Beste effektetrusts in die land: Publieke- vs. privaat-ekwiteite

Thys van Zyl, hoof van produkontwikkeling by Everest Wealth (Foto verskaf)

Deur Thys van Zyl – hoof van produkontwikkeling by Everest Wealth

Die Raging Bull-toekenningsgeleentheid gee jaarliks erkenning aan die toppresterende effektetrusts en fondsbestuurders in die land.

Die toekennings word deur Personal Finance, ʼn merkwaardige finansiële publikasie in Suid-Afrika, aangebied. Die toekennings is gegrond op prestasie oor ʼn driejaartydperk, met wenners wat in verskeie kategorieë soos aandele-, vaste inkomste- en multibate-fondse aangewys word. Die toekenningseremonie word elke jaar deur die voorste fondsbestuurders, finansiële adviseurs en industrieleiers bygewoon. Raging Bull word as een van die mees gesogte toekennings in die Suid-Afrikaanse beleggingbedryf gesien en die wen van so ʼn toekenning is ʼn indrukwekkende prestasie vir fondsbestuurders en beleggingsfirmas.

Toekennings en sertifikate

Die toppresterende fondse oor ʼn driejaartermyn:

  1. Beste algemene aandelefonds: Investec BCI Dynamic Equity Fund (33,30% per jaar)
  2. Beste Suid-Afrikaans-opgerigte internasionale algemene aandelefonds: PSG Global Equity Feeder Fund (20,04% per jaar)
  3. Beste buitelands-opgerigte internasionale aandelefonds: Anchor Global Equity Fund (15,80% per jaar)

Sertifikate word uitgereik as erkenning vir prestasie aan alle genomineerde fondse in die verskeie sektore waarin daar belê word.

  1. Best hulpbron-effektetrustfonds: Coronation Resource Fund (36,10%)
  2. Beste multibate-medium-aandelefonds: Nedgroup Investment Opportuinty Fund (12,60%)
  3. Beste multibate-hoë-aandelefonds: Aylett Balanced Prescien Fund (16,40%)
  4. Beste Suid-Afrikaans-opgerigte internasionale buigsame multi-bateklasfonds: Global Flexible Feeder Fund (19,42%)
  5. Beste Suid-Afrikaans-opgerigte wêreldwye buigsame multi-bateklasfonds: Blue Quadrant Worldwide Flexible Prescient Fund (51,72%)

(Bron: www.ragingbullawards.co.za)

Ons by Everest Wealth het dit goedgedink om navorsing te gaan doen oor die top 40 bes presterende fondse wat by vanjaar se Raging Bull-toekennings genomineer is. Die fondse strek oor alle sektore, asook plaaslik en internasionaal. Hieronder word Raging Bull se top 40 bes presterende fondse se gemiddelde jaarlikse opbrengste oor die afgelope een-, drie- en vyf jaar opgesom.

Gemiddelde opbrengste oor die onderstaande tydperke:

 

1 Jaar3 Jaar5 Jaar
Raging Bull-kandidate14,09%16,00%11,78%

Publieke- teenoor privaat-ekwiteite

Publieke- en privaat-ekwiteite het een baie groot gemeenskaplike kenmerk – ekwiteit!

Die groot verskille tussen hierdie twee sektore kan opgesom word deur finansiering en dan natuurlik ook finansiële state. Publieke ekwiteite het die gemak van toegang tot finansiering van die publiek deur middel van ʼn aandelebeurs, waar privaat maatskappye algemeen gekenmerk word deur groot enkelbedrae deur privaat beleggers. Nog ʼn groot verskil tussen die publieke en privaat sektore is die feit dat publieke maatskappye hul finansiële state op ʼn jaarlikse basis aan die publiek moet voorsien om op aandelebeurse gelys te bly. Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) dring wel daarop aan om sowel die publieke sektor as die privaat sektor te reguleer.

Publieke maatskappye is baie afhanklik van die makro-ekonomiese toestande as gevolg van die direkte effek op die aandeelprys van die maatskappy. Dit veroorsaak soms dat aandeelpryse nie ʼn ware weerspieëling van die interne finansiële posisie is nie en benadeel dit die maatskappy se aandeelprys buite hul beheer. In privaat-ekwiteite word die waarde van die maatskappy baie meer intern bepaal en het die maatskappy dus meer beheer oor sy waarde.

Rente teenoor dividende

ʼn Rentekomponent is die koste om geld te leen of die vergoeding vir die leen van geld. Dit word uitgedruk as ʼn persentasie van die bedrag wat geleen word of geleen is en word tipies oor ʼn sekere tydperk bereken. Die rentekoers word deur verskeie faktore bepaal, soos die entiteit se kredietwaardigheid, die huidige marktoestande en die tydperk van die lening. Rente-inkomste word tipies ook belas teen ʼn individu se persoonlike marginale belastingskerf.

Dividende is ʼn manier vir maatskappye om ʼn gedeelte van hul wins met hulle aandeelhouers te deel. Dividende kan op verskeie maniere uitbetaal word in die vorm van kontant, aandele en of eiendom soos byvoorbeeld ʼn rekenaar. Maatskappye kan kies om dividende gereeld uit te betaal, soos op ʼn kwartaallikse basis, of as ʼn eenmalige betaling. Die besluit om dividende te betaal rus op die skouers van die maatskappy se direksie, wat verskeie faktore in ag neem soos die maatskappy se finansiële prestasie, kontantvloei en toekomstige groeivooruitsigte. Dividende kan ʼn belangrike bron van inkomste vir beleggers wees, veral individue wat staatmaak op ʼn konstante inkomstestroom vanaf hul beleggings. Dividende word belas teen 20% vir individue en trustentiteite, waar dividende tussen ondernemings teen 0% belas word.

Die onderskatte geleentheid rakende privaat-ekwiteite

Privaat-ekwiteite is ʼn beleggingsektor wat sterk aan die groei is in Suid-Afrika en oneindige geleenthede vir die algemene belegger bied. Privaat-ekwiteite eien die kenmerk van konstantheid wat uitsonderlik belangrik is vir die langtermyngroei van kapitaal, asook inkomste afhanklike-beleggers wat nie onnodig in hul kapitaal wil delf nie. Privaat-ekwiteite, eenvoudig gestel, behels ʼn belegging aan ʼn privaat maatskappy, in ruil vir ʼn sekuriteit wat die entiteit dan bied, byvoorbeeld voorkeuraandele, normale aandele, ʼn skuldbrief, ensovoorts. Die belegger se aandeel groei dan in lyn met die maatskappy en verdien dan ʼn opbrengs in lyn met die winsgewendheid van die totaliteit van die maatskappy.

  • Indien jy meer wil uitvind oor hoe om jou geld te belê in privaat-ekwiteite, stuur gerus die woord “PRIVAAT” na 45906 of besoek ons webtuiste by www.everestwealth.co.za. SMS’e kos R2,00. Bepalings en voorwaardes geld. Everest Wealth is ʼn geregistreerde finansiële dienste verskaffer (FSP 795 CAT I & II & IIA).

Bron: www.ragingbullawards.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.