbond Solidariteit, ʼn duidelik emosionele Barkhuizen Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie bekendgestel het.

Barkhuizen het op die advies van haar werkgewer nie vrae van die media beantwoord nie, maar het ʼn verklaring voorgelees waarin sy benadruk dat sy ʼn goeie onderwyser is wat omgee vir al die leerders in haar skool.

“Ek gaan baklei. Ek gaan doodseker maak dat wat met my gebeur het nooit weer met enige ander onderwyser gaan gebeur nie.

“Ek is dit verskuldig aan my eie klassie, aan my mede-onderwysers en aan elke kind in Suid-Afrika wat goeie onderwysers nodig het,” het Barkhuizen gesê.

Maroela Media het berig oor die rasseherrie wat tydens die opening van die 2019-skooljaar om dié onderwysers van Laerskool Schweizer-Reneke in Noordwes losgebars het nadat sy geskors is.

’n Foto wat Barkhuizen geneem het en met ouers op die klas se WhatsApp-groep gedeel het, het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei omdat dit oënskynlik wys swart en wit leerders sit apart in ʼn klas. Die provinsie se onderwysdepartement en talle politieke partye het die foto veroordeel.

Barkhuizen het tydens die konferensie almal bedank wat vir haar ʼn persoonlike boodskap en gebede gestuur het. “Ek kon nie op almal reageer nie, maar ek wil uit my hart uit dankie daarvoor sê. Ek het elke boodskap gelees. Ek wil vir elke ouer, wit en swart, wat my herhaaldelik in die media verdedig het, ook dankie sê.

“Moenie jammer vir my wees nie. Ek is nie alleen in hierdie stryd nie. Ek sal nie toelaat dat onderwysers deurentyd op eiers moet loop om ʼn haatbende te bevredig nie.

“Ek is ʼn goeie onderwyser – ek gee nie om oor enigiets anders as die welstand van my klassie nie. Ek is Elana Barkhuizen – en ek gaan opstaan. Vir my, vir my klassie en vir alle onderwysers.”

Hermann het bevestig dat Solidariteit nog voor die einde van die week hofstukke sal beteken waarin geëis gaan word dat die onwettige skorsing van die onderwyseres op ʼn dringende basis opgehef word.

Die vakbond sal die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) versoek om die optrede van Sello Lehari, Noordwes se LUR vir onderwys, asook dié van verskeie politieke partye te ondersoek. Solidariteit vra verder dat Mmusi Maimane, die DA-leier, dissiplinêr teen sy jeugleier, Luyolo Mphithi, optree.

Verder oorweeg Solidariteit ook siviele aksie ná afloop van die ondersoeke wat onder meer ʼn lastereis kan insluit.

“Barkhuizen is aan die hele wêreld as ʼn rassis voorgehou. Sonder dat daar enigsins na die ander kant geluister is, het politieke partye op die populistiese wa gespring.

“Die feit wat egter misgekyk word, is dat Barkhuizen nie in diens van die LUR of die staat staan nie, want sy is deur die skool se beheerliggaam aangestel. Boonop was dit ook nie haar klas wat betrokke was nie.

“Sy het bloot die foto geneem. Die verkeerde werkgewer het dus opgetree en ʼn onderwyseres is verkeerdelik geskors. Die lewe van ʼn briljante, geliefde onderwyseres is oornag deur ʼn boendoehof vernietig,” het Hermann gesê.

Hermann het benadruk dat die LUR buite sy magte opgetree het en geen korrekte prosedure is tydens Barkhuizen se skorsing gevolg nie.

“Formele prosesse gaan die ware weergawe van gebeure aan die lig bring. Verskeie ander ondersoeke is ook op die oomblik aan die gang wat hopelik die waarheid van dít wat in die klas gebeur het, aan die lig sal bring.”

Hermann glo die ware weergawe gaan tot groot verleentheid van talle rolspelers lei en die boendoehof se skuldigbevinding tersyde stel.

Hermann het ook bevestig dat niemand nog die besonderhede rondom Barkhuizen se skorsing aan haar verduidelik het nie. Sy het ʼn oproep ontvang van die skoolhoof omdat hy haar wou waarsku die LUR gaan haar skors en daarna ʼn sin van die beheerliggaam wat haar skorsing bevestig.

“Solidariteit aanvaar hoegenaamd nie die boendoehof se uitspraak teenoor die onderwyser nie. Ons het die beste regspan aangestel om haar arbeidsregtelik te verteenwoordig. Ons gaan geen steen onaangeroer laat om op te tree teen elke hoëprofiel-amptenaar wat aan die boendoehof-bedrywighede deelgeneem het nie.

“Hierdie saak is van uiterse belang vir die demokrasie van Suid-Afrika. Die land is ʼn regstaat met reëls en daar word veral van hoëprofiel-staatsamptenare en politieke partye vereis om dit te gehoorsaam.

“Kom ons herstel Barkhuizen se menswaardigheid. Sy verdien ʼn verskoning en ons wil Suid-Afrika vra om te help om haar menswaardigheid te herstel sodat ons nie ʼn briljante onderwyser verloor nie. Die kindertjies vir wie sy klas gee, verdien dit,” het Hermann bygevoeg.

Lees Barkhuizen se volledige verklaring hier. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

184 Kommentare

Wurmpie ·

Dankie juffrou. Daar moet net meer van ons soos jy is wees en veg vir ons regte

Gerd Lourens ·

Elana! Jy is ‘n puik mens.

Dagvaar almal wat jy kan vir die maksimum, ons sal help met die regskoste.

Nicolene ·

Elana, jy is ň baie dapper jong vrou. God slaap nie. Hy sal jou al die krag en wysheid gee wat jy benodig om hierdie baanbrekers werk te doen. Haatspraak en opswepery is op sy beste ñ euwel maar om klein kindertjies te gebruik as speelbal vir politieke boewery is totaal onaanvaarbaar. Ek bid vir jou en ook vir jou gesin. Baie sterkte.

Gert ·

‘n Vraag wat nog beantwoord sal word, is dat die swart kinders nie Afrikaans of Engels magtig is nie, hulle praat Tswana, en lees ek elders dat daar met ‘n tolk met hulle gekommunikeer moet word. Dit laat nog meer vrae onstaan.

Daniël Acker ·

Elena ons hele Volk STAAN sonder skroom agter JOU. Dis tyd dat die sinnelose LIBTARD politiekery EINDE kry en dat ons HERE se waarheid Seëvier! JY het MY stem!

lesgeleer ·

Ek hoop en bid, dat ons almal hierdeur, ‘n groot les geleer het.
Ons moenie meer ons blootstel om teikens te wees nie.
Hou op om op sosiale media, te post.
Ons leef in ‘n erge tyd. Ons leef met mense wat erg rasisties is. Hulle haat met ‘n passie, en sal alles wat goed is, afbreek.
Ek is baie bly dat Elana, opstaan vir haar regte. Ons bid vir jou Elana en jou gesin.

