Trump se kanse op herverkiesing raak beter

Amerika se president Donald Trump. Foto: Withuis via Wikipedia

Gaan president Donald Trump volgende jaar op 3 November tot ’n tweede termyn as president van die VSA verkies word? Hoewel November 2020 vir die meeste van ons ver in die toekoms kan lyk, is die verkiesingsveldtog in die VSA reeds aan die gang.

Die Demokratiese Party se benoemingsproses vir ’n presidentskandidaat is volstoom aan die gang. Intussen lyk dit toenemend of die Demokrate wat die huis van verteenwoordigers beheer, van plan is om president Trump in ’n staat van beskuldiging te plaas. Dit is veral die meer linkse lede van die party wat druk op die speaker van die huis, Nancy Pelosi, plaas om die formele proses hiervoor in werking te stel. Dit is ’n baie riskante stap wat maklik in die Demokratiese Party se gesig kan ontplof.

Daar is heelwat redes wat aangevoer kan word oor waarom President Trump volgende jaar se verkiesing gaan verloor. Peiling ná peiling wys dat minder as 50% van Amerikaners tevrede is met sy werkprestasie. Tweedens is Trump se voortdurende uitbarstings op sosiale media en talle vae bewerings oor ongerymdhede in sy regering alles redes wat deur die Demokrate aangevoer word oor waarom hy nie herkies gaan word nie. Daar is egter meer redes om te glo dat hy wél herkies sal word.

President Donald Trump se onlangse besoek aan Brittanje en Frankryk was ’n sukses en Amerikaners was oor die algemeen beïndruk met sy optrede tydens ontmoetings met lede van die Britse koningshuis, sowel as met Britse politici, onder andere die uittredende eerste minister, Theresa May. Trump se toespraak by die D-dagherderking in Normandië in Frankryk is baie goed ontvang en het Amerika se belangrike rol in die suksesvolle militêre operasie van 6 Junie 1944 sterk beklemtoon.

Die Westerse wêreld word die afgelope paar jaar deur politieke ontstuimighede gekenmerk. Die Brexit-krisis in Brittanje en die bedanking van David Cameron en nou ook Theresa May as eerste ministers dompel die Britte toenemend in onsekere vaarwaters. In Duitsland word dit by die dag duideliker dat die Merkel-era ’n einde bereik en in Frankryk is die goue seun, president Emmanuel Macron, deesdae ’n baie ongewilde staatshoof. In Italië is die astrante, Euroskeptiese Lega-party nou die grootste en in Hongarye word Viktor Orban deur die kiesers vir sy dwarsheid teen Brussel se politieke inmenging beloon. In Kanada is Justin Trudeau se politieke doppie waarskynlik reeds geklink.

Terwyl Donald Trump oor die afgelope twee jaar op verskeie wyses gevestigde politieke idees en stelsels deurmekaar gekrap het, is Amerika egter vandag onder sy leiding ’n bron van Westerse stabiliteit. Die land se ekonomie presteer uitstekend, Amerika is by geen groot oorloë betrokke nie en hoewel Trump die een handelsoorlog ná die ander voer, lyk dit selfs of daar ook ’n gelukkige einde hieraan op die horison is. Die ooreenkoms wat Amerika verlede week met Mexiko bereik het, is ’n belangrike prestasie en ’n nuwe handelsooreenkoms met China sal waarskynlik binnekort bereik word.

Baie dinge kan voor November 2020 gebeur. Amerika kan byvoorbeeld nuwe ekonomiese probleme ontwikkel of in ’n rampspoedige oorlog met Iran betrokke raak, maar tans lyk dit asof daar genoeg rede is om te glo dat Trump tot ’n tweede termyn verkies gaan word.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

sweis ·

Die beste Presedent in die wêreld net jammer dat hy net vir 2 termyne mag staan ,as suid afrika n Presedent Trump kan kry is hierdie land reg en weer oppad na sy vroeëre glorie toe die rand en die amerikaanse dollar gelyk was.

Manie van Worcester ·

Die dae toe n dollar 84 sent gekos en petrol 9 sent n liter was en daar respek en wetsgehoorsaamheid was en die regering eerlik was

Jimmy ·

Ja, met’n sterk rand sou ons goedkoop invoer, maar uitvoerverdienste sou maar bra sleg lyk. Veral boere sal benadeel word. En onthou, ons goudmynbedryf trek maar swaar om die rand te steun.

