Luister: Pretoria-fees is die plek waar jy wil wees

Feesgangers geniet die vermaak by ‘n vorige Pretoria-fees. (Foto: Maroela Media)

Pretoria hou weer skou en dis waar jy wil wees. Skud jou vere reg om hierdie skoolvakansie vier dae lank skou te hou soos in die ou dae. Vanjaar se Pretoria-fees het uitstallers te kus en te keur: van proteas, landbou, huis- en tuinbenodighede tot motors en alles oor die buitelewe.

Van ons voorste musikante gaan tydens die vier dae van die Pretoria-fees optree, met kunstenaars soos Spoegwolf, Zaan Sonnekus, Appel, Snotkop, Jan Jan Jan, Demi Lee Moore, Bobby van Jaarsveld, Elandré, Sonja Herholdt, Ruhan du Toit en André Schwartz, om maar ʼn paar te noem, vir ʼn Alte-Lekker Musiekfees met ʼn indrukwekkende verskeidenheid wat enige musiekliefhebber se voete sal laat jeuk.

Appel. (Foto: Theana Breugem)

Vir die kleinspan is daar ʼn pretpark van formaat en selfs die grootmense sal ʼn rit vind wat hulle pas, van die Ferriswiel to by die adrenalienrite. Springkastele, ponies- en kameelritte vir ieder en elk rond die dag af.

(Foto: Maroela Media)

Blomme is al vir vier jaar ʼn groot aantrekkingskrag by die fees, met die Pretoria-fees se behoorlike protea-uitstalling wat spog met meer as 32 verskillende soorte proteas, die kroonjuweel van die plantafdeling. Kom kyk gerus na die res van ons verskeidenheid plante en tuinuitstallings as jy groen vingers het.

Vir die buitelug-entoesiaste is daar motors, bote, karavane, motorfietse, alternatiewe kragoplossings, swembaddens en vele meer waar jy jou kan verwonder aan die nuutste tegnologie.

Met Agri Gauteng betrokke by vanjaar se fees, is daar verskeie uitstallings van beeste, hoenders en watervoëls, hondetelers, trekkers en ander plaasimplemente waaraan die stadsjapies en die landboumanne hulle kan vergaap. Dan praat ons nie eers van die meer as 200 snuistery-stalletjies nie.

Geen fees is egter ooit volmaak sonder behoorlike kosstalletjies nie en die Pretoria-fees spog met meer as 45 stalletjie wat beloof om die hongerpyne tydens jou besoek stil hou. Vir die wat dors word van al die stappery, sal Buffelsfontein sorg vir ʼn koue lafenis vir die keel.

Veilige parkering is gratis vir alle feesgangers en as jy die dag ʼn uitstappie wil maak, is daar ook parkeer-en-ry-geleenthede saam met P Bier Busdienste van die Kolonade-, The Grove- en Irene Village-winkelsentrum af elke dag van die fees.

Die Pretoria-fees vind van 29 Maart tot 1 April by die Legends MX-avontuurplaas net oos van Pretoria plaas. Koop jou kaartjie nou aanlyn by www.pretoriafees.co.za of by die hekke tydens die fees. Sien jou daar!

  • Liza en Ross Welsh, koördineerders van die Pretoria-fees, het in Maroela Media se ateljee kom draai om meer oor vanjaar se fees te vertel. Hulle sê dié fees beloof die grootste pret vir elke lid van die gesin in ʼn veilige en gesellige omgewing. Luister boaan hierdie berig na die volledige onderhoud en vind uit waarom jy nie vanjaar se Pretoria-fees kan misloop nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Danie ·

Ja en daar word die stoele vol gepak in plaas van om kerk toe te gaan en te bid vir die land .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.