Ben ·

Ek staan agter jou. Ek werk daagliks met verhoor ondersoeke, en voordaat daar teen n persoon opgetree word, moet daar n ondersoek plaasvind. Ek wonder nou of jou teenwoordigheid by die skool die ondersoek sou kon beinvloed wat natuurlik n vereiste is voordat n persoon geskors kan word, of dat jy sou dalk kon inmeng met die ondersoek. Onthou na 30 dae moet die werkgewer jou n geskrewe brief gee sou die skorsing langer duur met n maksimum van 60 dae. As lid van solidariteit, glo ek jy is in veilige hande en onthou, God beskerm die regverdige.

Glauda ·

Dankie vir jou terug baklei. Jy is dapper, jy is ‘n voorbeeld. Dankie dat jy nie gaan toelaat dat hul oor jou loop nie…

Werner ·

Dankie juffrou, en dankie Solidariteit, wat julle doen is tot ons almal (en geregtigheid) se voordeel

Anoniem ·

Dankie Maroela Media !

Ek ondersteun die feit dat REG en GEREGTIGHEID nou sal geskied ! Elana ons GOD is in BEHEER en nie ‘n onbeholpe l u r ‘tjie nie ???????

Anoniem ·

Dit kos net een persoon wat opstaan vir dit wat reg IS Dankie Juf Elana ???

AmY ·

Ons sal jou aanhou bystaan, juffrou. Jy het niks verkeerd gedoen nie.

Jane ·

Ons moet opstaan vir wat reg is. TE lank het die aktiviste met hierdie tipe van goed weggekom en mense se lewens vernietig .. VAT HULLE!

Pieter ·

Die optrede vd DA hier was die finale spyker in die doodskis. Ons is n klomp kiesers hier in die buiteland wat die DA groet hulle sal nie weer n kruisie van ons kry nie.

Roger ·

DA se verraad en eensydige galbraak kom al ‘n geruime tyd aan. Tog is daar vele wat dink hul is wonderlik. Tragies.

Andre ·

Almal sien nou al lankal die DA se ware kleur, hulle kan gaan loop kite vlieg.

Paul ·

Ek vertrou nou ons mense sal vorentoe twee maal dink voor hulle Tweet, iets op You Yube plaas of inligting per WhatApp stuur. Ons het mos nou die geskiedenis vir ‘n paar jaar al waaruit ons kan sien hoe mense dit aangryp en ‘n maaltyd daarvan maak.

Theresa ·

Die vraag is vir wie gaan julle dan stem? Dis nie die hele DA wat so is nie en dis al wat ons het teen die Anc en EFF. Nie een van die ander partye is groot of sterk genoeg nie. Ons probeer om nog steeds die Kaap DA te hou. Ek kan myself nie eens indink watse chaos dit gaan wees as dit ANC oorneem sterkte aan Elana en die skool

Susan ·

Wat ek graag wil weet, is hoekom spring Solidariteit net op vir die hoë profiel sake? Waar hulle kan wys hoe oulik hulle is! Julle het my stem en my geld verloor, die dag toe een van my geliefdes deur hierdie selfde mense afgedank is en geen hulp gekry het nie, want sy was nie in die media nie! Ek hoop van harte dat me Barkhuizen haar saak wen, want onderwysers soos sy, is skaars soos hoendertande in hierdie land van ons! Sterkte vir jou, Elana, en mag die waarheid seevier!

Ellisras ·

Solidariteit het my ook in die steek gelaat. Met ‘n saak wat ek toe op my eie koste gewen het. En moenie dink jy kry ‘n sent vir jou regs koste nie. Dit na ek 20 jaar lid was.

kolla ·

Sy het Solidariteit genader omdat sy nie aan ‘n vakbond behoort nie.

Fanie ·

Susan, Solidariteit doen álle sake wat meriete het. Net enkele sake het egter só hoë profiel.

Harry ·

Dankie Juffrou, jy is baie sterk en jy is n wenner. Ek bid vir jou.

Swartwolf ·

Goed gedoen Juffrou vat hulle aan met hulle eie wette. Malema en kie betaal nog steeds vir Afriforum oor hulle nie by die reels hou nie. Solidariteit sal die spul ook ontbloot vir watse narre hulle is. Geen reels gevolg nie. LUR gaan bloos maar ongelukkig sal ons dit nie kan sien nie.

Heleen ·

Lankal gesê ek stem NIE DA NIE. …het geen vertroue in hulle nie…dankie aan solidariteit .

Willem ·

Elana jy is ‘n yster en ‘n voorbeeld vir ons almal. Sterkte.

Sanet ·

Mag ons Vader se Hand van BESKERMING oor jou+gesin wees!
En mag Sý Guns op jou Rus, om dié saak te WEN..vir élke skoolkind en onderwyser/res in SA

Louise ·

Elana
Jy doen wat baie van ons te bang is om te doen. Staan vas en ons bid dat ons Here jou saak sal behartig.

Anoniem ·

Waars hulle nou, staan in die hoekie van die klas, rooi gesigte muur TOE

Philip ·

Sterkte juffrou ons staan by jou. Geregtigheid sal geskied. Solidariteit dankie en gee hulle gas. Die DA leier bly tjoepstil i.p.v. om sy jeugliga leier kort te vat. Ek is bevrees DA gaan baie stemme verloor.

Hi phillip ·

Wat het die DA Jeugliga gesě. Ek het dit ongelukkig misgeloop?

Kerneels ·

Dis die DA jeugleier wat die onderwyseres van rassime beakuldig het voor daar enige ondersoek gedoen is. So bly ek stem nie meer vir hulle nie. My oe het verlede jaar oopgegaan

ferdi ·

Di DA sal geen stem uit my en hordes van my vriende kry ni Ek is trots op di juf jy sal oorwin Jou Lewindige Vader is aan jou kant

Paul ·

Hoe kry mens dit reg om die verdraaide waarhede van die ANC, Cyril Ramaphosa wat die pas aangee, die ANC jeuglig, die Eff, Blf, DA jeugliga teenoor wit mense kwyt raak, dit wyd en syd verkondig en die onewehandige uitsprake van die regbank teenoor wit mense stop gesit te kry?

Mag hierdie aksies van Solidariteit daartoe lei dat die bogemelde persone tot hul sinne kom en dat hulle stop om die wit mense die vark in die verhaal te maak.

Afrikaan ·

Paul jy moet ophou paniekerig wees en iets doen, soos om vir ‘n party te stem wat ons mense se saak sal bevorder (wenk: dis nie een van die wat jy hier noem nie). Dis naief of te hoop hierdie wesens se houding teenoor ons gaan verander.

Marietjie ·

Juffrou Elana, ons staan 100% agter jou! Hierdie goed moet in die kiem gesmoor word! Dit het nou net eenmaal te ver gegaan.

Anni ·

APPLOUS APPLOUS APPLOUS!!!!!!

