Bederf jou woef met dié hondjie-happies

Japie geniet ‘n hondjie-happie

Jou honde is deel van jou gesin en daarom het ons ʼn lekker, gesonde bederf spesiaal vir hulle gemaak. Al jaag jou vierpotiges soms kattekwaad aan, is daar niks so lekker soos wanneer hy sy stert swaai van opgewondenheid om jou te sien nie.

Dié hondjie-happies is ʼn lekker bederf om hulle te beloon en dit sal selfs ʼn oulike Kersgeskenk onder die boom wees. Jou beste vriend sal sy lippe aflek van vreugde oor hierdie happies.

Die koekies is veilig en gesond vir honde. Maroela Media se eie kantoorhond, Japie, het dit self getoets en is dol daaroor.

  • “Hondjie-happies” sluit ʼn blikbeker met emalje-afronding (14 cm hoog en 11 cm wyd) en 150 g hondebeskuitjies in.

Klik hier om jou hondjie-happies te koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.