Tegnologiereuse in sekuriteit vat hande, bied top-sakegeleentheid

Ten einde Suid-Afrikaners beter toe rus teen misdaad, is ʼn app sedert 2012 deur MySOS ontwikkel. Die nuutste toevoeging op die app sluit in die aktivering van die MySOS-noodknoppie met Aura-integrasie. Dit beteken dat daar nou, vir die eerste keer, met ’n maandelikse subskripsie, gewapendereaksie- en ambulansdienste aan die mobiele noodknoppie gekoppel is.

Boonop maak meer as 250 top-sportbyeenkomste in die land al die afgelope sewe jaar van die MySOS-app gebruik, om die veiligheid van deelnemers te bestuur. Hiervan is Absa Cape Epic seker die grootste.

Altesaam 169 000 Suid-Afrikaners gebruik reeds die gratis app en meer as 6 000 mense besit ’n mobiele noodknoppie wat nie deel vorm van ’n selfoon of digitale toestel nie – dit funksioneer afsonderlik. Die toestel is juis ontwikkel om gebruikers die kans te gee om hulp te ontbied wanneer ’n selfoon, handsak of digitale toestel gesteel of beskadig word.

Hierdie eerste dienste, wat beskikbaar is deur die druk van die MySOS mobiele noodknoppie, word op 13 Maart hierdie jaar van stapel gestuur. Dit is amptelik die eertse noodknoppie wat suksesvol met Aura kon integreer. Besoek gerus die webtuiste en klik hier om jou knoppie aan te skaf en laai die app gratis af.

Bheki Cele, minister van polisie, het op 23 November verlede jaar bevestig wat meeste Suid-Afrikaners reeds weet – dat misdaad nie net hoogty vier nie, maar toeneem, jaar ná jaar, in al sy vorms. Die vrystelling van die tweede kwartaal se misdaadstatistieke vir 2022/2023 wat deur minister Cele aangebied is, skets ʼn baie donker en kommerwekkende realiteit vir elke Suid-Afrikaner in ons land – maak nie saak die ras, klas of status nie. Altesaam 7 004 mense is in die tweede kwartaal van die 2022/2023-boekjaar deur ander persone in Suid-Afrika vermoor. Dit is ʼn toename van 841 moorde, in vergelyking met dieselfde tydperk in 2021. Argumente, misverstande en voorvalle van padwoede en provokasies was verantwoordelik vir 956 moorde in die land.

Misdaad is hier om te bly – daarom het privaat sakeondernemings hande geneem om ‘n beduidende verskil te maak aan ons burgers se veiligheid. MySOS werk ‘n geruime tyd reeds aan ʼn sterk pyplyn van nuwe digitale toestelle wat geïntegreer gaan word met die goed-ontwikkelde platform en meer diensvennote.

Om die beplande integrasie te finansier word daar voorsiening gemaak vir Jan Publiek om betrokke te raak as beleggingsvennoot. Daar is verskeie bekostigbare kort- en langertermyn opsies beskikbaar wat ondersoek kan word. Vir meer inligting maak kontak met Johan per WhatsApp op 082 469 5330 of voltooi hierdie kontakvorm.  Ons nooi vennote wat ‘n verskil in misdaad wil maak om deel te word van ons ontwikkeling.

Verder, met die nuwe dienste aan boord, beoog MySOS om meer as 30 000 nuwe subskripsies binne 12 maande te registreer, met gebruikers en besighede. ’n Unieke verkoopsmodel skop ook teen einde April af. MySOS gaan 300 entrepreneurs met verkoopsvernuf die geleentheid bied om deel te word van ons nasionale verkoopsnetwerk oor die volgende drie jaar. Besoek gerus MySOS vir verdere inligting. Registreer solank op YOUGO (regs bo op die webwerf) as jy jou eie onderneming in verkope wil begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.