Annie Webb ·

In die vroeë 1970s was R1 gelyk aan $1,50. Maar die VSA wat pres. Trump moes regruk, was darem nie die rommelhoop wat SA tans is nie. Die fabrieke, olievelde en steenkoolgroewe was nog almal daar, net toegemaak deur radikale globalis en groene, Obama. Meer nog, die werkers was nog almal daar, bekwaam en gretig om te werk. Kundige pres. Trump kon net onnodige regulasies wegdoen en eienaars kry om “plants” te heropen met belastingverligting en tariewe op invoer. Die teenstand wat hy kry oor die afsny van onwettige migrante kom van groot werkgewers wat die goedkoop arbeid soek. En die lawaaierige teenstand van ideologiese linkses, insluitende die media, raak só onrealisties dat hulle erg steun verloor. Die ondersoeke na die oorsprong van Mueller se heksejag deur Barr en Durham, en die openbaarmaking van talle dokumente van die vorige burokrasie op bevel van pres. Trump, is besig om ‘n heksebrousel deur Demokrate te ontbloot wat hulle hopelik erg gaan seermaak. Interessante sprekers op die Epoch Times meen ook die ou tradisionele konserwatiewe Republikeinse Party, wat hul neus vir Trump opgetrek het, is uitgedien. Lyk asof “Trumpisme” en sosialisme vorentoe die twee tradisionele partye gaan vervang. Laasgenoemde het albei basies dieselfde geraak: kripvreters wat eie belang voorop stel. Trump het ware demokrasie en regering deur “The People” weer letterlik uit die moerassige burokrasie se kloue kom ruk. ‘n Mens moet eenvoudig maar jou ore sluit vir die wanhopige linkse lawaai van die uitgediende globaliste. Só ‘n ommeswaai verskrik baie mense.

Lena Jonk ·

Goeie artikel Jaco, hou aan om die waarheid te verkondig in SA, moet asb nie CCN se nuus naboots nie, niks is die waarheid nie, ou Soros se stasie trek nou swaar. Trump gaan die verkiesing met vlieende vaandels wen, demokrate raak erg paniekerig. Voorspoed.

Gert ·

Make America Great Again!
Trump is die enigste hoop om dit wat fout is op aarde reg te maak, en hy werk daaraan.

Wonder ·

En wat gaan of het Amerika in die afgelope 25 jaar, van onderdrukking van die Afrikaner vir ons Afrikaans sprekende gedoen? Net mooi niks nie.

Annie Webb ·

Hoekom moet Amerika ander lande uit die gemors help? Pres. Trump doen wat ‘n puik leier behoort te doen: sorg dat elke enkele (wettige) Amerikaanse burger alle moontlike kanse en voordele kry. Die idee dat Amerika verantwoordelikheid vir die res van die wêreld moet aanvaar, kom uit die tydperk net ná WO2, toe Europa deur ‘n gemeenskaplike vyand platgeskiet was en Amerika ongedeerd. Amerika het sy Europese bondgenote weer op hulle voete gehelp, maar toe het opeenvolgende VSA-leiers dié gewoonte voortgesit totdat pres. Trump ‘n Amerika wat so goed soos “platgeskiet” was, moes wys hoe om self weer op hulle voete te kom. Terwyl hy almal wat steeds aan Amerika se baadjiepante hang, soos vlieë moet wegklap. Amerika skuld SA niks; ons regering is vir ons verantwoordelik. As hulle te vrotsleg is om vir hul eie mense te sorg, moet ons dit self doen. Via ons burgerlike organisasies. Niemand gaan ons kom red nie. Maar, let wel, ons hoef ook niemand te red nie. Ek voel oor NIKS skuldig nie. En jy?

elna ·

So bly daar is nog intelligente Afrikaners in SA! Natuurlik is Trump die beste wat hulle ooit gehad het. Ek hou van n man wat sy man kan staan, n man wat n slag met n barshou slaan!

Summie ·

Ek is nou nie so ingelig soos van julle nie, well done daarvoor. Al wat ek weet is dat ons land dringend iemand soos Donald Trump nodig het ! Ek hoop rêgtig hy word weer verkies. You Go Donald !!

