47 Afrikaanse ondernemings kry Tinteltong-pryse

Gauteng en Mpumalanga se streekswenners klink ‘n glasie op hul pryse. (Foto verskaf)

AfriForum Sakenetwerk het vanjaar oudergewoonte weer talle innoverende Afrikaanse ondernemings met Tinteltong-toekennings beloon. Altesaam 47 ondernemings het ʼn Tinteltong gekry vir hulle bydrae tot die bevordering van Afrikaans as saketaal.

Deur die loop van Februarie het die AfriForum Sakenetwerk-span vyf geleenthede vir die Tinteltong-toekennings in verskillende streke aangebied.

Maroela Media het vroeër berig dat Afrikaanse entrepreneurs van oor Gauteng heen op Internasionale Moedertaaldag gevier is vir hoe hulle koopkrag in Afrikaans ʼn welkome hupstoot gee.

Entrepreneurs van handelsmerke soos Kaalwoorde, Bloos Cosmetics,

Is Moz Bos, Grondpad Vellies, Roomyskind en Die Kaaskamer is onder vanjaar se noordelike wenners.

“Julle as entrepreneurs is die hartklop van die plaaslike ekonomie en speel ʼn groot rol om nie net julle gesinne en gemeenskappe te dien nie, maar ook om julle taal te bevorder. Afrikaans is ʼn uitvoerproduk, so bly getrou aan jou wortels en wees trots daarop om Afrikaanse entrepreneurs te wees,” het Sanderien van der Walt, bestuurder van AfriForum Sakenetwerk, tydens die Gautengse Tinteltong-geleentheid gesê.

Sandrien meen dit is ongelooflik om te dink dat daar in 2016 maar net vier Tinteltong-toekennings uitgedeel is, maar nou het die geleentheid so gegroei dat daar bykans 50 ondernemings is wat in Afrikaans handel dryf en met hierdie prys gevier kon word.

Toe dié toekennings destyds begin is, het AfriForum bevind dat 30% van die Suid-Afrikaanse mark Afrikaans is. Daarom doen dié organisasie moeite om ondernemings te beloon wat dienste in Afrikaans lewer. Die doel van hierdie toekennings is om ondernemings te erken, maar ook om ander ondernemings te motiveer om bedrywighede in hul hartstaal te doen.

“Ons wou graag in 2024 die meeste toekennings nóg uitdeel aangesien daar soveel oulike ondernemings is wat dit werklik verdien. Ek kan nou met sekerheid sê dat ons in ons doel geslaag het,” het Van der Walt bygevoeg.

Die wenners in die onderskeie streke is soos volg:

Gauteng en Mpumalanga:

  • Bloos Cosmetics
  • Craft Braai Pty (Ltd.)
  • Die Kaaskamer
  • Foxi Original
  • Grondpad Vellies
  • Is Moz Bos
  • Kaalwoorde
  • Kind-Tweens en Tieners
  • NutriFundi
  • Rocket Boutique Distillery
  • SteynIP
  • Soetsakkig
  • Wild Flower Boutique

Noordwes en Limpopo:

  • Brandefyn
  • Die Krat Padstal
  • Eersteklas Aanlyn
  • Roekeloos Fibre
  • Roosmaryn
  • Die Dromers Mark
  • Meelbestrooid
  • Kleinplaas Pype
  • Ruah

Suid-Kaap en Oos-Kaap:

  • Allegaartjie
  • Hoep-Hoep Babaontwerpe
  • Kasselshoop Kaas
  • Kapoet Padstal
  • Loka Boetiek
  • Mooi Uitsig Kombuis
  • Piekant Piekniek
  • Seebederfie
  • Stilbaai Kelders

KwaZulu-Natal en Wes-Kaap:

  • Anna Beleef
  • Flambojant
  • Gesalfde
  • Idees vol vrees
  • Koue Koffie Boeke
  • Opgedollie
  • Van Eeden Belasting

Vrystaat en Noord-Kaap:

  • Babbelliefies
  • Boetiek
  • Boet en Sus
  • Eden & Co
  • Hartsgoed
  • Justbliss
  • Oortreflik
  • The Fat Butcher
  • Varsgepars

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Oom Charles ·

Ek mis dalk iets hier, maar daar is sommige name wat dan nou heeltemal engelstalig is.
Nie dat ek met engels ‘n probleem het nie, maar wat is die oogmerk van die Tinteltong-toekennings?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.