Geskenkidees spesiaal vir jou ma

Argieffoto (Foto: Jill Wellington/Pixabay)

Sy is die een wat alles weet en wat enigiets kan doen. Sy is langs die sportveld of in die gehoor as jy ʼn prestasie vier en sy is daar as jy ʼn drukkie of ʼn pleister nodig het. Sy is die kern van die gesin, die steunpilaar, die staatmaker.

Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie, het spesiaal vir Kersfees ʼn paar geskenke uitgesoek waarmee jy jou ma of die vrou in jou lewe kan bederf.

Dis mos nou stukke beter as net nóg ʼn roompie of pantoffels.

Maroela-plaasvellies

Velskoene in Die Koöperasie

ʼn Paar velskoene is die perfekte geskenk vir die vrou in jou lewe. Nie net is dié vellies mooi genoeg vir ʼn bruilof nie, maar dit is ook perfek vir werk en kerk!

Klik hier om ʼn paar Maroela-velskoene aan te skaf.

Aptyt – resepte vir enige tyd

Met Maroela Media se Aptyt-resepteboek kry jy ʼn klein boekie met al die lekkerste en vinnige disse wat Maroela Media self oor die jare saamgestel het.

Dié mooi resepteboek is die perfekte geskenk vir ʼn kombuishen. Met 25 van die lekkerste resepte gaan julle familietyd nooit weer dieselfde wees nie!

Klik hier om die Aptyt-resepteboek aan te skaf.

Boland-gedigte op vier boereporselein-blikbekers

Hierdie blikbekers is ideaal vir iemand wat net so lief is vir Afrikaans soos jy en is boonop die mooiste bederf tydens Kersfees.

Hierdie besonderse blikbekers vier Afrikaans met NP van Wyk Louw se Vier gebede by jaargetye in die Boland.

Klik hier om die Boland-gedigtebekers aan te skaf.

ONSKaroo-geskenke

Gee vir jou ma ʼn baie unieke geskenk hierdie Kersfees met die Koöperasie se splinternuwe ONSKaroo-reeks.

Laat die mooiste woorde van Deon Meyer en Coenie de Villiers se Karoo-poësie, en pragtige foto’s van die Karoo jou Kersfeeskouse vol maak.

Al die ONSKaroo-produkte in Die Koöperasie is gebaseer op die bekroonde spanningskrywer Deon Meyer en musiekgenie Coenie de Villiers se produksie, Karoo Suite. Met dié produkte kan jy spog met jou liefde vir ons taal en jou liefde vir die mooie Karoo.

Klik hier om te sien wat alles in die ONSKaroo-reeks beskikbaar is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.