Charles ·

Baie dankie Jaco, jou analise slaan die spyker op sy kop, sou die SOSIALISTE (want vandag se Dem Party is niks anders nie) NET probeer om vir D.J. Trump (die “citizen” president, die president van die algemene man op straat) in ‘n staat van beskuldiging te plaas (wat NATUURLIK sal uitloop op kwytskelding- maar egter verdagmaking van die demokrate wat die eintlike “russiese” samespanners en oneerlike is aan die lig sal bring) hoef daar nie eers berig te word oor wat die uitslag gaan wees nie, dan is Pres. Trump se herverkiesing verseker. Die “PROBLEEM” vir die dems is dat hoe meer Pres. Trump se herverkiesing na ‘n “slam dunk” lyk hoe meer desperaat gaan hulle word om hom oor beuselagtighede in ‘n staat van beskuldiging te plaas- wat nog meer in sy administrasie se guns gaan wees. Al lyk dit nie so nie – omdat die linkses disproporsioneel tot hulle aanhang so baie geraas maak- is die gewone Amerikaner steeds UITERS KONSERWATIEF- die probleem kom egter in by die ONINGELIGTE jongelinge-maar hul impak sal nie genoeg wees om die verkiesing in die guns van die sosialiste te draai nie.
“nobody in their right mind would fail to re-elect the president in such astounding and breathtaking economic times!”
KEEP AMERICA GREAT ALWAYS -KAGA

Jimmy ·

Die term “sosialisme” is relatief. Selfs sg. “regse” partye en organisasies in SA is ook sosialisties.

Dirk ·

Ooreenkoms tussen SA se OB en Trump is dat beide mag misbruik deur feite te verswyg en daardeur die waarheid verdraai sodat dit hulle onderskeie agendas pas!

Carl ·

Dirk, waar is jou feite? Robert Mueller en sy erg anti Trump bende, het hard probeer om bewyse teen Pres Trump daar te stel maar kon nie die bewyse kry nie. So wat het jy, uit daarmee?

Petrus ·

Solidariteit moet Trump vra om Afrikaners in die die VSA te help vestig. Ons sal daar goed leef.

Dries du Toit ·

Petrus ek stem saam. Afriforum moet aanhou gaan kuier daar in die buiteland en hulle bewus maak van al die vergrype wat ons daagliks teister

Annie Webb ·

Die VSA het baie duidelike voorwaardes vir asielsoekers. Dis op grond daarvan dat pres. Trump die toevloei van onwettige migrante kan probeer stopsit. SAners kwalifiseer (nog) nie vir asiel nie. Maar enigiemand kan soontoe emigreer, mits jy weer eens aan die voorwaardes voldoen.

@Annie Webb ·

Annie,
Ek hou baie van jou kommentaar. jy is goed ingelig volgens my.

Wens Maroela Media wil jou inspan om artikels te skryf.

Dries du Toit ·

Annie jy beindruk ons met jou ingeligte kommentare. Ons kan sien dat jy jouself vergewis van die jongste feite en dan daarop reageer. Jy het ons in die verlede so nou en dan ontstel maar later onbevrees nie halstarrig geklou aan standpunte wat nie by ons gemaklik afgegaan het nie. Dit kos mannemoed om te erken as jy standpunt verander en oop kan wees vir oortuiging. Jy is voorwaar n nugtere denker en daarvoor waardeer ons jou ontsettend baie.

Annie Webb ·

Dankie Dries. Dis oor ons eie politiek waaroor ek verkeerd was, omdat ek hoopvol was op uitkoms. Daar was dus emosie betrokke. Oor die VSA kan ‘n mens heeltemal oopkop wees; deels omdat dit ons nie direk raak nie en deels omdat pres. Trump so uiters suksesvol is. Mits ‘n mens natuurlik soek na ingeligte kommentators, waarvan daar baie is. Wenk: hulle is nié blote gesiggies op CNN nie, maar mense met jarelange ondervinding in die regte, akademie en/of politiek. En hulle aanbieding is nooit kwaad, histeries, of andersins emosioneel nie. Maklik genoeg om uit te ken!

