Uitdagerbanke in die vinnige baan

bankkaart-banke-transaksie

Foto: Rawpixel/Unsplash.com

Die vermoë waaroor uitdagerbanke in Afrika beskik om groot spronge deur tegnologie te gee, ongeraak deur stelsels wat aan hul nagelaat is, gaan ʼn bankrevolusie oor die hele kontinent veroorsaak wat tradisionele banke gaan laat met ʼn minder vergewensgesinde toekoms as wat hulle dink.

Vir baie jare wou dit voorkom asof gevestigde banke nooit van hul troonposisies verwyder sal kan word nie. Hulle was eenvoudig net te standvastig en die koste daaraan verbonde om hul aan te vat, buitensporig hoog. Ons sien egter ’n skeur wat besig is om sy verskyning te maak onder banke in Afrika: klein spesialis uitdagerbanke is besig is om hul groter teenstaanders vooruit te gaan en produseer in die proses beter opbrengste soos wat hulle die onderbediende markte teiken, verduidelik Andries Brink, direkteur van die onafhanklike sakeorganisasie Sakeliga.

“Banke beskou ander banke al hoe meer as hul grootste bedreigings – eerder as mededingers buite die bankindustrie – en dit is juis die nuwe uitdagerbanke wat op hierdie stadium as hoofkompetisie geag word. Daar is ook ʼn groeiende aanvaarding dat maatskappye wat nuwe finansiële tegnologie verskaf, banke kan help om kompeterende druk te verlig. Nietemin word tradisionele banke deur uitdagings in die oë gestaar deur saam met hierdie maatskappye te werk, aangesien hul huidige interne bestuursproses ʼn groot hindernis vir suksesvolle samewerking blyk te wees,” sê Brink.

Volgens Brink sal faktore soos goedkoper tegnologie, ’n afname in die teenwoordigheid van internasionale banke, asook ʼn populasie wat beter finansiële dienste vereis, aanleiding gee tot ’n styging in die aantal Afrika-gebaseerde uitdagerbanke wat uiteindelik sal oorneem by die kontinent se meer tradisionele banke en oorsese mededingers.

“Wat baie nog nie besef nie, is dat daar ʼn geweldige geleentheid vir uitdagerbanke in Afrika opgeduik het wat ʼn dramatiese verandering in die gevestigde orde kan veroorsaak. Vir baie streke was die  finansiële krisis van 2009 ʼn vloek wat strenger regulasie binne die finansiële industrie tot gevolg gehad het. Een van die nagevolge was dat internasionale banke se sleutelbates weer onder die loep geneem is. As gevolg van regulasie, is hierdie banke geforseer om te heroorweeg hoe hulle hul kapitaal moet allokeer binne hul globale bankbedrywighede.

“Weens hierdie reallokasie van kapitaal, moes verskeie dienste verwyder word uit daardie markte wat nie noodwendig as kern beskou is nie, insluitend Afrika. Hierdie aksie het die vakuum vergroot binne ʼn (reeds) onblootgestelde en onderbediende banksektor in Afrika. Volgens die Global Finder Database het soveel as 66% van inwoners in Afrika suid van die Sahara in 2014 nog nie eens ʼn bankrekening gehad nie,” sê Brink.

Hy verduidelik dat klein nasionale markte waarbinne minimale finansiële kennis ontbreek, tesame met swak regstelsels en lae inkomstevlakke bygedra het tot hierdie situasie. Intussen wink daar ʼn snelgroeiende jong populasie met ʼn natuurlike aanleg vir tegnologie vir ʼn baie groot onontginde mark.

“Tradisionele banke beskik nie oor die vlugtigheid wat nodig is om daardie geleentheid aan te pak nie. Laasgenoemde kos hulle dikwels baie, soos ons gesien het met Barclay se uittrede uit die streek en bankgroep. Maar uitdagerbanke het wel ʼn kans om hier uit te blink.

