Verlig of verkramp – ons gaan eerder ʼn universiteit bou

studenteWat ʼn vreemde debat! ʼn Handvol kommentators het besluit om 1966 se verlig-verkramp-logika van wyle dr. Willem de Klerk weer af te stof. Vir die kommentators is die regses, ou idioom en idees, wat eintlik nie meer deel van die groter diskoers is nie, die groot gevaar. Hulle blaas nuwe lewe in ʼn ou debat.

Die Afrikaner-gemeenskap word gedwing om tussen hul blokkies te kies, maar die normaalkurwe van Afrikaners is ver verwyder van hul idees oor verlig wees.

Afrikaners staan eintlik buite die debat, want die verlig-verkramp-logika is nie meer nie. Die groot middelgrond voel nie tuis in een van die twee blokkies nie.

Daar is egter ʼn lewe anderkant die verlig-verkramp-debat. By Solidariteit soek ons na daardie lewe – ʼn lewe wat daartoe sal lei dat ons ʼn toekoms hier sal skep waarin ons kinders en hul kinders vry, veilig en voorspoedig sal wees. Dit is ʼn lewe van respek en erkenning; van omgee en uitreik.

Dit is ʼn lewe waar ons nie van die staat afhanklik wil wees nie, maar waar ons selfstandig wil wees. Dit is ʼn lewe van meer sélf en minder stáát. Dit is ʼn lewe van gemeenskappe en respek vir die individu binne die gemeenskap.

Dit is ’n lewe waar ons in Suid-Afrika gaan bly, maar nie gaan stilbly nie. Dit is ʼn lewe wat regte gun, maar ook opneem. Dit is ʼn lewe waarbinne ek trots Afrikaner, Afrikaanse, Suid-Afrikaner en kind van Afrika kan wees.

Dit is ʼn lewe waarvoor ons sal stry. Dit is ʼn lewe waarbinne ons glo dat die grondwetlike demokrasie van jou verwag om grondwetlike regte op te neem; ʼn lewe waarbinne ons burgers, en nie onderdane nie, sal wees. Ons glo dat dit juis patrioties is om ʼn staat uit te daag wat grondwetlike waardes en sy grondwetlike plig ondermyn.

Dit is egter veral ʼn lewe waarvoor ons sal bou. Ons glo dat ons self die verantwoordelikheid moet neem. Ons glo nie dat die toekoms met ons gaan gebeur nie. Ons wil help om ons toekoms te skryf. Ons wil die toekoms skryf deur te bou.

As ons bekommerd is oor die toekoms; die staat sien verval; gedurig moet hoor van misdaad; moet toekyk hoe die parlement in ʼn sirkus ontaard en die gevolge van ʼn afwesige president beleef, dan is ons reaksie – ons gaan ʼn universiteit bou!

En ons het. Akademia bestaan reeds en dit word nou uitgebou tot ʼn volwaardige, nuwe private Afrikaanse universiteit. Hiermee sê ons dat daar nog ʼn lang toekoms vir ons in Suid-Afrika voorlê. Ons bou egter nie net om te oorleef nie; ons bou ʼn universiteit, want ons beplan dat ons jongmense in die toekoms aan die hoë ordes van die ekonomie gaan deelneem.

Ons bou dus met selfvertroue. Ons bou ʼn tegniese kollege, Sol-Tech, met duisend jongmense wat daar in skaars- en kritieke vaardighede opgelei word. Ons skep die vaardighede nie vir onsself nie, maar vir die mark en vir ekonomiese groei.

Ons bou ʼn studiefonds wat verlede jaar sowat R16 miljoen uitbetaal het en binne enkele jare tot R100 miljoen gaan groei en wat jaarliks aan verdienstelike studente uitbetaal gaan word.

Deur die Solidariteit Helpende Hand bou ons Afrikaanse lees- en wiskundetoepassings; ons bou Afrikaanse wiskunde-klubs by skole en vestig verenigings vir onderwysers. Ons gee skooltassies aan behoeftige graadeens en bedryf ondersteuningsprogramme vir behoeftige kleuters. Ons glo dat armoede deur opleiding voorkom moet word.

Ons belê in ons jongmense en ons opbrengs is ʼn toekoms.

Solidariteit handhaaf ʼn goeie balans tussen veg en bou, maar die hoop lê in die bou.

Ons verlig en verkramp nie meer nie; die ou debatte van die verlede verveel ons.

