Video: Só help AVBOB gemeenskappe floreer

AVBOB bied voortdurende opleiding en ondersteuning aan sy takverteenwoordigers. (Foto: AVBOB)

Die ontwikkeling van klein, middelslag en mikro-ondernemings (KMMO’s) is van kritieke belang vir Suid-Afrika se ekonomiese groei, veral nadat die land soveel werkverliese met die COVID-19-pandemie ervaar het.

Marius du Plessis, AVBOB se bemarkingsbestuurder, sê die groep het ʼn veelvlakkige benadering tot die ontwikkeling van kleinsakeondernemings.

“Ons betrek graag entrepreneurs wat nie noodwendig oor genoegsame kapitaal beskik nie maar ʼn uitstekende sakesin het by ons organisasie. AVBOB aanvaar die risiko van die totale kapitale uitleg en verskaf die nodige infrastruktuur. So gee ons vir hulle die geleentheid om die agentskap te bestuur en te bedryf soos hul eie onderneming.

“Vanaf die ontstaan van die nuwe onderneming het die entrepreneur die geleentheid om sy eie personeel in diens te neem en ooreenkomste te sluit met ander ondernemings, wat ook help met werkskepping in betrokke gemeenskappe,” verduidelik Du Plessis.

Dié soort investering kan gewoonlik tot R3 miljoen per konsessie beloop.

Volgens Du Plessis het AVBOB ook talle ooreenkomste met kleinsakeondernemings wat dienste aan die groep verskaf buite die begrafnisondernemingsgroep se bestaande waardeketting, soos ʼn videograaf wat video’s en oudiovisuele produkte aan kliënte kan verskaf.

“Ons doel met hierdie soort ooreenkomste is om hierdie entrepreneurs op te bou sodat hulle uiteindelik selfstandig van AVBOB kan werk.”

Du Plessis verduidelik verder dat AVBOB eintlik ʼn unieke organisasie is in die sin dat dit ʼn onderlinge versekeringsgenootskap is. Dit beteken AVBOB se bates behoort aan die groep se lede of polishouers.

“Hierdie unieke model van ons organisasie stel AVBOB in staat om ons waarde met alle belanghebbendes in die organisasie te deel, wat nie net ons polishouers insluit nie, maar ook die gemeenskappe waar ons takke geleë is.”

AVBOB beskik ook oor ʼn suksesvolle korporatiewe maatskaplike beleggingsprogram waar die organisasie onderwys en opleiding ondersteun deur skeepvraghouers in biblioteke vir skole te omskep.

“As deel van hierdie waardedelingsmodel kan AVBOB in verskeie afdelings van gemeenskappe belê.

“Ons glo hoe meer suksesvol die gemeenskappe is waarin ons sake doen, hoe groter is die kans dat hulle sal voortgaan om ons te ondersteun; daarom is dit belangrik vir ons om terug te ploeg in hierdie gemeenskappe.”

  • Is jy ʼn entrepreneur wat ʼn takeienaar van AVBOB, of deel van die groep se ontwikkelingsinisiatiewe wil word? Besoek dan gerus AVBOB se webwerf vir meer inligting oor vakante poste. Skakel die nasionale inbelsentrum by 0861 28 26 21, of stuur ʼn e-pos na [email protected].

Kyk hier na ʼn volledige video van die gesprek:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.