Jy kan inflasie hokslaan met ʼn Koopkrag-kaart

(Foto verskaf)

Volgens AJ Jacobs, ekonoom en voorsitter van die Koopkrag-direksie, het inflasie oor die jare ‘n wesenlike invloed op die verbuiker se koopkrag gehad. So byvoorbeeld is 1960 se R100 vandag net R0,73 werd. Anders gestel, om ‘n R100-mandjie van goedere en dienste van 1960 vandag te kan koop, benodig jy ongeveer R11 900.

Vir lede van Koopkrag is daar egter versagtende omstandighede, aangesien die bonus wat hulle deur aankope via Koopkrag verdien, prysstygings deels neutraliseer. Die koste verbonde daaraan om aankope deur Koopkrag te doen, is ook aansienlik laer as wat die mark kan bied.

Hoekom Koopkrag?

Koopkrag bederf jou deur net te doen wat jy gewoonlik doen. Gebruik jou Koopkrag-kaart by enige van meer as 10 000 winkels landwyd en ontvang elke feesseisoen geld terug in jou sak.

Jip, jy het reg gelees – geld, nie punte nie. Jy kan wel jou lojaliteitskaarte van die winkels wat ons kaart aanvaar, saam met jou Koopkrag-kaart gebruik. 

Koopkrag se dienste sluit in 

  • ʼn Begrotingsfasiliteit waar jy tussen drie en 24 maande het om te betaal en boonop ʼn kontantbonus daarop verdien.
  • Motorfinansiering en persoonlike lenings met flinke diens en kompeterende rentekoerse.
  • Korttermynversekering (motor- en huisinhoudversekering) waarop jy ʼn jaarlikse kontantbonus kan verdien. Koopkrag bied tans korttermynversekeringsprodukte van Santam, Momentum en Discovery aan sy kliënte.
  • Groeplewensversekering vir die gemoedsrus dat jou Koopkrag-rekening gedeeltelik of ten volle vereffen sal word wanneer jy te sterwe kom*.
  • Groepbegrafnisversekering met dekking van tussen R4 000 en R30 000 per gesinslid*. Ons bied ook ʼn produk vir persone ouer as 60 jaar*. Met premies vanaf R16.93 vir ʼn gesin.

*Bepalings en voorwaardes geld.

Die rand en sent daarvan

  • Geen aansluitingsfooie nie.
  • Slegs R1,05 per kaarttransaksie.
  • Rekeningadministrasiefooi van R3,50 per maand.
  • Slegs R60 per kaart elke twee jaar.
  • Geen heffing op aankope nie (met die uitsondering van ʼn 1,75%-heffing op brandstofaankope).

Let asseblief daarop

  • Brandstofaankope kwalifiseer ook vir ʼn kontantbonus van 0,5%.
  • Korttermyn-, lewens- en begrafnisversekering is nie verpligtend vir lidmaatskap nie.
  • Indien jy slegs in van Koopkrag se versekeringsprodukte belangstel, is jy onder geen verpligting om ook ʼn aankoopkaart te neem nie.

Kwalifiseer jy?

Om te kwalifiseer vir ʼn Koopkrag- kaart benodig jy:

  • ʼn Netto maandelikse inkomste van R5 000 of meer.
  • ʼn Goeie kredietrekord.

Gebruik jou Koopkrag-kaart by meer as 10 000 voorkeurwinkels. ʼn Volledige lys van verskaffers is op die webblad beskikbaar. 

Doen vandag nog aansoek

Skakel 012 3485452 of stuur ʼn e-pos na [email protected]

Besoek die webblad www.koopkrag.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.