Ek kan net nie besluit wat is die moeilikste vir hierdie vrou nie, om haar woede of haar trane in bedwang te probeer hou nie, want ‘n blinde kan sien dat hierdie vrou soveel woede in haar het, sy kan iets oorkom daarvan. En ek neem haar nie kwalik nie, want ek is verby woedend oor hierdie hele situasie, hoe hierdie vrou absoluut gekruisig is, sonder dat sy een enkele woord kon uiter. Hoe haar EIE werkgewer haar behandel het, dis ‘n skande!

Elana Barkhuizen, dit gaan nie oor “revenge” nie, maar oor geregtigheid. Hierdie gaan ‘n opdraende stryd wees, maar jy is besig om vir jouself op te staan en vir hoeveel ander daar buite, wat nie vir hulleself kan opstaan nie. Mag jy ‘n voorbeeld wees vir ander, en mag jy ‘n voorbeeld MAAK van almal wat so lekker op die “band-wagon” gespring en jou verguis en vergruis het. Gooi hulle met die wetboek, en elke Siviele eis wat die wet jou toelaat om te gebruik. Dit gaan ongetwyfeld nie oor geldelike gewin nie, maar jou naam moet in ere herstel word, en erens moet hierdie lot nou in die bek geruk word, want die hemele weet, hulle is op ‘n “rampage” soos hondsdol wildehonde.

Sterkte Elana, ek salueer jou.

Genieve ·

Ons is trots op jou juffr ja moenie gaan le nie daar is kindertjies wat jou nodig het.

Lollie ·

Wens ons het almal iewers in ons ń Elana sodat ons ook begin opstaan vir ons regte en dit waaraan ons glo.
Pragtig Elana! Dankie Solidariteit dat sy die nodige bystand het en iemand wat haar help om teen die massas te baklei vir regverdigheid

Marlize ·

Dankie Solidariteit dat jul opstaan vir die juffrou. Elana baie sterkte vir die pad voorentoe. Ons het meer mense soos jy nodig. Ek hoop die persoon wat die foto versprei het voel baie skuldig wat sy aan die juffrou gedoen het en dat daar verdere stappe geneem sal word teen die persoon.

Hannelie ·

Ek bid vir jou Juffrou. As kind van God kan niémand jou enige leed aandoen nie. Jy is vals beskuldig….oor jou velkleur is jy uitmekaar getrek deur ‘n boendoehof. Ek wil nie eens praat van die skool se “kamtige” Beheerliggaam nie. Hulle is pateties verby. Het nie eens die moeite gedoen om jou kant van die storie te hoor nie. Hoop Schweizer laerskool het gou ‘n nuwe verkiesing met ‘n Voorsitter en lede met ruggraat! Wat het julle as Beheerraad gedoen om haar by te staan? So gedink!

GB Jordaan ·

Elana, ek is jammer dat jy die slagoffer van jou eie goedheid moes word. Jy gaan in hierdie omstandighede OOK ‘n verskil maak- soos wat jy reeds in die kinders in jou huidige en vorige klasse se lewens ‘n verskil gemaak het. Ons stap die pad saam met jou. Jy SAL opstaan. Jou karakter sal nie deur ‘n LEUEN geskaad word nie! Sterkte!!

meeloper ·

ek en baie ander, glo ek, ken gladnie die onderwyseres of skool nie, maar, ek glo hierdie boendoe politiek het baie haat gesaai onder ongelooflik baie mense gesaai. Onderandere myself

kolla ·

Elke kommentaar-kolom ontaard nou in ‘n bekgeveg teen die DA.. Mense, dis ‘n demokratiese land stem vir wie jy wil. Julle gaan nie die ware DA ondersteuners beinvloed nie, so dis ‘n mors van tyd om so aan te gaan.

Kaaiman ·

Kolla, moet almal dan stilbly oor die Da-jeug se hantering van die saak? Nêrens lees ek dat kommentaar gelewer word wat sê moenie vir die DA stem nie, maar eerder dat hulle nie weer vir hulle sal stem nie. Niks daarmee fout nie.

Kwaad ·

Ek hoor ook geen verskoning en regstelling van die Afrikaanse joernaliste wat ook hierdie opregte juffrou veroordeel en gekruisig het, sonder dat hulle die feite gehad het nie.
Skaam julle!!!

Ek se maar net... ·

Ja toemaar, toe ek kommentaar daaroor lewer op hul eie platvorm toe word my kommentaar gedelete….

christa ·

die mense wil tog soooo graag tussen ons kinders wees. Hulle sal oral indruk en inforseer en soek tog so baie aandag. Hulle ruk die dam onder die eend uit met alles. Gelukkig is ons darem alles gewoond

#Elana aanhanger ·

Elana hou jou kop hoog, ons weet jy kan!
Veg hulle tot die einde toe.
Strongs girl

Thinus Erasmus ·

Baie sterkte Elana, ek hoop prof. Christie vd Westhuizen lees/luister jou verklaring.
Sy wat liberaal wil wees en nie-rassig, sien net die kleur insident. Die prof. gee nie om wie Elana is nie, wat sy gedoen en nie gedoen het nie, of hoe Elana voel of wie sy as mens is nie. Sy sien net 4 swart kinders eentkant sit, maak nie saak wat die omstandighede is nie, en fel haar oordeel: dis duidelik wit rassisme, Afrikaner rassisme om spesifiek te wees. (onderhoud op RSG vanmore) Dit was egter die taal probleem en nie hul kleur nie.
Wel aan die prof stel ek dit: jy is subjektief, jy veralgemeen en jy maak afleidings en noem dit feite. Jy prof, is net so deel van die rassisme probleem as ek as wit Afrikaner konserwatiewe man.

Chris ·

Ons moet ook maar net sorg dat ons nie ons voet weer daarin sit nie, die polpuliste gryp mos die geleenthede al vir paar jaar aan. Dit weet ons mos al.

Elizabeth ·

As professor moes Christie van der Westhuizen mos objektief opgetree het en eers die ware feite ingewin het voordat daar tot ‘n gevolgtrekking gekom word. Dit is mos in die aard van akademici … ek hoop nie die prof is meer aan ‘n universiteit verbonde nie …

nannie ·

Baie bly Elana kry hulp van Solidariteit. Glo die DA het na hierdie episode baie stemme verloor.

Paul ·

Ek self is ook al lankal klaar met die DA , sterkte aan jou Juffrou ons is trots op jou.

Ilze ·

Sterkte ons staan agter julle.
Juf Elana, Dankie dat jy so braaf is en namens soveel goeie onderwysers praat.
Ek spreek net goedheid en guns oor jou.

TINUS ·

Ons salueer die juffrou! Nou weet ons ook watter politieke partye en joernaliste ons kan glo . Die DA wys nou hul ware kleure. Die beheptheid met rassisme wys hoe minderwaardig baie mense voel.

Ander Annie ·

Sterkte Elana, jy is ‘n omgee mens wat ‘n passie vir onderwys het. Ek ondersteun jou 100%.

Sonja ·

Sterkte aan jou. Ek ken jou nie maar terwyl ek na die media dekking kyk huil ek saam met jou. Ons skole het onderwysers soos jy nodig. So bly jy se dat jy jy nie sal gaan le nie, dat jy sal opstaan teen almal.

