Te wit vir my land?

Sê saam nee vir die rasmalligheid!

Dirk Hermann. (Foto: Rozier van Tonder/Okay Deer.)

Ek is keelvol, om dit lig te stel, vir die rasmalheid van hierdie land, skryf dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Vir etlike jare reeds veg ek in my persoonlike hoedanigheid en Solidariteit as organisasie teen rasvergrype. Diep teleurgesteld moes ek toekyk hoe die land ʼn nuwe raslaagtepunt bereik toe die staat besluit het dat wit mense nie hulp tydens die Covid-19-krisis mag kry nie – pandemiehulp wat slegs op grond van ras toegeken word. As ons nie eers in ʼn krisis op die staat kan staatmaak nie bloot omdat ons wit is, wanneer sal ons dan kan?

Is ons dan te wit vir ons land?

Toe Panyaza Lesufi nog meer raspolisie wou aanstel om op wit mense jag te maak, die regstellendeaksiewette nog strenger word en ons sporthelde vir ʼn radikale rasbeweging buig, het ek op ʼn punt gekom waar ek dit wil uitskreeu: stop die rasmalheid!

Ons sporthelde buig voor ’n organisasie met ʼn radikale swart agenda wat tradisionele strukture en onder andere die Westerse gesinstruktuur wil ontwrig. Dit is nie wollerige idees nie, Faf, dis klipharde linkse retoriek. BLM se basis is staatsonderdrukking van die swart minderheid in die VSA. Dit is anders hier; hier is ʼn swart meerderheidstaat wat rassewette teen ʼn klein minderheid instel. Julle het dit skoon verkeerdom.

Deur die knie te buig en plasings op sosiale media te maak, het Faf en kie hulle stryd gekies. Hulle het teen van hulle grootste ondersteuners gekies. Dit is dieselfde ondersteuners wat nie “geboo” het as Tendai vorentoe gedryf het nie, maar “Beast” gedreunsang het, want dié man kan rugby speel. Dit is dieselfde ondersteuners wat trots vir Siya kaptein genoem het. Hulle was lojaal teenoor elke rugbyspeler, swart of wit. Hulle voel verraai. Ons as ondersteuners was lojaal; julle nie. Mense, insluitende ek, is kwaad en teleurgesteld.

Ek kan nie meer stilbly nie – nou het dit te ver gegaan. Die woede binne my omdat ek die rassis genoem word en moet bieg terwyl growwe rassisme teen my en my mense gepleeg word, wil oorkook.

Die oneerlikheid van die samelewing word nou te veel. Vergrype teen my mense word op grond van die verlede geregverdig. Ek is deel van ʼn klein minderheid, geboelie deur die staat weens my ras, en ek moet stilbly omdat die boelies die slagoffers is. Jammer, ek sê nou nee!

Suid-Afrika is die mees rasgereguleerde land ter wêreld. Vir alles is daar ʼn rassewet. Daar is ras as jy wil studeer, ras as jy finansiële studiehulp nodig het, ras as jy wil rugby, krieket of netbal speel, ras as jy wil sake doen, ras as jy werk en ras as jy aansoek doen vir bevordering.

Obsessiewe rassetransformasie sit ons ligte af, maak die SAL bankrot, maak mense dood in staatshospitale en dompel munisipaliteite in die skuld. Die land is in ʼn ekonomiese krisis, maar die regering wil nog meer ras. Rasbeskuldigings is aan die orde van die dag. Rasseherries bars los om onskuldige mense se koppe. Op grond van my ras is ek ewig in die skuld.

Op grond van die kleur van my vel word ek en my kinders tweedeklasburgers in ons eie land. Elke dag word dit net erger. Ons hoef dit nie so te aanvaar nie; ons moet opstaan en ons moet nee sê.

Solidariteit gaan ʼn klag teen die rasvergrype van die Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies (VN) se Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD) lê.

Om ʼn klag by die VN te lê, moet ons al die plaaslike roetes in die land, wat politieke gesprek en al die nodige regsroetes insluit, volg. Solidariteit het al ver op die regspad gevorder. Ons moet egter ook politieke gesprek eis. Om suksesvol daarmee te wees, moet ons kan wys dat massas mense gesprek met die regering eis.

Ek is die eerste ondertekenaar van ʼn protesbrief teen rasvergrype, nie net as bestuurshoof van Solidariteit nie, maar as ʼn pa van vier dogters en as burger van hierdie land.

Nee, ek is nie te wit vir my land nie!

Ek, saam met julle almal, eis deur dié protesbrief ʼn gesprek met president Cyril Ramaphosa, steun hofsake teen rasvergrype en maak my voorneme bekend om ʼn klag by die Verenigde Nasies in te dien. Ek maak ook hierdeur my voorneme om mekaar te help, bekend.

