Is jou beleggings se ligte aan?

Thys van Zyl, hoof van produkontwikkeling by Everest Wealth (Foto verskaf)

Deur Thys van Zyl – produkontwikkelingshoof by Everest Wealth

Die instelling van die hoogste vlak van beurtkrag nóg het die afgelope paar weke allerhande implikasies vir die land ingehou. Mense se gemoedere is laag, die JSE daal, die dollar styg en besighede se werksure is beïnvloed. Met ander woorde, die ekonomie het groot skade gely.

Landsburgers hou dalk angstig hul beleggings dop, want in sulke moeilike ekonomiese tye kan mens nie bekostig om ʼn voet verkeerd te sit nie. Hoe gemaak om seker te wees dat jou beleggings se ligte nie dalk ook uitgedoof word nie?

Die goeie nuus is dat nie alle beleggings swaar kry nie. Die sleutelwoord tot sukses is diversifisering. Goed gediversifiseerde portefeuljes trek voordeel uit die mark omdat daar inderwaarheid ʼn geleentheidsmark onstaan. Hoe wyer jou portefeulje gediversifiseer is, hoe beter. Ongelukkig is die teenoorgestelde ook waar: om nie te diversifiseer nie laat die donkerte ongelukkig op jou toesak.

Die donkerte wat beurtkrag veroorsaak, het uiteraard ʼn fisiese gevolg. Maar moet ook nie die psigiese gevolg daarvan onderskat nie. Wanneer ʼn basiese diens soos die verskaffing van elektrisiteit in gedrang geplaas word, skep dit groot onsekerheid by mense. Die instelling van beurtkrag is egter nie ʼn geïsoleerde onlangse voorval wat onsekerheid skep nie.

Ander voorbeelde soos president Cyril Ramaphosa se wild- en plaasondersoeke lei tot allerlei spekulasie. Eskom se voorstel vir ʼn interne kompeterende regeringsbestuurde-kragvoorsiener laat mense angstig voel oor wat presies aan die gebeur is. Die voorstel om Suid-Afrika tot ʼn grysstatus-land teen die laatste in April 2023 te verklaar, soos aanbeveel deur die FATF (Rating Financial Action Task Force), laat wenkbroue lig. Suid-Afrika het veral kritiek gekry omdat daar die afgelope jare geen geldwassery-kontrole in beleggings plaasgevind nie. Enige nuwe beleggingstransaksies in Suid-Afrika, met die nuwe grysstatus-merker, sal as hoë risiko beskou word wat weer daartoe lei dat minder beleggings in Suid-Afrika plaasvind. Die Suid-Afrikaanse BPP sal ook skade ly as gevolg hiervan.

Onsekerheid, vrees en spekulasie kan maklik daartoe lei dat mens halsoorkop besluite neem. Is dit beter om eerder al jou beleggings te onttrek of te skuif? Die kort antwoord: nee.

Diversifisering is ʼn woord wat gereeld voorkom in praatjies oor beleggings. Wat presies behels dit? Die gesegde dat jy nie al jou eiers onder een hen moet sit nie, is hier van toepassing.

Nie alle diversifisering is voordelig nie. Een voorbeeld van “verkeerde” diversifisering sal wees as jy in klomp verskillende vervoermaatskappye belê. Ongelukkig is jy dan uitgelewer aan die veranderende olieprys. Enige veranderings in die olieprys sal al jou beleggings beïnvloed, ongeag die maatskappy.

ʼn Oplossing om “reg” te diversifiseer lê dalk daarin om alternatiewe beleggingskanale te ondersoek. Morgan Stanley se webtuiste gee riglyne oor hoe om ʼn gebalanseerde beleggingsportefeulje te skep. Maniere om dit te doen, is om minder in effekte te belê en meer te fokus op eiendom, en selfs in groenkrag te belê.

Sulke alternatiewe beleggings sal op die lange duur meer voordelig vir jou beleggingsportefeulje wees. Uiteindelik laat dit minder ruimte toe vir impulsiewe en emosionele besluite omdat dit jou kapitaal veilig hou en daarvoor sorg dat jou langtermyndoelwitte vir belegging nagekom word.

Hier is vinnige wenke wat jou kan help om jou beleggingsportefeulje te diversifiseer:

  • Maak seker dat jy ʼn goeie finansiële raadgewer het (iemand wat jou behoefte verstaan om te diversifiseer)
  • Maak seker jy hou jou beleggings self dop (maar moenie oorhaastige besluite neem nie)
  • Maak seker jy kry gereeld ʼn tweede opinie
  • Maak seker dat jy jou beleggings vasmaak teen ʼn volhoubare koers, veral omdat inflasie op die oomblik ʼn nuwe hoogtepunt bereik het
  • Maak seker dat jy nie net in een of twee bateklasse belê nie en dat jy ʼn verskeidenheid fondse koop.

Moenie toelaat dat jy onverhoeds betrap word en jou beleggingsportefeulje ewe skielik die effekte van onsekerheid en vrees voel nie. Wees voorbereid om enige moeilike omstandighede te bowe kom terwyl jou ligte brand!

Everest Wealth kan jou bystaan om die regte keuses te maak.
Kontak Thys per e-pos by [email protected]
Of besoek die webwerf https://everestwealth.co.za/

(Grafika verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.