Sharmane ·

Kinders word nie rasisties gebore nie. Groot mense leer hulle dit!

honourable member ·

Sterkte juffrou. Jy sal jou saak wen. Hierdie mense het nie die regte prosedures gevolg nie.

Nicolene ·

Elana, jy is ň baie dapper jong vrou. God slaap nie. Hy sal jou al die krag en wysheid gee wat jy benodig om hierdie baanbrekers werk te doen. Haatspraak en opswepery is op sy beste ñ euwel maar om klein kindertjies te gebruik as speelbal vir politieke boewery is totaal onaanvaarbaar. Ek bid vir jou en ook vir jou gesin. Baie sterkte.

c ·

Elana, die Here werk alreeds en jy moenie bekommerd wees nie!
Ons as Suid Afrikaners bid dat geregtigheid sal seevier in ons land, en ek glo JOU situasie is ons gebede wat beantwoord word.
Jy is geseënd, want God het jou gesien as ‘n sterk vrou wat sal opstaan en baklei vir wat reg is.
Moenie gaan lê nie! Sterk wees!

Johannes ·

Juffrou Elana, in jou sien ek waarlik die TROTS, EERLIKHEID en DAPPERHEID wat net ‘n Boerevrou kan wys.

Alle sterkte in jou stryd. Mag God jou bewaar, bemoedig en seën op hierdie pad wat jy moet stap.

En jy’s reg – jy IS NIE alleen nie. Ek glo die meeste van ons Boere staan bankvas agter jou.

ONS IS GENOEG VERTRAP!

Chams ·

Ons moet iewers begin opstaan om hierdie land vir ons kinders te beskerm anders wat bly oor, wie gaan wen en as hulle wen, wat gaan hulle wen, want teen die tempo wat alles af gebreuk word gaan niks meer oor bly nie.

anni ·

Mooi so Elana. En waarom word persoon of persone ni ook geopenbaar Wat di verspreiding begin het ni???? En ja DA di mense sien jul nou met ander oe.

Molopo ·

Hoe bevoorreg is daardie Gr 1tjies nie. Ek het nie eers so ‘n mooi juffrou in Sub-A gehad nie.

Valerie ·

Baie trane nou, maar nie die slimste idee om daai foto aan te gestuur het nie. Dink voor jy doen

Paul ·

Die hele gesprek het dit van die begin af uitgelig, kom ons vertrou dat mense vorentoe twee maal sal dink voor hulle Twitter, Facebook, YouTube of WhatsApp gebruik. Maar dit is ook al in die verlede ‘n paar maal gesê.

Br ·

Valerie waar val jy.nou uit. Is jy dalk EFF of ANC of dalk DA want net hulle kan soos jy redeneer. Wat was fout met die fotos let wel fotos en nie foto nie. Dis deur silke eenoog mense soos jy dat dit in ons land gaan soos dit gaan. Magties moet elke foto nou onder n vergrootglas geplaad word, dis mense wat n probleem in die lewe en met hul self het wat alles wil ontleed en iets lelik in alles soek. Skaam jou

Santie ·

Wat niemand aan dink nie… Nes kindertjies, is juffrouens ook kleurblind. Vir hulle is kinders net kinders. Hulle sien nie kleur nie.
Hierdie is nou verkiesingskoors wat uitgekom het, en iemand wat gedink het hy gaan brownie punte score met hierdie storie. Dit gaan lelik backfire in sy gesig. Mooi juffrou, staan jou man, want jy kan! Ons vrouens het nie verniet kaalvoet oor die Drakensberge gekom nie!

Heksie ·

Ons God slaap nie!!!

en hier trek ons die streep!!!!! Genoeg is nou genoeg!!!!!

corne ·

waneer jy onskuldig bevind word dagvaar al die mense wat jou so vernietig het vir naamskending en met die hele boek

Deon ·

Moet nie vergeet van die ma wat alles begin het nie. Geen moeite gedoen om uit te vind presies wat die situasie is nie. Onmiddelik die rassekaart uitgepluk.

Wow ·

Wel gedaan Elna! Baie dankie vir wat jy doen, dankie dat jy hierdie stryd gaan baklei. Jy is voorwaar n heldin. My gebede is met jou, sterkte, ek weet verseker jy kan!

Hennie ·

Elana jy is deur en deur n volbloed onnie jy sal krag van Bo Kry. Solidariteit ek hoop julle ontsien nie die persoon wat op die band wagon gespring het wat alles veroorsaak het nie.

Patricia ·

Dankie juffrou jy is amazing. Ja ek het ook comment op sien. Ek vra nederig onverskoning.

Wow ·

Wel gedaan Elana! Baie dankie vir wat jy doen, dankie dat jy hierdie stryd gaan baklei. Jy is voorwaar n heldin. My gebede is met jou, sterkte, ek weet verseker jy kan!

J J Schoeman ·

John Haggee het eenmaal gesê : ” you are either a liberal, or you are standing for the truth!” Die DA se liberale onderrok hang so ver uit, dis om van siek te word. Ek sien GEEN verskil tussen ons DA en die VSA se Demokrate nie! Hulle’t hulself nou finaal gedistansieër van die Boervolk, ek hoop net almal sien dit raak. Sterkte Juffrou, die hele land staan agter jou, jy gaan sterker hieruit kom….. Skoemies.

Willie ·

Hieride juffrou is n pragtige mens en verdien nie wat met haar gebeur nie. Ek hoop die skuldiges wat haar geskors het word persoonlik aangevat anders betaal ons as belasting betalers maar weer vir die onbeholpenheid van die mense. Raak aan hulle eie sakke dan sal hulle versigtiger raak. Ek hoop sy is gou terug in haar pos.

Pietie ·

Dis lekker om soveel positiewe kommentare te lees. Dit lyk of ons mense weer nader aan mekaar begin beweeg. Sterkte Elana, al ken ek jou nie persoonlik nie, is daar van my vriende in Schweizer wie se kinders in die Laerskool is. Hulle praat net met lof van jou.
EN koebaai DA

Peet Schabort ·

Ek begin met ‘Geagte’ Elana omdat jy dit waardig is. Ek het in ‘n onderwyshuis grootgeword en kan ‘n werklike passievolle onderwyser onderskei van die ander. My vader het gesê dat mens gaan wonder waarom onsmaaklike dinge jou lewenspad kruis. Dit is egter met ‘n goeie rede en om sterker anderkant uit te kom. Ek sien in jou traanoë die beeld van ‘n pragtige doelgerigte onderwyser wat staalsterk staan in jou einddoel en dit is die onderwys en oordra van kennis want dis ‘n roeping en nie ‘n werk. Goed om te sien/hoor dat jy sê ‘EK IS ‘N GOEIE ONDERWYSER’. Ek het fyn geluister en opvallend is jou verwysing na ”n onderwyser is die belangrikste figuur in ‘n kind se lewe’ wat jou onderskei en uitlig bo die normale. Die besef dat jou deeltjie in die kind se opvoeding hoe klein ookal ‘n uitwerking gaan hê vorentoe. ‘n Onderwyser het baie blywende monumente verskuil in die werke van mense soos byv. argitekte. My pa het gesê dat daar nie meer trots is as om ‘n koerant oop te maak en te lees van ‘n suksesvolle mens met die wete dat in sy/haar beginjare op skool jy ‘n klein bydraetjie kon lewer. Sterkte aan jou en die wat jou bystaan.

