Geniet ʼn rentekoers van tot 10,50% per jaar by Absa

Argieffoto (Foto: Nattanan Kanchanaprat/Pixabay)

Absa het ʼn Dinamiese Vaste Deposito-rekening bekendgestel wat uitstekende rente op jou spaargeld bied en kliënte die buigsaamheid gee om toegang tot minstens 50% van hul fondse gedurende die beleggingstermyn te bekom.

Met Absa se Dinamiese Vaste Deposito verdien jy ʼn effektiewe rentekoers van tot 10,50% per jaar wanneer jy ʼn bedrag van minstens R1 000 vir 12 maande belê.

Kliënte kan ook vir ʼn bykomende rentekoers kwalifiseer as hulle Absa Rewards-lede is. Jy het ook toegang tot tussen 0% en 50% van jou belegging sonder om ʼn boetefooi te betaal.

“Rentekoersverhogings die afgelope jaar was ʼn welkome verligting vir mense wat spaar en belê, en vir diegene wat op rente-inkomste staatmaak om vir hulself en geliefdes te sorg,” sê Thami Cele, hoof van Spaarrekenings en Beleggings by Absa Alledaagse Bankdienste. “By Absa neem ons dit ʼn stap verder en bied ʼn aansienlik hoër rentekoers op die Absa Dinamiese Vaste Deposito-rekening – ʼn rentekoers wat huidige inflasie ook beduidend klop, gemeet aan verbruikers se reële opbrengs. Dit is een van daardie geleenthede wat Suid-Afrikaners nie wil misloop nie.”

Indien jy van hierdie aanbod gebruik wil maak, open die rekening en kyk hoe jy in net 12 maande meer rente verdien.

Uitstekende tariewe en buigsaamheid

ʼn Effektiewe rentekoers van 10,50% per jaar vir ʼn 12-maande Absa Dinamiese Vaste Deposito is ʼn ongelooflike aanbod in die Suid-Afrikaanse mark.

Daarbenewens het jy met tradisionele vastedepositorekenings nie toegang tot enige van jou fondse sonder om ʼn boetefooi te betaal nie. Met Absa se Dinamiese Vaste Deposito kan jy kies om tot 50% van jou belegging te onttrek sonder dat jy daarvoor beboet word.

Dit is dus duidelik dat die Absa Dinamiese Vaste Deposito-rekening ʼn uiters aantreklike beleggingsopsie is.

Só werk dit

Vind meer uit oor die 12-maande Absa Dinamiese Vaste Deposito of hoe om een vanaf so min as R1 000 te open, op enige van die volgende platforms:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.