Clicks en Engen vat hande in lojaliteitsprogram

Argieffoto.

Motoriste wat lang trane wou huil oor die nuus dat hulle nie meer Clicks-klubkaartpunte by Shell-vulstasies sou verdien nie, kan maar die snesies wegbêre. Dié gesondheidskleinhandelaar het nou flikkers vir ʼn nuwe petrolreus gegooi en vanaf vandeesmaand kan ʼn mens punte by Engen-vulstasies insamel.

Die verhouding tussen Shell en Clicks is laat November tot ʼn einde gebring, met albei partye wat nie ʼn woord oor die skipbreuk gerep het nie. Clicks het egter op navrae van verbruikers op sosiale media gesê dat hy sy vennootskappe gereeld hersien.

Baie sosialemediagebruikers het hul misnoeë oor die “egbreuk” op Twitter uitgespreek en gekla oor hoe dié besluit hul sakke sou raak. Die ongelukkigheid was egter van korte duur.

Engen sal voortaan die eksklusiewe vennoot vir Clicks wees en dus sal verbruikers weer, soos met die Shell/Clicks-vennootskap, een klubkaartpunt verdien vir elke liter Primax of 50 ppm-dieselbrandstof waarmee hulle die brandstoftenk laat vul.

Om jammer te sê vir die hartseer wat verbruikers vir een week ervaar het sedert die be van die Shell-vennootskap, het Clicks en Engen aangekondig dat verbruikers vanaf 1 Desember vanjaar tot 31 Januarie 2020 dubbelpunte sal verdien. Verbruikers sal dus twee punte ontvang vir elke een liter brandstof.

“Dit is ʼn wen-wen-vennootskap omdat Engen een van die grootste vulstasie-voetspore in Suid-Afrika het, en omdat Clicks die beste lojaliteitsprogram in die land bied,” sê Seelan Naidoo, Engen se algemene bestuurder vir kleinhandel.

Engen het tans meer as 1 000 stasies oor die land, asook lojaliteitsprogramooreenkomste met FNB se eBucks-program en Edgars se Thank U-kaart. “Ons bied dus drie van die land se beste lojaliteitsprogramme onder een dak,” sê Naidoo.

Rachel Wrigglesworth, Clicks se hoof- kommersiële bestuurder, sê die onderneming is opgewonde oor die vennootskap en die voordele wat dit vir hul klante sal bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lojaliteitsprogramme ·

eBucks en Clicks by Engen (Kan mens die kaarte saam aanbied?)
Ucount by Caltex
Waar baat mens die meeste?

Marna ·

Ek verstaan by BP is ook een of ander program. Ook glo ek jy kan albei kaarte saam aanbied, want ek gee gewoonlik my eBucks kaart en dan vra hul steeds vir die Edgars kaart (wat ek nie het nie). Shell het Woensdae 2x punte gegee, gaan Engen dit ook doen as Des / Jan promosie verby is?

FNB kaarthouer ·

Nie nodig om eBucks kaart ook vir Engen te gee nie. Ek gee net my FNB kredietkaart (eBucks ingesluit) vir betalings.

SoosDitIs ·

Ek verkies Engen nog al die jare. Ebucks is vir my n lekker ding waarmee ek elektrisiteit en data kan koop. Kersgeskenke op takealot ook (as die ebucks genoeg is)

BP het PNP Smart Shopper – wat ook lekker is om te verdien aangesien jy dit nou weer kan gebruik vir groceries.

Dit hang maar af van persoon tot persoon wie wat verkies.

Louisa ·

Hi Shell het dalk Clicks verloor maar huile het nuwe punte kaarte wat jy lekker kan skor hulle noem dit V+ en jy kry 30c n liter terug wat jy dadelik op jou kaart kan sien en dit kan dit by enige Shell swipe en gebruik

Louisa ·

Hi Shell het dalk Clicks kaart verloor maar hulle het nou hul eie V+ kaart wat jy by enige Shell kan swipe en jy kan jou punte dadelik sien en jy kry 30c n liter terug

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.