Tanja ·

Wel gedaan Elena, hou aan baklei!
Is daar ‘n manier hoe ons kan help?

Bolla ·

Ek bid vir jou, ek bid dat almal se oë sal oopgaan en dat God jou sal dra deur die tyd. My eerlike opinie na die hele ding, verplig skole om kameras in klaskamers in te sit, want so sal die waarheid te siene wees i.p.d. om net vingers te wys na iemand onskuldig, maak mens vies.

Hanna Hoekom ·

Ek is bevrees “our people” stel nie in die ware feite belang nie! Die DA blykbaar ook nie… Ek stem nou net VF+. Baie dankie Solidariteit! Sterk staan Elana, ons hou almal duim vas. Gee hulle gas!!!

Chanine ·

Sterkte Elana, Ons is agter jou!! Vertaal net die boodskap na Engels toe en stuur dit die wereld in sodat almal kan verstaan wat jy sê. Dit kan dalk die impak groter maak!! Omdat mense se harte swart is, sien hulle kwaad in selfs die onskuldigste dingetjie!! Mag die Here jou omvou met Sy liefde en Genade in die stryd wat voorlê!! Jou naam beteken nie verniet “lig” nie.. Mag jou oorwinnining soos ‘n liggie wees wat vir ons skyn in hierdie donker land!! “You GO GIRL”!!!

Ben ·

Elana, jy is ‘n yster!! Dagvaar almal wat jou te na gekom het. Jy gaan triomfeer!!!!

Anton ·

Dankie baie Jer Elana dat jy opstaan vd kinders en vir geregtigheid ! Baie sterkte met die pad voorentoe .Weet God is saam met jou op die pad van getegtigheid !!

PJC ·

Ek hoop solidariteit kry dit reg om hierdie LUR se neus in die grond te vryf oor dit wat hulle aan die dame gedoen het. Dit kon net sowel een van my dogters wees wat in so ń situasie beland het by hul werk en daarom voel ek baie sterk oor die aangeleentheid.

Nelie ·

Ons volg die herrie en wil graag weet is die persoon wat die herrie begin het se naam bekend? Indien nie waarom nie….. die juffrou se naam is uitgebasuin…..waarom word sy of haar naam nie genoem nie…… is die persoon miskien al jammer oor die gemors ….. want daar is kindertjies wat graag wil leer en n juffrou kort.

JAN ·

Ek is ook al so skuldig bevind en gestraf totaal wederegtelik onskuldig. Vreeslik erg. Maar God se oordeel vloek kom op die sataniste wat so sadisme beoefen.
Sterkte my skat.
As ń nagwa oor ons ry dan is dit die beste om op te staan en jou af te skud.

George ·

Ilana ek kry jou jammer want jy verdien hierdie behandeling beslis nie.Net vandag by ‘n yslike advertensie by ‘n klerewinkel verbygeloop wat klere adverteer vir skoolgaande kinders. ‘n Foto van ‘n ry kinders, gemengde rasse, maar nie een witte in sig nie. So ???
Maar sterkte. Dink aan jou. BAIE BAIE DANKBAAR EK HET JARE GELEDE AFGETREE en hoef nie met die spul van vandag te werk nie

Kassie ·

!!DA!!! dit sal na julle terug kom, GLO MY. Elana die hele Land is agter jou en al moet die by ICC gaan draai ons sal saam staan en help met regs kostes.
Wees sterk en wys almal jy is ‘n beter mens as die wat ge-help het om jou lewe te verwoes.

Nollie Vosloo ·

Elana, ons dink aan jou. Jy’s ‘n vrou met ruggraat. Daai Jelly-visse by die skool het niks gedoen om jou te verdedig of jou ‘n kans gegee om jouself te verdedig nie. Hoop jy wen jou saak en dagvaar die slapgatte en die LUR vir ‘n paar miljoen. Ook daai sot wat gedink het sy gaan naam maak vir haarself toe sy die WhatsApp aangestuur het om kwaad te stook. Sterkte, Elana !! Jy sal heel anderkant uitkom.

Anoniem ·

Toe word ‘n geskepte verleentheid ‘n geleentheid om te wys dat die toi-toi-ers nie eers die GUTS het om vir ELANA onverskoning te vra nie ! Kla hulle aan vir betreding want wat het hulle in elk geval op die skoolterrein gesoek ! OF het Mnr. l u r hulle gehuur ! Pateties onprofessioneel ??

Marie ·

Dankie, jy het moed en n goeie hart.Onthou,die wiel draai,en almal wat jou kritiseer sal tereggewys word. Sterkte.

Anoniem ·

Baie, baie dankie aan Mnr Connie Mulder en Mnr Dirk Hermann dat Julle vir Elana bygestaan het tydens die voorlegging ! Dit was goed gedoen en deeglik voorberei !

Sterkte vir Julle ?????

Marie Bredenkamp ·

Ek het hierdie verklaring ‘n paar keer gelees: ja, daar is sekerlik woede, maar vir my staan die ontnugtering bo alles uit. Soos baie ander wéét ek wat dit is om onderwys te gee ómdat dit ‘n passie is. Dit is ‘n ontdekkingsreis ja, maar al loop jy al op jou eie, moet jy jou hand na agter kan reik wanneer onsekerheid jou oorval, om net in die geborgenheid van jou tutor, of leermeester, of in Graad R, jou “juffrou” te ‘wees’. Sterkstaan juffrou Elana: gaan lê of toegee, is nie nou ‘n opsie nie.

JSO ·

@Maroela Media – so lank as wat jul “verslaggewers” ook onmiddelik op die “bandwagon” spring en na elke liewe nietigheidjie verwys as ‘n RASSEHERRIE sal dié soort van strønt nooit ent kry nie. Stop dit!

ver en voel hulpeloos ·

Elana…. hier uit die verte bid ek vir jou. Vir die kinders in jou klas. Vir elke ouer wat betrokke is. Dat hulle sterk sal staan in die tyd!

en ook vir die mense wat soveel moeilikheid vir jou veroorsaak het. Dat hulle hulle kop uit hulle gat sal trek en ophou om rassisme soos ‘n kruk te gebruik om te verduidelik hoekom hulle so sleg is. Dat hulle sal opstaan en sal werk vir wat hulle soek. Dat hulle sal besef dinge wat ons het val nie soos ‘n geskenk uit die hemel uit nie!

Staan sterk. Wees vol moed en glo dat die HERE jou sal regop hou om te baklei so lank dit nodig is! Weet ons is in getalle agter jou.

