Wie bepaal of jy of die staat voordeel kry uit jou boedel?

Argieffoto (Foto: Florian Pircher/Pixabay)

Belasting en die dood – dit is ʼn gegewe. Al wil ons die onderwerpe vermy, is dit onvermydelik: elkeen sterf en ons het geen idee wanneer dit ons beurt is nie.

Start with the end in mind. Dít is een van Steven Covey se gewoontes vir suksesvolle mense. In finansiële oorwinning beteken dit doodgewoon om seker te maak jou testament is op datum en in plek.

Een van die maklikste gereedskapstukke wanneer dit kom by finansies, is jou testament. Daardie eenvoudige stukke papier wat sê hoe jou bates verdeel moet word. Terwyl ons nie graag aan die dood wil dink nie, is dit amper ondenkbaar om van jou geliefdes te vra om emosionele trauma sowel as finansiële trauma te moet verwerk as jy dit nie in plek het nie.

As jy sonder ʼn testament sterf, gee jy as’t ware die reg weg om self te bepaal wat met jou bates moet gebeur wanneer jy die dag nie meer daar is nie. Jy laat ook jou geliefdes met ontnugterende kostes wat hulle midde-in hierdie uitmergelende rouproses moet probeer hanteer…

Meeste van ons werk ons hele lewe lank om ʼn nalatenskap vir ons hartsmense te los. Maar die hoeveelheid Suid-Afrikaners wat sonder ʼn geldige testament sterf, is skokkend. Volgens kenners toon statistiek dat ongeveer 75% van Suid-Afrikaners nie ʼn geldige testament het nie. Dit beteken ongelukkig dat die meeste persone wat hierdie artikel lees, deel is van hierdie statistiek. Jy ontneem jouself van die voorreg om te sê wat moet gebeur met dít wat jy jou hele lewe lank by mekaar gemaak het.

As jy sonder ʼn geldige testament sterf, sal jou erfgename intestaat erf – wat bepaal wie jou bates erf (jou eggenoot, kinders, kleinkinders, ouers en ander familielede kry prioriteit). As dit in elk geval is hoe jy wil hê dit moet gebeur, kan die afwesigheid van ʼn testament steeds verreikende gevolge hê.

Jou kinders kan in staatstoesig beland – of in die hande van ʼn voog wat jy nie self sou gekies het nie. Jou kinders se erfporsie kan benadeel word deur die staat se voogdyfonds. Daar kan téén jou wense opgetree word wat jou nalatenskap aanbetref. Jou erfgename kan ook onaangenaam verras word met onvoorsiene kostes rondom boedelbelasting wat finansieel swaar op hulle kan rus. As dit kom by die verdeling van jou bates, kan daar ernstige konflik intree wat verhoudinge kan beskadig. Die staat sal boonop beredderaars aanstel om jou boedel en Testamentêre Trust te bestuur. Met ander woorde: as jy sonder ʼn testament sterf, tree ʼn stel rigiede reëls volgens wetlike riglyne in om námens jou te praat.

Dit wat gebeur na jou dood, kan soveel anders geskied as jy ʼn eenvoudige testament laat opstel. Dis ʼn taak wat jou geliefdes baie rompslomp, hartseer, en kostes kan spaar.

attooh! Wills and Estates is ʼn finansiële diensverskaffer wat help met die opstel van ʼn testament sowel as om jou en jou geliefdes op die beste manier moontlik by te staan met raad en produkte om die wetlike kostes ná jou dood drasties te verminder.

attooh! Wills and Estates met hulle span spesialiste sal jou bystaan om jou testament reg op te stel en seker te maak dit is maklik om jou nalatenskap te beskerm. Jy kan jou testament gratis laat opstel of wysig. Tydens die konsultasie sal hulle ook ʼn beraming doen rondom die regskostes soos bv. eksekuteursfooie, akteprokureursfooie, testamentêretrustfooie, meestersfooie en ander onmiddellike uitgawes wat verbonde is met die afhandel van jou boedel.

  • attooh! wil jou vandag bederf met ouma se nalatenskap – ʼn heerlike pannekoekresep. Laai die resep hier af.

Voltooi hierdie vorm indien jy belangstel in ʼn konsultasie:

Die vorm is gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.