Ons glo dat as jy aan die toekoms twyfel, dan moet jy dit self bou – ons gaan net hier bly.

Hierdie meningstuk is deur ʼn onafhanklike persoon opgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Dirk Hermann

Meer oor die skrywer: Dirk Hermann

Dirk Hermann is die bestuurshoof by Solidariteit.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

15 Kommentare

Anchen Dreyer ·

Uitstekend gestel, Dirk! Ek stem saam met bou en ‘n toekoms skep. Ek wens julle all voorspoed toe.

anna theron ·

Dirk, God se tyd is a l t y d. die regte tyd, maar sowaar, Solidariteit is OP die regte tyd. Suid Afrika, en die mense wat Afrikaans wil praat, salueer julle. Dis maklik en goedkoop om n universiteit te gryp, dit het ewigheidswaarde om een te bou! Gee dit n Afrikaanse naam, asseblief, ons is bestem om SA uit die grond uit op te tel, en n universiteit en kolleges is die antwoord – opleiding, die beste opleiding, is daarvoor nodig. Sterkte op die pad vorentoe, julle gee ons nuwe moed om ons probleme in ons land te oorkom. Ek wens ek kon snags kom wagstaan, want sonder teenspoed sal dit ook nie wees nie. Vriendelike groete.

Dankbare mamma ·

Dankie, dankie, dankie! Daar is weer hoop vir my kinders (en dalk selfs vir my as dosent!). Ek salueer julle wat die debat en daadwerklike hoop omsit. Ons staan bankvas agter julle!

Kobus ·

As hierdie nie ‘n positiewe is om in SA se toekoms te belê en die ekonomie te help uitbou tot voordeel van die hele land nie, dan weet ek nie wat ‘n positiewe bydrae is nie.

Sarie ·

Dankie vir hierdie inisiatief. Afrikaners was nog met al hul foute bouers en nie afbrekers nie. Ek hoop julle sal gebruik maak van die kundige akademici wat by ander Afrikaanse universiteite uitrangeer is, bv. Prof Eloff, Prof Driekie Hay en haar eggenoot. Ek hoop ook dat julle onderwys diplomas en grade by u universiteit spoedig sal implementeer.

SJ Botha ·

“Hiermee sê ons dat daar nog ʼn lang toekoms vir ons in Suid-Afrika voorlê. ”

Dis die probleem met julle lot, julle besef nie ons moet eerder veg vir ons eie Boere republiek nie. Dis al wat op die langtermyn vir ons sal werk.

piet ·

Tog sal verlig en verkramp ter sprake kom: sal die universiteit die diversiteit van Suid Afrika weerspieel of sal gesonde spanning tussen konserwatief en verlig toegelaat en uitgebou word?Sal Steve en Max kan hul uiteenlopende toekomsvisies kon deel met n beredenerende lkorps jong Afrikan(ers)? Sal Malema ,Irvin Jim , Vavi . Jay se retoriek geweeg en oorweeg word?Kan Dan Roodt se bydraes veredel word om saam die bydrae van Breyten n uitbou en verstewiging van jong intellek aan te moedig?

Sal daar rigiditeit in filosofie toegelaat word om die ambisieuse dog kwesbare jong akademikus/intelektueel te verswelg? Sal die finansierders die trom slaan mbt die groeipotensiaal en karakter ontwikkeling van so n instansie?

Sal dit die Oom en /of die Tannie van die volk wees wie se prysing en kondonering nuwe groeipunte bepaal . En sal die volk Afrikaans wees of Suid Afrikaanse Afrikaner of bloot net Suid Afrikane?

Sal dit n retroversiteit wees of universiteit wees?

Gary Furno ·

The only future for the boer nation is our own land. When van Riebieck landed in the Cape, there were no banks, schools or institutions. Not being racist, there was nothing more than huts, clay pots and an assagai! Now our kids are too white to get a job at these institutions that our forefathers brought to this land! Why don’t the blacks invent and build their own culture instead of always pointing figure at us whites and enforcing Bee! It’s almost a crime to be a boer in the new SA!

