Die president se ekonomiese A-span

Pres. Cyril Ramaphosa en Tito Mboweni, minister van finansies, deel ʼn ligte oomblik by die 2019-begrotingsrede [20 Februarie 2019]. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)


In die binnekringe van die ANC word gegons dat president Cyril Ramaphosa ʼn gedugte ekonomiese span om homself vergader het.

Die span sluit in Tito Mboweni, minister van finansies, wat ook ʼn voormalige president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank was. Dan is daar ook Lesetja Kganyago wie se termyn as president van die SARB vir nog vyf jaar verleng is en ʼn vorige hoof van die nasionale tesourie was. Die derde lid is Enoch Godongwana, ʼn lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, wat saam met Mboweni en Kganyago sterk kapsie gemaak het teen Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal se uitlatings vroeër hierdie jaar dat die mandaat van die SARB verander moet word.

In die binnekringe van die ANC word die trio as gedug beskou en daar word gereken dat hulle Ramaphosa se agenda van vernuwing kan help deurdruk.

Daar word aanvaar dat Ramaphosa se hoofdoelwitte is om ekonomiese groei te teiken, werkskepping te verhoog en die land se kredietstatus te verbeter.

Sommige kenners meen die faksie binne die ANC wat oudpres. Jacob Zuma en Magashule ondersteun is nou net tot hewige kritiek beperk onder die leiding van dié span. Die faksie het byvoorbeeld kapsie gemaak teen die aanstelling van iemand soos Nico Bezuidenhout as die hoof van die Mango-lugdiens.

Die welstand van sukkelende staatsbeheerde ondernemings het nou onder die waaksame oog van Pravin Gordhan ingeskuif wat sake hier fyn sal bestuur.

Kenners meen dit sal die geleentheid om te steel en staatskaping ʼn verdere nekslag toedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Andreas ·

So dit sal interessant wees om te sien of hulle nou van hul Kommunistiese Sosialistiese beleid gaan afstand gedoen, SEB skrap, ook remmende wetgewing en regulasies edm, die privaat sektor betrek en daar mense as raadgewers nader trek?

Andreas ·

Die gedugte ekonomiese span kan net kaders wees. Ek wens iemand wil van my verskil.

Frm ·

Presies die span kan uit wie ookal bestaan hulle moet die anc se beleid toepas. Dit is die staat moet alles besit en dit wat hulle nie besit nie moet hulle beheer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.