Net sowat 30% van ondernemings dien opgawes in

Joshua Alexandre is die uitvoerende hoof van InfoDocs. (Foto verskaf)

Ten spyte van nienakoming wat baie duur gevolge soos boetes, regskoste en direkteursaanspreeklikheid inhou, dui die jongste jaarverslag van die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) daarop dat 72% van die 3,1 miljoen maatskappye in Suid-Afrika nie jaarlikse opgawes indien nie en dus nie aan basiese wetlike vereistes voldoen nie.

Elke geregistreerde maatskappy moet aan sekere vereistes voldoen om aktief te bly en in Suid-Afrika handel te kan dryf. Dit sluit in die indiening van ʼn jaarlikse opgawe, kennisgewing indien daar veranderings aan maatskappy-, direkteur-, lede- en beampteinligting is, die byhou van ʼn register van aandeelhouers en die samestelling van verskeie maatskappyverslae. Versuim om dít te doen, kan lei tot boetes en deregistrasie. Trouens, die CIPC het onlangs meer as 640 000 maatskappye gederegistreer omdat hulle versuim het om hul jaarlikse opgawes in te dien.

Die CIPC het ook onlangs aangekondig dat maatskappye inligting oor hul voordelige eienaarskap (beneficial ownership) teen 1 Oktober 2023 moet indien, wat bykomende hooi op dié ingewikkelde administratiewe vurk laai.

“Maatskappye kan hul verpligtinge nakom deur die CIPC se webwerf te gebruik, maar hulle gebruik dikwels maatskappy-sekretariële dienste wat deur professionele persone verskaf word. Hierdie dienste is duur en kan tot die lae vlak van voldoening bydra, sê Joshua Alexandre, stigter en uitvoerende hoof van InfoDocs.

InfoDocs het dié gaping raakgesien en help maatskappye om CIPC-voldoening te verkry vir so min soos R199.

“Baie privaat maatskappye word afgesit deur die administratiewe las en hoë koste om aan die CIPC se vereistes te voldoen. Ons het gevolglik sagteware ontwikkel om maatskappy-sekretariële dienste vir direkteure en aandeelhouers te vereenvoudig. Selfs professionele mense gebruik ons stelsel om data direk vanaf die CIPC in te voer, professionele template saam te stel en maatskappy-inligting veilig aanlyn te stoor.”

Nuwe eienaarskapwetgewing

Suid-Afrika het onlangs nuwe wetgewing ingestel wat met eienaarskap verband hou. Die Maatskappywet vereis reeds ʼn register van diegene wat 5% of meer van ʼn maatskappy besit of beheer, maar die feit dat Suid-Afrika deur die Financial Action Task Force (FATF) op die gryslys geplaas het, het nakoming in ʼn feller kollig geplaas. Om deursigtige eienaarskap en beheerstrukture van regsentiteite te verseker, het maatskappye tot 1 Oktober 2023 om hierdie inligting by die CIPC in te dien wat ʼn sentrale databasis hou.

“Maatskappye kan hul aandeleregister en sekere ander veranderings gratis vaslê deur van InfoDocs gebruik te maak. Ons hef nominale indieningsfooie na gelang van die transaksie. As die risiko van boetes, regskoste en direkteursaanspreeklikheid hierteen opgeweeg word, is die keuse eintlik eenvoudig,” sê Alexandre.

“InfoDocs werk nou saam met die CIPC, aangesien ons sagteware die CIPC help om sy mandaat na te kom. Meer as 30 000 maatskappye gebruik InfoDocs tans om hul jaarlikse opgawes in te dien, statutêre registers op datum te hou en dokumente deur hoë gehalte template in te dien. Die sagteware stuur waarskuwings en kennisgewings van indieningsperdatums en maatskappye kan vanaf die beheerbladsy (dashboard) opgawes indien en veilige betalings direk aan die CIPC maak.”

InfoDocs, wat in 2017 in Port Alfred gestig is, hoop om sy dienste teen 2025 aan 100 000 maatskappye te bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Harley Davidson ·

Bravo,dit het tyd geword om n streep in die sand te trek .

Goldy ·

Hoe kan hulle want die krag is so min aan dat wanneer dit die slag aan is moet hulle aan kern inkomstegenererende aktiviteite aandag gee net om oop te probeer bly.

Goldy ·

Besighede word gedwing om mense wat nie verstaan van opgawes indien aan te stel, dis die natuurlike gevolge.

Gert ·

Het jy al gehoor van n Tax Revolt? Wanneer die een party nie sy deel van die wet nakom vir die korrekte besteding van belasting geld nie.

Andrew ·

Lekker verniet bemarking.
Info Docs is nie rekenmeesters nie eintlik net “data captures & cloud filling cabinets” en gaan n onderneming in elk geval n ouditeer moet betaal om sy opgawes af te teken, dis die wet. n Ouditeur vestaan ook CIPC vereistes en die sagteware so dien dit ook sommer direk in as deel vansy kostes.
n Bietjie misleidend, die kostes om opgawes in te dien lê by die ouditeur, en nie by die stoor of rangskik van dokumente nie, so is heel moontlik n groter rede vir 71% van ondernemings wat nie opgawes indien nie.
Ek is maar skrikkerig vir n rekenemeester assisstent program, ontwerp deur iemand wat nie skool klaar gemaak het nie of enige formele opleiging ontvang het in maatkappy wet nie.
Sou graag wou weet die % kliente wat hernu na die eerste jaar.

Pierre ·

Stem nie100% saam nie, rekenmeesters kan dit wel insluit as deel van hulle dienste, maar jy benodig geensins n rekenmeester om administratiewe sake te behartig nie, jy benodig ook nie in alle gevalle ouditeure om finansiele state af te teken nie en is deeglik gedefinieerd in die Companies Act

Gert ·

So in kort 72% befonds nie die staat wat die belasting betaler onderdruk en sy geld strooi nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.