Afrikaner selfbeskikking ·

It is a crime to be a Boer, Afrikaner and a White. B-BBEE is against those 3 community groups. Jy is 100% reg – wette soos SEB en regstellende Aksie, B-BBEE kan nie ignoreer word nie, en binnekort kom die wet op eiendomme in werking. Niemand het gedink B-BBEE gaan soveel van die Afrikaners, blankes en boere tap en steel nie. Afrikaners het geen regte in SA nie word die taal en kultuur vertrap, menseregteskendings. Die huidige regering het ALLE universiteite en alles wat koloniaal is, gevat en hulle sin gemaak, wat verhoed hulle om nog ‘n privaat universiteit ook onder die nuwe wet in wording, wat 2015 afgekondig sal word, te neem, met wie se geld, alweer opgebou? So, we build and they take. The only guarantee to build your own, is to have your own piece of land and external self-determination. That is the only 100% guarantee to have your own Afrikaans universities and schools.

Wynand Mans ·

Geloofwaardig,maar hoop dat klem en toelating op Afrikaans,en nie op kleur,sal wees nie.
Afrikaans is ook,onlosmaaklik,deel van baie anderskleurige,trotse Suid Afrikaners.
Enige instansie, wat kleur as toelatingsvereiste stel,stuur,noodwendig ‘n boodskap uit dat dit eintlik om kleur gaan en nie om Afrikaans as taal nie.
Ons pragtige,kleurvolle,beskrywende taal, moet nooit,ooit weer misbruik word om suiwer rassistiese,kleurgebaseerde,doeleindes te bevorder nie.
Afrikaans is meer as dit waardig en is ook nie slegs ‘n kleurbeperkte taal nie.
Groetnis en Sterkte
Wynand Mans

Chris du Plessis ·

Akademia streef daarna om studente met uitmuntende akademiese grade, diplomas en hoër sertifikate, deur die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal, toe te rus. Enige iemand wat akademies kwalifiseer vir studie by Akademia, en graag sy studies deur die gebruik van Afrikaans as medium van onderrig wil voltooi, is dus welkom om by ons te kom studeer! Besoek gerus ons webblad http://www.akademia.ac.za om meer uit te vind oor die beskikbare programme, kostes en studiesentrums. Jy kan selfs aanlyn registreer!

Theresa Papenfus ·

Uitstekend! Dankie vir julle sobere, nugtere ingesteldheid, en dat julle eenvoudig doen wat gedoen moet word en ‘n verskil maak. Baie geluk! Julle maak my trots.

Willie Maree ·

Baie geluk aan Solidariteit. Ek is dankbaar dat met die leiers aan boord Akademia sal groei en groei tot ‘n sieraad vir alle Afrikaanssprekendes ongeag geur of kleur.

Marie Bredenkamp ·

Die grootste enkele fout wat gemaak is (en ironies, die huidige regering het dit al erken), is die sluiting van ons onderwyskolleges. En skeidingspakkette wat aan mense met doktorsgrade aangebied is op ouderdomme tussen 35 en 40. Ek het verlede week gekuier saam met een van my eie onnies wat uit so ‘n onderwyskollege gekom het. Graaff-Reinet, Grahamstad, Wellington, OKP, Mowbray, Heidelberg. Ekself was betrokke by die opleiding van Handelsonderwysers by Technikon Natal: was ek jonger, het ek my dadelik aangemeld. Bravo vir hierdie inisiatief! My eie kind, Musiekonderwyseres is buiteland toe oor die regstellende aksie in onderwys: nou is daar ook nie meer oral poste oorsee beskikkaar nie Gooi die arms wyd oop, en bring ons eie mense weer binne in die laer in – ja-wat, gebruik maar ook weer daardie “ou” woord!.

Antoinette Scholtz ·

My seun het pas sy Matriek eindeksamen voltooi aan ‘n Tegniese Hoërskool hier in die Oos-Kaap. Ek is so verskriklik trots op hom, want as enkel-ouer was daar nie altyd die geld vir luukses nie en daar steeds nie geld om sy droom te verwesenlik nie. Hy wil so bitter graag ‘n siviele Ingenieur word, maar hy sal noodgedwonge deeltyds moet studier.

Ek is so verskriklik bly dat Solidariteit ons blanke kinders hoop op ‘n toekoms in Suid-Afrika gee. Deesdae word daar so maklik verwys na swartes as “AGTERGEBLEWENES”, MAAR WAT VAN DIE DUISENDE BLANKES wat ook minder gegoed is of hul werk verloor het a.g.v. “Regstellende aksie?”

Baie dankie, Solidariteit! Julle is ligstrale in donker Suid-Afrika!

Antoinette

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.