Kopskuiwe in onderwys begin by ons onderwysers

(Argieffoto: pixabay)

Op Wêreldonderwysersdag op Woensdag 5 Oktober salueer ons julle as ons land se onderwysers.

Onderwys bly een van die mees edele en lofwaardige beroepe wat daar is, maar baie uitdagings staar onderwysers daagliks in die gesig. Die afgelope paar jaar was vir seker geen uitsondering nie.

’n Anonieme plasing op Facebook som ’n dag in die lewe van ’n onderwyser op. “Onderwys: Jy lag. Jy huil. Jy werk harder as wat jy ooit gedink het jy kan. Soms probeer jy die wêreld verander, en soms probeer jy regtig net om dit deur die dag te maak. Jou hart is vol. En jou gedagtes is gevul met herinneringe aan kinders wat jou lewe verander het. Net nog ’n dag in die klaskamer.”

Ons vier julle, want:

  • Julle het ons kinders veilig deur Covid-19 gedra en self staande gebly.
  • Julle én hulle het sterker anderkant uitgekom.
  • Julle staan sentraal in die onderwysherstelplan.
  • Tegnologies het julle oornag ʼn kopskuif gemaak – met onderskeiding.
  • Julle koester ons kinders elke dag.
  • Julle gebruik elke moontlike oomblik om hulle aan te moedig.
  • Julle help ons kinders om hul drome lewend te hou.
  • Julle help hulle om hul potensiaal te verwesenlik.
  • Julle inspireer, begelei, onderrig, mentor en voed ons kinders elke dag op.

Namens die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) en elke leerder en ouer in Suid-Afrika: Dankie dat julle ons kinders uit die hart uit lief het. Ons eer julle, ons salueer julle. Baie, baie dankie!

Ons glo goeie onderwysers is hoopvolle onderwysers. Hulle boesem hoop in, bemoedig en daag leerders uit om met moed en geloof in hulself te handel. Goeie onderwysers help leerders nie net om uit mislukkings te leer nie, maar ook om hul suksesse met vreugde te vier.

Hoe kan ons help? Julle is die rede vir ons bestaan. Ons is daar om julle te ondersteun.

  • Wie is ons? Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS). Besoek Skole.co.za vandag nog.
  • Sluit aan by ʼn SOS-vakvereniging – kry goeie, gehalte hulpbronne tesame met goeie, gehalte opleiding. Sien: Skole.co.za/verenigings/
  • Moenie wonder nie, Wolkskool. Enige plek. Enige tyd. Kry meer inligting oor die Wolkskool hier.
  • Maak gebruik van ons jaarlikse GSE (gestandaardiseerde eksamen) – ons wil jul hande ligter maak. Sien: Skole.co.za/gse-agtergrond/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.