“Uitdagerbanke kan baie flinker wees. Hulle kan fokus op spesifieke dienste wat hul regulatoriese las verlig. Verder is hierdie banke ook baie meer buigsaam wat maak dat hulle saam met klein, tog aktiewe markte, kan beweeg. Waar groot internasionale banke soms te groot is om binne verskeie diverse markte te floreer, het plaaslike uitdagerbanke die houding, ’n voetsoolvlak-uitkyk en die vermoë om vinnig te beweeg.”

Brink sê die tegnologie wat nodig is om ʼn bank te bestuur, voorheen baie duur was, maar dat dit nou nie meer die geval is nie.

“Tesame met 2009 se vernouende regulasies, het billiker tegnologie begin om in die guns van uitdagers te tel. Stelsels wat voorheen miljoene gekos het, kan nou aangeskaf word teen ’n fraksie van die prys.

“Aangesien uitdagerbanke nie die enorme nalatenskap van gevestigde banke hoef te dra nie, kan hulle met gemak hul mededingers voorspring sonder die beperkende tegniese skuld. Mobiele stelsels, toegang tot akkurate Ken Jou Kliënt se Vermoëns-verslae en ander geleenthede wag om verken te word. Uitdagerbanke word geken deur hul vermoë om intens te fokus op die kliënt se finansiële reistog. Hul toegang tot tegnologie stimuleer hierdie voordeel.

“Uitdagerbanke is beslis nie net ʼn tendens of ʼn glips nie. Baie daarvan lok noemenswaardige beleggings wat gemotiveer word deur hul vlugvoetige geaardheid weens ʼn tekort aan tegnologiese nalatenskap. Laasgenoemde moenie onderskat word nie: tegnologie is waarskynlik enige finansiële instelling se grootste uitgawe – selfs meer as werknemerskoste – weens die regulatoriese kompleksiteit wat bestuur moet word. Enige geleentheid om op daardie koste te sny, word dus beskou as ʼn groot voordeel.

En ampsdraers weet dit al te goed. Volgens die 2018 Temenos-opname het groter banke die uitdagerbanke gelys as hul topkompeterende bedreiging – selfs bo ander ampsdraers en nuwe finansiële tegnologie (Fintech)-maatskappye.

Brink sê Afrika beskik beslis oor die nodige tegnologie en ondervinding wat nodig is vir uitdagerbanke om ʼn sprong vorentoe te maak.

“Ons het goeie oplossings en het saamgespan met van die wêreld se voorste Fintechs ten einde die beskikbare oplossings vir ons kliënte in Afrika aan te pas. Wolkdata en ekosisteme van die plaaslike finansiële mark stel ons in staat om die spoed van verandering aansienlik te verhoog teen enorme besparings vir ons kliënte.”

Volgens Brink is die groot banke besig om hul energie elders te fokus terwyl daar ʼn hele kontinent met ʼn florerende populasie, baie kliënte wat nie bank nie, asook ondergebankte maatskappye bestaan wat aandag verg.

“Dit is ʼn groot geleentheid, ʼn plek waar klein banke voortou kan neem en kliënte kan werf. Die speletjie het verander. Die tegnologie is toeganklik en groei nou vinniger as ooit. Daar is dikwels sprake van hoe finansiële dienste onderbreek word deur nuwe idees. Hierdie is een van die grotes. Deur net hul ritme te vind, sal uitdagerbanke groei in ons streek daarstel en verseker bloot deur handel en vertroue aan te dryf,” sê Brink.

  • Hierdie artikel word met die vergunning van Sakeliga geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Gemaskerde Sopbeen ·

Net so. Sedert Capitec hulle toekenning gekry het, bel my bank my amper daagliks om te hoor wat hulle NOG vir my kan doen………..maar hulle kan nie. Die dilemma is dat miljoene mense nou van die “Groot Vier” af stroom na Capitec toe………en dan word hy “Groot No 5″…..met swak diens, kannie-omgee houding, the system says NO…..en arrogante personeel.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.