Dirk ·

Annie jy is reg oor die lawaaierige teenstand van die ideologiese linkses in Amerika teen Trump. In ons geval kan daar na ons ook verwys word as die lawaaierige teenstand van die ideologiese regses/konserwatiewes/wit minderheidsgroepie teen die ANC/eff beleid, uitsprake, stilswye ens. Ons lawaai maar net so oor wat verkeerdloop en wat ons nie pas nie. In beide ons en die demokrate se geval is daar ontsettend baie goeie redes vir al die lawaai. Een van die voor die hand liggende redes oor hoekom daar so gelawaai word is, omrede diegene met die mag, daardie mag misbruik net tot voordeel van hulle eie groep/agenda en wat daardeur ander groepe uitsluit. Onthou dat dit wat Trump doen vir sy mense, doen die ANC/eff vir “our people”! So gepraat van linkses of regses se lawaai, die skoen is in SA net aan die ander voet!

Judge Dredd ·

Bog !!! Hier by ons is dit die ANC/EFF/BLF en hul geallieerdes wat 90% van die geraas maak.

Annie Webb ·

Dirk, pres. Trump sluit geen groep wettige Amerikaanse burgers uit nie, wat hy doen, doen hy vir sy land en al die land se burgers. Daarby is sy beleidsrigtings dié wat in die Weste suksesvol bewys is. As jy dit nie weet nie, is jy oningelig of waningelig. Ons regering, daarenteen, wyt hulle gebrek aan sukses nie aan hulle tradisioneel onsuksesvolle sosialistiese beleide nie, maar aan diskriminasie, kolonialisme, ens. Alles die ander been van gebrek aan sukses, nl. onvermoë om verantwoordelikheid te aanvaar. Pres. Trump se VSA is juis suksesvol omdat hy opeenvolgende Dem- en RINO-regerings se negatiewe invloed omkeer. Pres. Trump se Amerika en ons mislukkende Derdewêreldse land het geen raakpunte behalwe die gewone onvermoëndes wat sosialisme aantreklik vind nie. Gelukkig vir Amerika is hulle tans daar nie aan bewind nie en ongelukkig vir ons is hulle hier aan bewind.

Andre C ·

Dirk,dis nou n goeie tyd om feite te verskaf rakende die ANC,EFF se prestasies.Gee ons iets om aan te herkou,byvoorbeeeld die goeie resultate van BEE of die suksesvolle funksionering van SOE’s.Wat van misdaad ,werkloosheid,onderwysstandaarde,daar is te veel om op te noem,amper elke aspek van die samelewing word nadelig beinvloed .Trump wil n muur bou om onwettige immigrante weg te hou.In SA word niks aan onwettige grondbesetters gedoen nie.Soos Annie Web meld ,daar is geen raakpunte nie,Kan jy asb die suksesse van die ANC,EFF tot dusver noem!

Dirk ·

Judge Dredd dit is glad nie so bog soos jy reken nie. Jy is reg daaroor dat die ANC/eff geraas maak, maar hulle is nie alleen nie. Ons gaan lawaai/bekla ons lot dan tot in die buiteland oor ons regte wat vertrap word, oor diskriminasie, bee en ons boere wat vermoor word, oor Lesufi wat weer terug is in sy pos, oor ons taal, oor ons grond, oor verandering aan die grondwet en kan jy dit oorvertel oor borge wat onttrek oor Steve se uitsprake. Die feit van die saak is, ons almal lawaai/kla, want ons het almal rede om te lawaai/kla, al is meeste van die redes daarvoor deur ons eie toedoen. Niemand van ons is net reg of net verkeerd nie. Daar is altyd n kinkel in die kabel. Ons moet net met meer volwassenheid ons uitdagings benader en ook so nou en dan erken wanneer ons verkeerd is, dan sal ons dalk n bietjie minder kla en geraas maak! Ons moet nie vinger wys wanneer 4 vingers na ons toe wys nie. Dit is dus nie bog nie, want dit is nie net hulle wat n geraas maak nie! Om terug te keer na Trump, hy is tans die grootste fopnuus lawaaimaker op twitter. n Ontleding van sy “tweets” dui daarop dat hy reeds meer as tien duisend keer op sy tweets gelieg het, maar dit is seker ook bog!

