Kersfees-inkopies begin by die Koöperasie

Argieffoto (Foto: ExposureToday/Pixabay)

Met Oktober goed op dreef en die winkels reeds propvol Kersfeesversierings is daar geen keer aan dié jaar nie. As jy jou oë knip is Kersfees hier! Intussen moet jy nog jaareindfunksies bywoon, eksamens deurmaak en die laaste vakansieplanne reël.

Maar hoe gemaak met al die Kerskouse wat moet vol kom?

Moenie die spesiale atmosfeer van Kersfees bederf deur jou moeg te loop in besige winkelsentrums nie. Jy kan nou, sommer in die gemak van jou eie huis, iets vir almal koop in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie. Ons belowe jy sal selfs iets kry vir jou vriendin Linriëtte-wat-al-alles-het.

Ons het sakpas geskenke, te kies en te keur vir elkeen in jou gesin.

Boland-gedigte op vier emaljebekers

Bederf iemand wat dol is oor Afrikaans met ʼn reeks emaljebekers met NP van Wyk Louw se Vier gebede by jaargetye in die Boland daarop. Die vier strofes uit die gedig, Vroegherfs, Uit hierdie ligte herfs, Winter en Eerste sneeu is elk op ʼn blikbeker van hoë gehalte.

Vir enigiemand wat net so lief soos jy is vir Afrikaans, is hierdie roerend mooi bekers ʼn hartsbederf.

Koop ʼn stel van vier Boland-blikbekers nou in Die Koöperasie.

Aptyt – resepte vir enige tyd

Die resepteboek is nie net mooi nie, maar ook die perfekte geskenk vir ʼn kombuishen of kookhaan. Met 25 van die lekkerste resepte gaan julle familietyd nooit weer dieselfde wees nie! Daar is resepte vir elke tyd: Opstaantyd, teetyd, snoeptyd, partytjietyd en braaityd.

Die resepteboek beslaan 90 bladsye vol pure genot met staaltjies van die Maroela personeel se kosherinneringe en spasie om ook jou eie familieresepte neer te pen.

 Yskasmagnete vir ʼn ma, ʼn juffrou of die kleinspan

Die blikkies yskasmagnete bevat woorde soos “luilekker”, “samesyn”, “kuier”, “gesels”, “malvalekker”, “skop”, “bal”, “pop”, “rooi”, “groen” en “pers” wat gaan seker maak daar is genoeg feestelike woorde om hierdie Kersfees selfs jou yskas met sinne en lekker woorde vir die Kersfeestema op te tooi. Hierdie yskasmagnete is ideaal vir Kersfees sodat jy iemand met ʼn unieke en eg Afrikaanse geskenk kan bederf.

 Maroela-plaasvellies

Die reeks is spesiaal ontwerp om net so sterk te wees as wat dit mooi genoeg is om elke dag te dra. Dit is boonop die perfekte Kersfees geskenk vir jou man, vrou, ma, pa en selfs neef Gert wat sy skoene deurloop van kamp tot kamp op die plaas stap.

Maroela-plaasvellies vir mans se sole word gemaak van herwinde motorbande wat sal verseker dat jy nooit jou sole sal deurloop nie. Die reeks vir vroue se sole is ʼn bietjie meer afgerond en word van ʼn sterk, looistof-rubber gemaak.

  • Kersfees-inkopies was nog nooit só maklik as by Die Koöperasie nie! Klik hier vir nog geskenkidees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.