Kies die regte eksekuteur vir jou boedel en testament

Kry sekerheid oor jou boedelbeplanning en nalatenskap deur Eksekuteurs vir Boedels en Testamente te vertrou met hierdie belangrike taak, alles in jou taal.

“’n Eksekuteur bestuur jou boedel en sorg dat jou wense uitgevoer word,” verduidelik Dawid Botha, direkteur van Eksekuteurs vir Boedels en Testamente. “Dit is ʼn baie belangrike taak wat jy in die hande van iemand anders laat. Jy moet iemand kies wat betroubaar, verantwoordelik en oor die nodige vaardighede beskik om hierdie rol te hanteer.”

Die eerste ding om in ag te neem is dat die opstel van ʼn testament en die administrasie van ʼn boedel, buiten dat dit ʼn ongelooflike belangrike taak is, ook baie ingewikkeld kan wees. Capital Legacy, die grootste van sy soort in die boedelbedryf, in samewerking met Eksekuteurs vir Boedels en Testamente, bied hierdie dienste en bykomstige produkte nou in Afrikaans aan.

Die tweede ding om in ag te neem is al die fooie wat betaalbaar is met afsterwe. Meeste mense is nie bewus dat die afhandeling van ʼn boedel ʼn duursame proses kan wees nie. Dink maar aan lewenskoste terwyl die bankrekening gevries word en die gepaardgaande belasting, testamentêre-, eksekuteurs- en regsfooie wat betaalbaar is.

Eksekuteurs vir Boedels en Testamente het ʼn oplossing wat jou erfgename niks sal kos om jou wense ʼn realiteit te maak nie, en hulle die grootste moontlike erfporsie verseker.

Wat maak ons die topkeuse vir die beste nalatenskap wat jy kan agter laat?

  • Alle dienste is onder een dak, van die opstel van die testament en die trust tot die boedeladministrasie en lewensdekking.
  • Ons staan jou trots in Afrikaans by.
  • Ons testamentkonsultante kom besoek jou tuis of by die werk, kosteloos en wanneer dit jou pas.
  • Gratis afhaal en druk van die testament, en ondertekening deur getuies vir diegene wat geen toegang tot ʼn drukker het nie.
  • Ons mikpunt is dat daar by afsterwe geen eksekuteurs- en ander regskostes betaalbaar sal wees nie, sodat jou begunstigdes die grootste moontlike erfporsie ontvang.

Wat ons doen:

  • Ons stel testamente op
  • Ons dek fooie wat met afsterwe gepaardgaan
  • Ons doen boedeladministrasie
  • Ons bied lewensdekking
  • Ons bied dekking vir die opvoeding en sorg van jou kinders
  • Ons stel trusts op

Besoek gerus die webblad by https://www.eksekuteurs.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.