Dié kerk bring hoop

Foto verskaf deur Encounter Church

Suid-Afrika is ʼn land in krisis. Meer as 21,5% van Suid-Afrikaners weet nie waar hulle volgende bord kos vandaan gaan kom nie (SSA-2017). In ʼn wêreld waar ons genoeg kos produseer om almal te voed, gaan een uit elke vyf mense steeds met ʼn leë maag bed toe.

Die beheer van hongersnood en wanvoeding is een van die grootste uitdagings van ons tyd en met die huidige koronavirus-epidemie staar baie mense hopeloosheid in die gesig.

“Encounter Hope se missie is om hoop te bring aan die mense sonder hoop,” het Leon du Preez, senior Pastoor en stigter van Encounter Church gesê, terwyl hy besig was om sakke meel af te laai.

“Die wêreldwye hongersnood is die grootste humanitêre krisis sedert 1945 en die koronavirus-inperking het veroorsaak dat baie in ‘n spiraal van hopeloosheid en depressie verval het. Maar vandag bring ons hoop aan meer as 500 gesinne,” het pastoor Leon du Preez bygevoeg.

Foto verskaf deur Encounter Church

Encounter Hope het hande gevat met die plaaslike leiers in Gauteng en op Vrydag, 1 Mei, het die Hope Span 500 sakke mieliemeel, groente en blikkieskos by kosbanke in die Gauteng-area afgelaai. Die erns van die krisis het eers werklik deurgedring met aankoms by die verskillende aflaaipunte. Dit was hartverskeurend om te sien hoeveel mense ly onder die epidemie.

Encounter Church het in September verlede jaar hulle tweede tak in Krugersdorp gestig. Die gemeente alleen het reeds meer as 300 behoeftige mense met emmers kos voorsien gedurende die korona-inperking.

Pastoor Leon du Preez het elke persoon bedank wat bygedra het tot die sukses van die projek, en verseker dat Encounter Hope steeds ʼn baken van hoop gaan wees in hierdie moeilike tye.

Vind ons op Facebook, Instagram en die volgende webwerwe www.encounterchurch.co.za en www.leondupreez.com

Encounter Church bring Hoop!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.