Gerda ·

Geluk Elana! Jy is reeds ‘n wenner deurdat jy opstaan en hierdie oppurtuniste wat vir alles “rassisme” skree. Mens wil nie wraak neem, maar genoeg is genoeg! Daarom….. Solidariteit maak seker sover moontlik dat wanneer julle hierdie saak saam met haar dryf, julle hierdie mense PERSOONLIK aanspreeklik hou, ook vir enige regskostes. Die meeste van die in die politiek raas en blaas en slinger die woord rassis soos hulle wil. Dis tyd dat hulle aan hul eie sak voel wat hul woorde kos en nie die belastingbetaler wat moet instaan vir hul haat.

WitBlits ·

Hierdie herinner my weer aan die “Margaret geval” waar ‘n foto in die verkeerde hande chaos veroorsaak en mens eerder tien keer moet heroorweeg voordat jy iets “post” of stuur!

Wouter ·

Net gister lees ek baie van julle hier sê die een wat die foto geneem het moet ook boet. Nou sing julle n ander storie omdat julle meer feite het. Sies, julle maak julle net so skuldig soos die DA en almal wat gal braak.

Thinus Erasmus ·

Ja Wouter, iemand moet dwars wees. Onthou net, aanvanklik was al die feite nie beskikbaar nie en baie mense het nie geweet dat die klas se juffrou nie self die foto geneem of gedeel het nie, ook nie dat die een wat die foto geneem het en dit slegs aan ouers van die kinders aangestuur het, net om mammas gerus te stel. Selfs dat die een wat geskors is die fotograaf en nie die klas juffrou was nie. Maar nou ontvou die storie en al die regte feite kom uit.
As jy wil kwaad wees, soek die ma wat oorreageer en die moeilikheid begin het, en wees kwaad vir almal wat weier om die fout te erken en verskoning te vra. Soos die DA jeug liga leier bv.
En Mills maak nie saak vir wie sy voorheen gestem het nie, dit gaan nie net oor haar nie maar oor die regte en behoud van Afrikaans!

Izak ·

Hierdie onderwyseres se enigste fout is dat sy wit en Afrikaans is. Sy sal onskuldig bevind word, maar geen haan sal daarna kry oor diegene wat haar beswadder het. Teendeel…iewers sal politici n verklaring maak en weer vertel hoe rassisties blankes is.

JohanC ·

Ek salueer Solidariteit EN vir jou Elana
En vasbyt Elana- hier gaan die “lelikste eendjie” nog verander in die MOOISTE SWAAN

mills ·

Als klink reg vir my…ek wonder net of Juf Barkhuizen voorheen altyd vir die DA gestem het.

Erik ·

Elana , jy is n STER!

Ek haal my hoed af vir jou. Ek kan net dink hoe die ouers daar by julle “veg” dat jy hulle kinders se juffrou moet wees.! ? Sterkte vorentoe!

Dankie aan Dirk en sy span by Solidariteit. Gaan voluit teen hierdie totale onreg wat gepleeg is deur die politieke haatdraers en rasse onminstokers van die EFF/ANC alliansie. Ons land is op breekpunt en ons mense het nodig om te sien dat geregtigheid datem nog geskied.

Erik ·

Elana , jy is n STER!

Ek haal my hoed af vir jou. Ek kan net dink hoe die ouers daar by julle “veg” dat jy hulle kinders se juffrou moet wees.! ? Sterkte vorentoe!

Dankie aan Dirk en sy span by Solidariteit. Gaan voluit teen hierdie totale onreg wat gepleeg is deur die politieke haatdraers en rasse onminstokers van die EFF/ANC alliansie. Ons land is op breekpunt en ons mense het nodig om te sien dat geregtigheid datem nog geskied.

JAN ·

Wesenlik is die hele kwessie onder die Kinderwet.
Kinderregte en voogdyskap en privaatheid.

Riaan ·

My laaste kommentaar op MM want hulle is te bank om blanke afrikaner frustrasie te plaas!

Hoop rasistiese LUR eindig in hof sadat ek ook met my plakkaat kan gaan toi toi teen die rasis!

Theresa ·

Die vraag is vir wie gaan julle dan stem? Dis nie die hele DA wat so is nie en dis al wat ons het teen die Anc en EFF. Nie een van die ander partye is groot of sterk genoeg nie. Ons probeer om nog steeds die Kaap DA te hou. Ek kan myself nie eens indink watse chaos dit gaan wees as dit ANC oorneem sterkte aan Elana en die skool

Piet parys ·

Ja baie is gese maar die waarheid sal seevier. Dankie aan almal wat die juffrou bystaan . Gelukkig is ek maar nog altyd Vf + ser . Oud solidariteit man. So juffrou jy weet wat die regte ding is om te doen STERKTE

Annetjie Ackerman ·

Ek is bly dat die arme juffrou by gestaan word
Net jammer solidarity het my man en my geen by stand gebied toe hy en 7 mans by myn af betaal is omdat solidarity se unie verteenwoordiger swak was
Nee hulle sleep my toe my hof toe en vandag amper 2 jaar sukkel ons nog net ccma
Hoop sy kry beter reg
Maar met al die media kan solidarity nie anders hulle leef vir die kol lig

Anoniem ·

Dit is ‘n hartseer stand van sake as mens se mens wees beoordeel word op ander onskuldige mense se optrede.

Ons harte gaan uit na jou toe.

So baie klem word gelê op ons voorvaders. Ons het nie die strooi geleer wat ons nou toegesnou word nie.

Ek het in my lewe al baie ervaar dat ‘n mens moeilik iemand wat sy “mind” op gemaak het van iets anders uit jou eie oortuig.

Dit maak dit moeilik as jy weet jy is reg en onskuldig, en het nie die geld om jou onskuld te bewys nie. In jou geval het jy fantastiese ondersteuning op regs gebied.

Dit is nie noodwendig ‘n maklike pad nie. Maar weet dat Ons GOD ‘n hekel het aan ongeregtigheid.

Mag jou naam weer in ere herstel word. Ons bid daarvoor.

Pieter Smit ·

Elana, mag God jou in sy hand neem. Jy sal nog daarin skommel, maar jy sal nie uitval nie. Ek was ook ‘n onderwyser en kan bevestig dat die “eerwaardes” van die sisteem en die politisie altyd loop en soek na sulke sake wat hulle kan “mag vertoon” en dat dit gewoonlik gepaardgaan sonder vooraf ondersoek van werklike gebeure. Sterkte met jou saak en jy sal in ons gebede bly, want ons God is sterk en groot en almagtig. Groete.

Ian ·

Sal graag wil weet wat gaan gedoen word omtrent die persoon wat die private foto van ‘n whats app groep geneem het en op openbare media geplaas het. Wie is hy of sy? Dis teen die wet om fotos van minderjariges sonder toestemming op openbare media te plaas. Gaan die ouers optree en die persoon aankla? Ek hoop so en dat dit dan ook sommer aan die groot klok gehang word.

BeverlyG ·

Baie sterkte Elana, ons dink aan jou en bid vir positiewe resultate. Jy moet “sterk” wees vir ons almal!

