Splinternuwe handelsmerk bied sekerheid in Afrikaans

Eksekuteurs vir Boedels en Testamente stel graag ʼn eerste van sy soort in Afrikaans, maar ook een van die voorste testament- en boedelversekeringsoplossings in Suid-Afrika, bekend.

Eksekuteurs vir Boedels en Testamente wil graag die 90% van individue help wat nog nie beplan het vir die onvoorsiene kostes wat opduik met die afhandeling van ʼn boedel wanneer ʼn mens tot sterwe kom nie. Daarbenewens sterf 75% van Suid-Afrikaners sonder ʼn geldige testament, wat hierdie kostes nog hoër laat opskiet.

“Ons konsultante sal die werklike koste van afsterwe met jou bespreek, dit bereken en jou wys hoe jy vir hierdie kostes kan beplan,” verduidelik Dawid Botha, direkteur van Eksekuteurs vir Boedels en Testamente. “Buiten vir die hulp met goeie beplanning wil ons dit vir Suid-Afrikaners eenvoudig en maklik maak om hul testamente op te stel.”

Hierdie werklike en duursame uitdaging kan in slegs drie stappe opgelos word:

  • Konsultasie: Eksekuteurs vir Boedels en Testamente stel jou testament teen geen koste nie vir jou op.
  • Berekening: Eksekuteurs vir Boedels en Testamente identifiseer die unieke fooie en uitgawes wat jou naasbestaandes ten tyde van jou afsterwe sal benodig om jou nalatenskap te beskerm.
  • Vrywaring: Eksekuteurs vir Boedels en Testamente bied vir jou ʼn pasgemaakte oplossing uit hul reeks produkte, teen ʼn bekostigbare premie, waarmee jy hierdie duur fooie kan vermy.

Eksekuteurs vir Boedels en Testamente het toegewyde boedelkonsultante wat die hele boedeladministrasiereis saam met die erfgename stap om seker te maak dit geskied so maklik as moontlik. “Ons is in staat om boedels gemiddeld tussen 9 tot 12 maande af te handel vergeleke met die bedryfsnorm van tussen 12 tot 24 maande,” voeg Botha by.

Eksekuteurs vir Boedels en Testamente is die Afrikaanse onderneming van Capital Legacy, Suid-Afrika se voorste verskaffer van testamente en die eerste keuse in boedeladministrasie. Capital Legacy word al vir die afgelope dekade deur sowat 370 000 kliënte en meer as 9 800 finansiële adviseurs vertrou.

Talle professionele ure is daaraan bestee om die opstel van ʼn testament te vergemaklik, maar ook ʼn bekostigbare oplossing vir onbeplande uitgawes te skep. Eksekuteurs vir Boedels en Testamente bou voort op hierdie doelwit om die proses te vergemaklik maar ook om Suid-Afrikaners in Afrikaans in te lig oor die belangrikheid daarvan om hul nalatenskap in orde te hê.

Besoek gerus die webblad by https://www.eksekuteurs.co.za/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.