Gert ·

Dirk, miskien moet jy meer bronne gebruik as CNN vir jou inligting.

Annie Webb ·

Dirk, dit is so dat daar nie reg en verkeerd in politiek is nie. Net ‘n keuse. Daar is egter beleide wat ‘n land suksesvol maak vir al sy burgers, soos pres. Trump s’n tans. Die Dems wat so lawaai, doen dit op ideologiese gronde en nie omdat hulle van die voorspoed uitgesluit word nie. Die ANC se beleidsrigtings is die absolute teenoorgestelde van pres. Trump s’n en enige “lawaai” hier gaan oor werklike ontbering, nie ideologie nie.

Judge Dredd ·

Dirk 90% is nie 100% – ek het klaar jou redenasies ingesluit.
90% is egter die oorgrote meerderheid en 10% die minderheid – dus jou redenasie dat die minderheid die meeste geraas maak is BOG !!!!!!!

Stem ·

Dankie, Dirk, jy praat so na my hart. Die dommes sal sukkel.

Boer ·

Ons het reeds ‘n leunaar politikus soos Trump: Julius Malema.

Dries du Toit ·

Dirk gee bietjie vir ons n paar van daai 10 duisend leuens wat jy van praat. En vertel ons wat se skade daai leuens aan enigiemand gedoen het.

Anette ·

@ Boer Jy is die enigste een wat vir Trump verstaan, hy en Zuma en Malema kon n drieling gewees het as hy net nie so oranje was nie…..
Mense laat my lag, SA het nounet van Zuma ontslae geraak en nou wil julle sy oranje “double” he…..

Janie ·

Dit verstom my dat mense wat kla oor ons eie politici se korrupsie en nepotisme dit in Trump vergewe. En dan skree “fopnuus!” as mens dit uitwys. Terloops, van die “ingeligte” kommentare hierbo klink of dit transkripsies van Sean Hannity se program is. Volgende sal hulle seker die metrieke stelsel “creepy” noem want Tucker Carlson het so gesê …

Therese van Schalkwyk ·

Maroela Media is gewild, juis omdat hulle sorg vir balans in nuuskommentaar en artikels.
Jaco Kleynhans se beoordeling van president Trump se kans op ‘n tweede termyn is ‘n sprekende voorbeeld.
Voorsiening word gereeld gemaak vir lesers wat uit beginsel, of uit onkunde, teen die huidige Amerikaanse president gekant is.
Wat meer kan ons vra?

Gideon ·

As jy nie bewus is van Trump se leuens nie, het jy nog nie genoeg videos gekyk van hy self wat praat nie – nie fopnuus nie, sy eie woorde. Ek het ‘n skakel en 2 voorbeelde probeer plaas, maar sien dit nie in die kommentaar nie. Jy kan sê jy gee nie om dat hy jok, ‘n aanvallende buffel, ens. is nie, maar jy kan nie sê dat hy dit nié is nie.

Gideon ·

Politifact hou boek van mense se leuens. Van hulle is natuurlik ‘klein’ en onbelangrik, maar ‘n klomp van hulle nie. Trump staan al op oor die 10,000. Een voorbeeld waar dit baie skade berokken het:
Trump en sy trawante het besluit om vlugteling ouers en kinders (selfs baie jonk) op die grens van mekaar te skei. Die punt hier is nie wat jou siening oor vlugtelinge en of hul toegelaat behoort te word nie (let wel dat meeste mense in Amerika nasate van vlugtelinge of slawe is), maar Trump se leuens daaroor. Hy het volgehou (sy eie woorde, nie fopnuus nie) dat dit ‘n wet was (dit was nie) wat die Demokrate ingestel het (hul het nie) en dat hy niks kan doen om dit te stop nie (hy kon). Maar albei kante het dit te erg gevind en al meer begin geraas maak. Hy het agtergekom hy verloor punte en skielik uitgekom met die nuus dat hy dit kan omdraai met ‘n ‘executive order’. Maar dit het steeds weke geneem om sekere families te herenig, want daar is nie goed boekgehou van wie waarvwas en by wie hoort nie.

Henning ·

Die skeiding waarvan jy praat was reeds in Obama se tyd toegepas. Die aandeelmarkte in die VSA styg voortdurend tot nuwe hoogtes en die werkloosheid syfer is die laagste in 59 jaar. Die feite strook nie met jou bewerings nie.

