Meer bekostigbare aftreelandgoed binnekort in Pretoria

Bekostigbare aftrede met ‘n Bosveld-atmosfeer in Montana, Pretoria (Foto verskaf)

In Suid-Afrika is daar ʼn geweldige behoefte aan aftreebehuising wat finansieel toeganklik is vir ʼn groter deel van die 50-plus gemeenskap. Oor die afgelope dekade of so het dit heelwat Suid-Afrikaners se ideaal geword om tydens hul senior jare in ’n aftreelandgoed te kan woon.
’n Aftreelandgoed bied nie net ’n veilige en ontspanne leefstyl nie, maar ook die gemoedsrus van geredelik beskikbare versorgings- en ondersteuningsdienste indien inwoners dit in hul latere jare sou benodig. Met verloop van tyd het aftreelandgoedere egter al hoe luukser geword en ʼn groter reeks ondersteuningsdienste en -fasiliteite begin bied, maar hierdie luuksheid kom teen ʼn prys wat net meer gegoede afgetredenes kan bekostig.

Central Developments, markleiers in die ontwikkeling van aftreelandgoedere, het pas aangekondig dat hul volgende aftree-ontwikkeling se eiendomspryse meer 50-plussers in staat gaan stel om ook in ’n aftreelandgoed te kan woon.

Die ontwikkelaar het oor die afgelope vyftien jaar reeds dertien suksesvolle aftreelandgoedere met bykans 7 000 wooneenhede voltooi. Die sukses en gewildheid van hul laaste twee aftreelandgoedere – die luukse Waterkloof Marina Aftreelandgoed in Waterkloofrif, Pretoria, en Celebration Aftreelandgoed in die noordelike voorstede van Johannesburg – bevestig dat Central Developments inderdaad markleiers in hierdie eiendomsklas is.

Volgehoue stygings in ontwikkelingskoste het hul egter genoodsaak om weer na die tekenbord terug te keer en vorendag gekom met nuwe planne om aftree-eiendom binne die bereik van ’n groter groep afgetredenes te stel.

Hul nuwe, meer bekostigbare Bergvallei Aftreelandgoed in die lieflike Bosveldomgewing van Montana, ʼn gesogte aftreebestemming in die noordooste van Pretoria, word binnekort bekend gestel. Teen pryse vanaf R795 000 kan 50-plussers hier hul droom om in ’n aftreelandgoed af te tree, verwesenlik.

Kunstenaarsvoorstelling van leefstyl- en dienssentrum (Foto verskaf)

Dié nuwe aftreelandgoed sal, soos Central Developments se ander aftree-ontwikkelings, beskik oor ʼn leefstylsentrum met ’n restaurant, koffiewinkel, biblioteek, haarsalon, ontspanningsaal en ander aktiwiteitsruimtes. Die 24-uur sorgeenheid, waaruit ook tuisversorgingsdienste en ʼn 24 uur-noodknoppie-ondersteuningsdiens gelewer word, sal ook deel van hierdie leefstylsentrum vorm.

Omdat die landgoed grens aan ʼn Bosveldnatuurpark, waar wild soos rooibokke nog vrylik rondbeweeg, doen die ontwikkelaar moeite om die natuur deel van die inwoners se leefstyl te maak. Die wye reeks huis- en woonstelvloerplanne verseker ook dat elke voornemende inwoner ʼn eenheid sal vind wat perfek aan sy of haar behoeftes voldoen.

Belangstellendes word aangeraai om nou reeds vir die bekendstelling se waglys te registreer. Registrasie is gratis en bied aan voornemende kopers die geleentheid om reeds voor die publieke bekendstelling die beste eenhede teen bekendstellingspryse te kan koop.

Met die beoogde pryse wat meer 50-plussers in staat gaan stel om in ’n leefstyl-aftreelandgoed af te tree, verwag die ontwikkelaar dat Bergvallei Aftreelandgoed groot byval by die mark sal vind.

Moet dus nie hierdie geleentheid misloop nie!

Skakel nou 0600 481 273 om op die waglys te registreer, of besoek www.retirenow.co.za en registreer onder die hofie vir Bergvallei Aftreelandgoed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.