Hoe belangrik is jou kinders vir jou?

Argieffoto (Foto: Shannon Lawford / Pixabay)

Deur Coert Coetzee, uitvoerende hoof van Wealth Masters Club

Indien jy ʼn kliënt is van ʼn gemagtigde finansiëlediensverskaffer, is die vraag hoe belangrik jou kinders vir jou is, noodsaaklik om te vra.

Dit sal jou aan sommige besluite laat twyfel – en dit is ʼn goeie ding. As ouers doen ons alles vir ons kinders se toekoms. Sou jy nie wil weet of daar iets is wat jy nou kan doen om seker te maak dat hul finansiële toekoms veilig is nie?

Laat ons eerlik wees, dis moeilik om aan die dood te dink. Om aan die gemors te dink wat ons agter kan laat as ons heengaan, veral as ons minderjarige kinders agterlaat, is selfs nóg moeiliker. Ons sal immers nie hier wees om dit te hanteer. Maar wie sal? In die geval van weeskinders is dit ongelukkig die staat.

En glo my, as die staat jou boedel “bestuur”, gee hulle regtig nie veel om vir jou kinders nie. Ek twyfel nie aan jou liefde vir jou kinders nie. Ek het egter gesien hoe die staat oorledenes se boedels hanteer ná ʼn ouer se dood, en ek voel verplig om te deel wat in so ʼn hartseer situasie gebeur. Ek sal jou ook vertel hoe om onnodige staatbemoeienis in jou kinders se finansies te voorkom.

Stel jou voor jy het minderjarige kinders en jy het advies van ʼn finansiëlediensverskaffer ingewin. Hier is wat gebeur as jy en jou gade saam heengaan:

  1. Jou boedel word bevries.
  2. Jou bankrekeninge word bevries.
  3. Die staat se Voogdyskapsfonds neem voogdyskap van jou minderjarige kinders.
  4. Intussen handel die eksekuteur van jou boedel (waarskynlik die finansiëlediensverskaffer) jou boedel af.
  5. Die eksekuteur verkoop jou bates op ʼn veiling, met ʼn verlies van meer as 50% van die waarde daarvan.
  6. Die eksekuteur verdeel die klein veilingopbrengs tussen homself, SAID en jou skuldeisers.
  7. As daar iets oorbly nadat die skuldeisers betaal is (onwaarskynlik), gaan dit na die Voogdyskapsfonds waar staatsamptenare dalk hulself kan help.
  8. As jou kinders nie uiteindelik in ʼn kinderhuis beland nie, word hul lewens ontwrig weens ʼn gebrek aan fondse vir basiese behoeftes soos kos, klere, en skool. In die beste geval kan ander familielede die absolute minimum voorsien.

Het jy geweet dit gebeur alles ongeag of jy ʼn testament het?

Om ouers te verloor is baie moeilik – finansies behoort nie ʼn ekstra bekommernis te wees nie. Daarom moet jy nou optree. Ons kan nie die toekoms voorspel nie. Jou kinders het reeds ouers verloor – laat ons seker maak dat hulle ten minste die lewe kan voortsit waarvoor ons hard gewerk het om vir hulle te voorsien.

Moenie die regering blameer nie. Blameer die finansiëlediensverskaffer, versekeringsbedryf en jouself as jy nie optree om dit te voorkom nie. Die versekeringsbedryf kan net so slinks wees as die regering, en baie mense val vir hul praatjies. Moenie ʼn volgeling wees nie.

Die enigste manier om dit te stop, is deur gesonde verstand en die Wealth Mastery-stelsel, omdat slegs ʼn lewendige TTS Trust vir die oorlewendes kan sorg.

Vir meer inligting, besoek https://wealthmastersclub.com/webinars vir gratis aanlyn opleiding waar ons jou sal wys wat die enigste manier is om behoorlik vir jou kinders se toekoms te sorg en om te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.