Gideon ·

Henning,

Dit was iets wat Trump-hulle vroeër vanjaar verander het, ‘n ruk lanks gedoen het en toe gedruk is om te kanselleer.

Wat van ‘n paar harde feite eerder as vinnige, niksseggende sinnetjies. Aandelemarkte styg oor die algemeen (oor lang tye). Op 6Maart2009, ‘n paar Maande nadat Obama president geword het, het die Dow Jones indeks op 6,627 gestaan. Twee jaar later was dit op 12,050. Dit is 81.8% groei in 2 jaar. In 10Maart2017, ‘n paar maande nadat Trump president geword het, was dit op 20,900 en in Maart2019 was dit 25,650. Dit is groei van 22% in twee jaar. Dít strook nie met jou feite nie.
In Maart2009 was JSE All Share 1,900 en Maart2019 net oor die 4100. Dis is 116% groei in 10 jaar. Die ANC doen ‘n wonderlike werk. Staan jou punt steeds?

Gideon ·

Nog ‘n brokkie ware inligting. Die Dow Jones was in Januarie 2018 op 26,617. Hy staan tans op 25,983, nadat hy op 22,445 gaan draai het. Dit is negatiewe groei in die 18 maande. Lyk vir my meer of Trump se impak nou begin inskop – daar’s maar gewoonlik ‘n bietjie van ‘n wagtydperk.

Gideon ·

Dien jouself ‘n guns: vergeet van ‘watter nuusbronne moet ek gebruik’ en gaan na Youtube en soek vir ‘Trump contradicts Trump’ – kyk hoe gemaklik is hy daarmee om net só sy ‘siening’ om te draai wanneer dit hom pas. Luister net vir 30minute na die man se eie woorde.

Jimmy ·

Alle politici lieg, maar party lieg net meer as ander. ‘n Goeie leuenaar moet net konsekwent lieg.

Gideon ·

Jimmy, in hierdie geval is dit meer ‘allewig’ as konsekwent. En hoe lieg hy konsekwent as hy die heeltyd sy storie verander?

Dirk ·

Annie, om te se Trump doen wat hy doen vir alle wettige Amerikaanse burgers is n bietjie dik vir n daalder. Trump self verwys dan na die media en die demokrate as “the enemy”! Dit beteken dat Trump dit doen vir die Amerikaners wat hom ondersteun, ek glo nie Trump sal dit wat hy ookal doen, doen vir Amerikaners wat teen hom is nie. Hy is net nie so n tipe mens/president nie. Trump is net lief vir jou wanneer jy saam met hom stem en hom nie kritiseer nie!

Marthinus Willemse ·

Amerika is sedert 1945 sonder ophou besig om oorlog te maak. Hulle het meer as 800 (agthonderd) militêre basisse regoor die planeet; die helfte daarvan rondom China. Vandag se oorloë is nie noodwendig “groot” nie. Twee weke gelede het hulle oorlog-oorlog gespeel in Estland, 15 km van Rusland se grens af. Een verkeerde aksie, en daars oorlog.
Die Amerikaanse weermag bestaan hoofsaaklik uit verarmde wittes, swartes en Latino’s. Die stres van konstante, meestal “geheime” veldtogte, en die beserings daaraan verbonde, is so erg, dat ongeveer 30 soldate elke liewe dag selfmoord pleeg. (Volgens Time.)

Johan ·

@Dirk,Ek dink jy moet vir jou Vaseline gaan kry so gou moontlik want Annie het jou nou so gebrand met haar ingeligte,inteligente feite omtrent Trump dat jy maar liewers Moet stil bly om jou dwaasheid verder uit te basuin.

JAN ·

Trump se sakemodel pleks van kurrupte politieke bestuursmodel sal ook ons redding wees uit die septiese moeras van 5 dekades.
Pik se burgeroorlog van SA gaan VSA ook nog tref .
Fake news burgeroorlog / staatsgreep. hmm?

JAN ·

Gister kennis gekry dat Stanlib belegging gekrimp het. Eerste keer. . Is dit waar?
Naderende nasionalisering van bates??
Afrikaans media is mees berugte toksiese bate ooit met False nuus nywerheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.