Christine ·

Juffrou Elana Barkhuizen … My bors swel met trots terwyl ek so na jou luister, die leed in jou oë sien, hoor hoe jou stem kraak van emosie en hartseer. Dis nie ñ selfbejamerende hartseer nie, nee dis ñ Vegters hartseer wat veg vir menseregte en ons kinders se welstand en opvoeding. Juffrou Elana Barkhuizen JOU NAAM SAL IN ERE HERSTEL WORD en ek glo hierdie geveg sal in ons land se geskiedenis aangeteken word as wasrdevolle les vir geslagte leerkragte wat sal volg. Hou vol met jou geveg juffrou, ons die reenboog nasie staan bankvas agter jou.
Politiek hoort beslis nie by opvoeding van kinders nie.
Elana Barkhuizen ons kinders verdien meer onderwysers van jou gehalte en met jou liefde vir jou roeping.
Dankie Juffrou.

Staak saam ·

Waar is al die libterte wat so gal gebraak het hier op maroela oor hoe n groot rassis sy is en wat sy alles verdien, kyk na haar trane en kyk goed, julle wat haar veroordeel het is net so skuldig soos die ANC in hierdie geval, kyk hoe julle haar lewe vernietig.

My wens is dat sy daar in Orania n pos kry, waar sy in vrede kan skool gee en leer sonder om altyd te wonder, wie neem haar af en wanneer sy die regte ding doen en se.

Ouman ·

Ek is vandag trots om ‘n lid van Solidariteit te wees. Dit is hoogtyd dat ons opstaan vir ons regte. Ek hoop daar word goed vuurgemaak onder die betrokke partye. Dagvaar hulle sommer in hulle persoonlike kapasiteit ook. Daar is geen kans dat die DA ooit my stem sal kry nie. Sterkte vir die juffrou en haar gesin.

JJ ·

@ Maroela Media, met verwysing na die eerste paragraaf van die artikel, ek daag julle uit om die eerste te wees om foto’s van Elana en haar eie Graad R klas te plaas.

Willem ·

Elana jy is ‘n ster en sterkte met die pad voorentoe, hoe net altyd in gedagte God slaap nie. Met Solidariteit aan jou kant kan dit net goed gaan hulle sal jou nie in die steek laat nie. Solidariteit dankie dat julle haar help ek is trots om te kan se ek is ‘n lid van julle, julle is tops. Elana sterk staan en jy is in my gebede.

Manie ·

Theresa, jou argument oor die da wat ons enigste verweer is het so n bietjie getel toe Helen Zille nog daar was, nou is da net gekamoefleerde anc.
Stem VF+ , hulle doen meer vir die minderhede in die land as enige ander party. Jy kan Cope ook probeer want ek weet veral die ja stemmers kry bitter swaar om te erken hulle was verkeerd en VF+ te stem. In Wes Kaap is nogal heelwat ontnugterde da lede uit nie wit groepe wat VF+ ondersteun, volg julle voorbeeld

Sommer net ek ·

Jy is n mens 1000 en ek wens jou alle sterkte toe. En in die toekoms hoop ek met my hele hart dat geen juffrou weer soos jy behandle word nie.
Maar ek wil ook net sê hulle kan doen wat hulle wil hulle gaan alles opneek en dan smeekend terug kom dat ons moet help.
Ek bid dat God jou styf vashou en jou deur die tyd sal dra. Jy verdien nie om so behandel te word nie. Sterk staan ek weet jy kan.

Jeannene ·

Well said! People jump to claim racism too fast without finding out the truth first. Although I don’t know you, thank you for being the pillar for children. It takes special people to be a teacher. Bless you xxxx

GP ·

Ek is so bly daar is iemand wat besluit het om vas te staan. Baie trots op jou Elana.
Tyd dat ons se ‘n aanval op een van ons is’ n aanval op ons almal. Hoe wonderlik sal dit wees as ons in massas kan opdaag waar hulle saak voorkom.
Solidariteit baie dankie vir julle hulp. Julle gee mens moed. Julle beteken baie vir ons.

Marilize ·

Juffrou,
Jy is ‘n sterk vrou!
Bly wie jy is vir die kinders!
Hierdie gaan nie oor kleur nie, dit gaan oor reg en verkeerd.
Gee jou alles! Maak jou naam skoon! Hou jou kop hoog!
Sterkte en met God aan jou kant, gaan jy vorentoe vandag!
?

Christina ·

Elana, ek hoop die boodskap kom by jou uit. Ek wil net se die Here het groot planne met jou wat vir ons land en Sy mense iets amazing gaan wees. Dit mag dalk nie nou so voel nie maar God gebruik jou as n vessel om verandering te bring in ons land! N voorbeeld van sterk wees, geloof, opstaan en gaan mense in SA hoop gee. Want jy gaan wen en ons gaan almal saam met jou celebrate!

Ontnugter ·

Wel ek hoop die beheerraad word ook gedagvaar. Dis nou n spul ruggraatlose jellievisse daai. Julle het julle werknemer gruwelik in die steek gelaat. Sies.

Ander Juffrou ·

Welgedaan, my dapper kollega! Ek deel jou liefde en werk met die kleingoed. Jy is in ons gedagtes en gebede. Vasbyt!

Ouma ·

Liewe Elana Barkhuizen.
Ek is trots op jou. Ek ken jou nie, maar dit wat ek lees en gehoor het van jou weet ek jy is n goeie juffrou. n Juffrou met n omgee hart,. n Juffrou wie se omgee hart weerspieël deur haar oë. n juffrou wat kinders, wat die voorreg het om by jou te kan klas hé, net die beste te gee, liefde en respek. My hart so seer saam jou.
Elana weet hiermee dat ons bid vir jou en die kindertjies. Mag onse Vader voorsien dat geregtigheid sal geskied. Dankie dat jy nie gaan lê nie, dat jy gaan terug veg vir dit wat reg is. En jy mamma wat deur jou tonnelvisie hierdie penarie veroorsaak het, mag jou oë oopgaan en berou sal hé en onthou spyt is n nare ding. Dit kom net altyd te laat. Mag jou gewete jou pla want jy sien, deur jou kwaadstokery het jy ook jou eie kind soveel skade aan gedoen. En aan julle rooi gekledes, hoe durf julle inmeng op die skoolgronde? Hoe durf julle paniek saai by onskuldige kinders.
Mag dit die begin wees van ons Suid Afrikaners wat opstaan vir wat reg is. Sterkte en seën.
Maar net n omgee ouma.

Peet Schabort ·

Sjoe! 150 kommentare in 10 ure! Dit is een elke 4 minute! Gaan lees van Alex Wubbels by https://en.wikipedia.org/wiki/Alex_Wubbels EN https://www.google.com/search?q=alex+wubbels+story&oq=alex+wubbels&aqs=chrome.2.69i57j0l5.17261j0j8&sourceid=chrome&ie=UTF-8
Sy het net so ‘n helse stel afgetrap in 2017 maar reg en geregtigheid het geseëvier. Moenie buite die hof skik maar dryf en ry hulle tot by oom Daantjie in die kalwerhok!!!!
Kom ons kyk gou: 150 kommentare x R100=R15000. Waar is die bankrekeningnr.??