Ek wil jou vra om dit saam met my en duisende ander te doen. Versprei hierdie skrywe so wyd as moontlik. Klik hier en word deel van die protesbrief. Die tyd vir stilbly, buig en bieg is verby.

Kyk hier na ʼn video van Dirk Hermann oor die onderwerp.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Dirk Hermann

Dirk Hermann is die bestuurshoof by Solidariteit.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Andre ·

Wat u se is die harde werklikheid maar die harde werklikheid is dat dit nie gaan verander nie en hoekom se ek so. Neem die eenvoudige voorbeeld; ek en my vrou het onlangs gaan rolbal speel. Toe ons daar aankom is daar net mans en sy noem toe “ek is nie lus om net mans hier te sien nie” As almal swart was sou sy ‘n rassis genoem gewees het. As almal wit was, was sy seksisties maar wat is sy – net ‘n gewone mens met voorkeure; kultuur; belangstellings; maniere en nog baie eienskappe wat met ‘n normale mens geassosieer word. Nie die robot wat die who’s who van die wereld wil skep maar nooit reg sal kry nie. Solank die mens keuses kan maak sal mens mens bly en kan verkeerde keuses reggestel word. Sou hierdie gesprek van toepassing gewees het as elkeen sy eie heil kon uitwerk

Jaco ·

Dis duidelik dat wit belastinggeld nie meer belangrik is nie. Dan sou daar nie regstellende aksie en BEE wees nie. So ek stel die volgende voor:
Die ANC-regering kan al die wit mense na Europa, Amerika, Kanada en Australië deporteer. Stempel die volgende voor in elke paspoort: this passport holder is forbidden from returning to South Africa. Dít sal dan beteken die lande waarheen ons geporteer word, sal verplig wees om ons as vlugtelinge in te neem.
Ek begin met liefde met niks en van heel onder af in ‘n land SONDER:
-regstellende aksie en BEE
-Beurtkrag
-Plaasaanvalle en plaasmoorde
-Toenemende misdaad wat beteken mens moet alles sluit en wegsteek en & duur betaal vir diefwering, armed response, alarms ens
-Swak of geen munisipale dienslewering
-Swak vuil staatshospitale
-Swak lae standaard onderwys waar leerders onderwysers mag aanrand
My lys is eintlik BAIE langer…

J ·

Daar is blykbaar baie ou wette op grond waarvan die nageslag (diaspora) van Europese volke kan aanspraak maak op burgerskap regte in hulle lande van herkoms.

Dr Dan Roodt (PRAAG) het dié saak jare gelede aangepak … maar die uitkoms daarvan is onbekend.

Sal dit waardeer as Afriforum, Solidariteit, VF + ATKV, Afrikanerbond ensovoorts diè bg. saak verder voer.

Want Westerse SAners kan nie langer uithou nie, a.g.v. ons falende staat.

Toenemende chaos en anargie gaan uitloop op massamoord!

annie ·

Ek hoop eerlikwaar nie die ANC en sy ‘magtige’ bevelsraad lees hierdie gruwelike raat wat daagliks tov die sg ‘wit’-virus opgedis word nie. Waarheen dink ons vriend sal ons gepos word? Die paradys? Of na niemandsland langs ‘n atoomafvalshoop vir ongewenste aardsbewoners. Regtig? Om aan te hou sè ‘ek is te wit’ is selfvervullend. Die Hemelvader het op wit besluit. Ek’s ok daarmee.

Kokerboom ·

Dankie Dirk. Waardeer aksie en opregtheid. Ons het aan jou versoek voldoen. Baie sterkte

JJ ·

en om alles te kroon, weinige kniebuigers het die BLM manifesto gelees… Vanaf die webtuiste van BLM: “We disrupt the Western-prescribed nuclear family structure requirement by supporting each other as extended families and “villages” that collectively care for one another, especially our children, to the degree that mothers, parents, and children are comfortable” . So dit is tipiese Marxistiese ideologie waarin die kerngesin en waardes afgebreek moet word. Sodra die besef ingewurm is dat die gesin geen plek indie samelewing het nie, dat daar nie meer “my goed” bestaan nie, kan na die volgende fase van afskaffing van privaat eiendom.
Engels het gese: “The care and education of children becomes a public matter. Society cares equally well for all children, legal or illegal. This removes the care about the “consequences” which now forms the essential social factor – moral and economic – hindering a girl to surrender unconditionally to the beloved man” .

