Mites oor skuldberading getakel

(Foto verskaf)

Met rentekoerse, brandstofpryse, voedselpryse en inflasie wat styg, raak skuldpaaiemente al hoe moeiliker om te betaal, met lewensuitgawes ook in ag geneem.

Sommige Suid-Afrikaners het ʼn wanpersepsie oor die skuldberadingproses en dink dat dit kliënte in die teenoorgestelde rigting as finansiële rehabilitasie stuur. As geregistreerde skuldberaders stel AfriSkuld graag hierdie wanpersepsies reg.

Mite 1: Gebruikers gaan hulle bates verloor as hulle aansoek doen vir skuldberading.

Indien ʼn kliënt getrou en stiptelik hul maandelikse paaiemente betaal, sal hul eiendomme en voertuie beveilig kan word teen terugneming.

Mite 2: Skuldberading is die laaste uitweg.

Skuldberading is ‘n skuldrehabilitasieprogram wat oorverskuldigde Suid Afrikaners help om skuldvry te raak.

Die proses is ideaal vir persone wat ’n inkomste verdien en sukkel om hul maandelikse skuldterugbetalings te bekostig. Die Nasionale Kredietreguleerder (NCR) het die skuldhersieningsproses in 2007 ingestel om te voorkom dat persone op ʼn swartlys geplaas word en hulle wettiglik te beskerm teen die verlies van belangrike bates soos eiendom of voertuie.

Mite 3: Verbruikers word geswartlys.

Sodra kliënte aansoek doen vir skuldberading, word hulle geregistreer op die NCR se stelsel wat hulle krediteure laat weet dat hulle onder skuldberading is. Sodra kliënte hulle skuldberadingsproses suksesvol en volledig voltooi, word ʼn klaringsertifikaat uitgereik wat aandui dat die persoon skuldvry is en die kredietrekord word heeltemal skoongemaak.

Mite 4: Kliënte gaan vir die res van hulle lewens afbetaal aan die skuld.

Dit is een van die grootste wanpersepsies in die bedryf. Die skuldberadingproses duur so lank as wat die verbruiker uitstaande skulde by hul krediteure het. ʼn Skuldberader sal die kliënt se bekostigbaarheid assesseer en die beste terugbetalingstermyn vir hul finansiële situasie bepaal.

Kliënte kan egter die proses vroeër voltooi deur rekeninge te vereffen of om meer te betaal as die paaiement, indien hul finansiële situasie dit toelaat. ʼn Huisverband hoef egter nie volledig afgelos te wees vir die klaringsertifikaat om uitgereik te word nie.

Die gemiddelde terugbetalingstermyn strek van 24 tot 60 maande by AfriSkuld.

Mite 5: Kliënte kan nie weer skuld aangaan ná skuldberading nie.

Hulle kan. As ʼn instansie die kliënt se kredietrekord nagaan nadat hy/sy die skuldhersiening voltooi het, sal hulle nie eens kan sien dat die persoon ooit onder skuldberading was nie. Al die rekeninge wat voorheen uitstaande was, sal wys dat dit vereffen is en dat die kliënt se rekord skoon is.

Indien jy, soos baie ander, sukkel om elke maand jou skuldpaaiemente te betaal, besoek gerus www.afriskuld.co.za en vul dan die kontakvorm in vir ʼn gratis assessering en verpligtingvrye kwotasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.