Jackie Visser-Vermeulen ·

Dankie Elana dat jy opstaan. Ons is trots op jou!

Nicolaas ·

Elana, die hele land staan agter jou. Jy is ‘n sterk vrou en ons almal steun jou. Jy is ‘n toonbeeld van die sterk vroue van ons nasie waarvoor ek as man my hoed afhaal.

Wonder ·

Kan iemand die persoon wat hierdie ding begin het se naam bekend maak asb. Die ma wat al die nonsens begin het. Dat ons bietjie sien wie sy is

Johanna Botha ·

Mens kan sien sy is n pragtige mens binne en buite!

peter immelman ·

Hoekom ander klas afneen aan wie is foto gestuur Kan iemand my vertel asb.

Christel ·

My hart bloei saam met jou! Here gryp in asb. Laat sy vashou aan U belofte dat alles wat gebeur U saam haar sal wees. Amen

Jakes ·

Ek wil net graag uitvind oor die kwessie van die DA, ek het die artikel eers nou begin volg, kan iemand my se of die DA wel ten gunste was van die onregmatige afdanking? Dankie

Jo ·

Glad nie n oortuigende press conf. nie. Kan duidelik hoor iemand het die vir jou geskryf, en jy het dit nie gelees vooraf nie.

GP ·

Dink die DA het sopas die laaste blanke stemme verloor. VF+ hier kom ons.
Solidariteit kyk asb mooi na Elana. Sy is baie spesiaal.
Elana sterkte ons is trots op jou, dankie dat jy vas staan.

Estelle ·

Thinus ek stem saam. Ek het ook na die program geluister. Ek kan nie glo iemand kan soveel nonsens kwyt raak nie. Totaal eensydig.

Sterkte Elana – jy is ‘n wenner en totsiens DA.

Lindtjies ·

Ons opregte Afrikaners kan dalk ‘n bekende Afrikaner party sterker maak deur vir hulle te stem. Die DA het ons nou lank genoeg wind gevoer. Elana veg vir jou regte ons almal staan agter jou. Hou jou oë op God gerig en jy sal sien alles sal vir jou ten goede mee werk.

Nico Uys ·

Elana, ons het onderwysers so jy nodig, al het die media op jou getrap, jy sal weer opstaan en die wêreld in die oë kyk en hulle sal sien wie wat jy is, jy is ‘n unieke persoon geskape. Jy is nie alleen nie die Almagtige Skepper wat alles weet staan by jou. Sterkte en mag jy geseënd wees.

Anoniem ·

Wat ‘n wonderlike vrou. So broos en sterk gelyk.

Ons moet onthou dat die Here ‘n reguit hou kan slaan met ‘n krom stok. Die Here kan selfs ‘n slegte situasie gebruik om iets goeds te laat gebeur.

Denise ·

Hi Elana terwyl ek jou verklaring lees stroom trane soosstrome teen my wange af. My ma het einde 2018 deur ñ “nuwe”werkgewer aangekla van so te sê kindermishandeling onder andere en al “bewyse” wat sy het is “hoor-sê” en daar is soveel verdeeldheid en onregverdigheid in verhoor gewees, my ma se wêreld is verwoes deur n vrou wat n maan daarna ewe skielik die skool oorgegee het en gtrek het kaap toe, almalweet sy het gevlug maar die skade is gedoen enmy ma is haar werk kwyt met n skrale R 5000 “settlement” wat sy nie wou aanvaar het nie maar gedruk is om te aanvaar want hulle het geweet sy oud en verstaan nie al die dinge nie. Vir die eerste keer in haar loopbaan van 20jaar as juffrou en 6 jaar by die skool is sy van so iets beskuldig deur iemand wat haatsugtig en selfsugtig was. My hart gaan uit na jou weet watse gat dit in my ma se hart gelos het.

Christine ·

Elana, ek bid vir jou. Jy is ‘n wonderlike juffrou en vrou. Wees sterk, die Here is met jou, en gaan jou al die krag gee wat jy nodig het! Jy is nie alleen nie.

Elizabeth ·

Dit behoort nie moeilik te wees om elke persoon wat deelgeneem het aan die teistering van die skool van foto’s te identifiseer nie. Elke persoon wat hom/haar skuldig gemaak het aan dié onwettige aksie teenoor laerskoolleerders, moet in sy/haar persoonlike hoedanigheid vervolg word weens ‘n wetsoortreding. Hierdie optrede moet in ‘n baie ernstige lig beskou word, aangesien dit onskuldige leerders en personeel se veiligheid bedreig het.

Ben ·

Ek staan agter jou. Ek werk daagliks met verhoor ondersoeke, en voordaat daar teen n persoon opgetree word, moet daar n ondersoek plaasvind. Ek wonder nou of jou teenwoordigheid by die skool die ondersoek sou kon beinvloed wat natuurlik n vereiste is voordat n persoon geskors kan word, of dat jy sou dalk kon inmeng met die ondersoek. Onthou na 30 dae moet die werkgewer jou n geskrewe brief gee sou die skorsing langer duur met n maksimum van 60 dae. As lid van solidariteit, glo ek jy is in veilige hande en onthou, God beskerm die regverdige.

Krummel ·

Ek is seker Juf Barkhuizen het DA gestem en sy gaan weer DA stem. Ek kan sien sy is ‘n mens wat probeer goed doen, maar wanneer gaan mense leer, jy kan maar goed doen soos jy wil, jou probleem is dat jy pigment gestrem is. Bowendien is Afrikaners skaam vir ons VF + party. Dit is presies waarom ons gedoem is tot ondergang. Ons stem liewers vir ‘n party wat ons taal vertrap en absoluut nie opkom vir sake soos moord op ons boere nie. Gelukkig was ek nog nooit so naief om vir die DA te stem nie, hulle is ook maar net ‘n klein party. Die ANC sal nooit onttroon word nie.

Marius ·

Elana jy is ‘n rotsvaste mens, ek salueer jou. Moenie jou verder steur aan die spul politieke gemors nie. Bid jou dit aan, skuldig bevind deur ‘n Boendoehof, wat vir ‘n ding is dit? … seker omdat hulle nog in die boendoes leef.

Leatitia ·

Ek staan agter jou…waar is die ma wat die fotos versprei het..sy het die juffrou se lewe hel gemaak en dit onnodig…baie sterkte juffrou…

madels ·

Ek onthou my Gr1 juffrou tot vandag nog want sy was regtig lief vir ons G2’tjies…. haar liefde was vir my soos water oor my dors siel na liefde omdat ek van n liefdelose huis uitkom… dankie Elana, jy herinner my aan daai kosbare Juffrou Swart van Derdepoort Laerskool 1974

Retha Roux ·

DA, ANC en EFF het nooit my stem gekry nie en daar sal dit bly

carnett ·

Alls wat ek will weet,WIE het die Herrie oor Elana lat ontploff.
Is daar iemand,wat kon antword?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.