Sylvanus ·

Goed geskryf! Gaan die voorgestelde aksie enige goeie vrug oplewer… Mag ek verkeerd wees

Wakker ·

Daar is geen rasisme in RSA word wakker asb tog enige iemand met n IQ meer as 6 kan dit raak sien, ek werk lekker saam my swart kolegas en ons behandel mekaar met respek selfs die swart man op straat spring amper uit hul skoene net om vir my aanwysings te gee, maar sodra jy die TV/Selfoon/Rekenaar aanskakel dan sien jy die volgende, DA/EFF/ANC/Afriforum/Soladariteit/IRR/BLM/VF+/COPE/Media etc. oor ras praat. Die organisasies is die rassiste en hulle hou die normale man op straat verdeeld sodat hulle die land kan plunder.

Carinus ·

Jip, ek daag FAF en mede wit kniebuig kaders om iets te se oor die moorde by Hartswater maar hy sal seker nie die lees nie. Wie is ek? Ek is die fool wat altyd krieket kaartjies gekoop het vir ons gesin en julle op julle troontjies help hou het. Gaan soek nou iemand anders by jou kaders om my kaartjies te koop, ek is klaar met julle. O ja, nou onthou ek jy kry mos nie meer span nie. Probeer seker om jou siel te verkoop weer span te kry.
BLM ~ Boere Lives Matter

J ·

In Zimbabwe babies are dying!

Where’s BLM now?

Black Lives seem to Matter only in COUNTRIES with WHITE governments?

Black lives don’t matter in countries with BLACK GOVERNM
ENTS?

DISGRACE!!!

Jayson-Lee ·

Ek stem volkome met u saam. Suid-Afrika gaan nooit beter word as ons gedurig mense behandel op grond van hul velkleur en hul herkoms nie (waaroor hulle geen beheer het nie). Ek is moeg van ons hele klassifiseringsisteem op grond van ras. Boonop as jy optree in ‘n manier wat die rasmalligheid aanspreek en beveg, word jy rassisties genoem. Moet ons nie voortbeweeg en strewe na gelykheid nie? Moet ons nie mense behandel op grond van wie hulle is en nié die kleur van hulle vel nie?

PIETER ·

Soos Dirk is ek ook moeg vir die rasisme teen die wit minderheid in SA. Ek kom agter mense kla net en doen niks daaraan nie terwyl ons ‘n belangrike wapen het, naamlik ons rykdom (of dit wat daarvan oor is). Ons moet die regering, sport en korporatiewe besigheid wys wat ons kan doen deur ons geld strategies aan te wend. Om krieket en hulle BLM-deelname as voorbeeld te gebruik, kom ons hou op om krieket op TV te kyk dan voel hulle die inkomste verminder en slegs wanneer die geldstroom opdroog sal hulle weet waar die geldfontein is. Dit help nie om te kla en die naweek kyk ons maar weer sport nie, kom ons doen iets.

Flip ·

Ek stem 100% saam met jou Pieter. Onthou net om jou rug op hulle borge ook te draai. Slaan hulle waar dit saak maak, op die gatsak! Die blm kan hulle dan help want hulle kniel mos voor hulle blm god.

Kokerboom ·

Die kwessie wat my erg pla is waarom word woorde of name nl Black Lawyer’s Assoc, Black Farmer’ Assoc en vele meer blatant toegelaat? Hoekom word MK uniforms toegelaat by onlangse begrafnis van ANC strydros? Dis dubbele standaarde en arrogansie!!

Henk ·

Jy kan nie nou moeg word daarvoor nie , ons gaan dit nog baiiie hoor !

Martie Smartie ·

Enige wit persoon wat na dese nog gaan kyk as die Protea span krieket speel, ondersteun in wese Faf en sy trawante se ideologie dat alle lewens nie saak maak nie, maar slegs swart lewens. Faf en kie wil nou politiek speel nie krieket nie, want hulle is papbroekig om prontuit te sê dat hulle nie politiek in sport wil hê nie. So ek hoop hulle pluk die vrugte en is tevrede dat hulle slegs swart ondersteuners sal he, want slegs laasgenoemde se lewens maak saak.

Eragrostis ·

As die ANC alles verteenwoordig wat die teenoorgestelde is van apartheid, glo ek kies almal eerder apartheid, selfs anderskleuriges.

Marianna ·

Ons kan maar net kyk na Zimbabwe. Hoe lank gaan dit neem voor hierdie regering gaan besef wat hulle doen. Gaan dit die dag wees wanneer daar nie meer ‘n witman in die land is nie? Wanneer daar nie meer kos is nie? Wanneer alles verval het en dat daar moord gepleeg word vir kos?

Vlam14 ·

Ek sal nooit my knie buig vir enige ras in die wereld nie, maar slegs aan Ons Vader in die Hemel, wat almal geskape het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.