Maroela se Bruid van die jaar: Wen ʼn tweede wittebrood

Uitsig (Olifants River Lodge deur Dream Hotels and Resorts)

Dis ʼn groot voorreg om die liefde van jou lewe te ontmoet – en ʼn groter voorreg as julle trou aan mekaar kan beloof. Dis natuurlik heerlik om daarna, net julle twee, ʼn bietjie weg te breek vir ʼn wittebrood.

Hier is goeie nuus: Met Maroela en Dream Hotels and Resorts se Bruid van die jaar-kompetisie, staan jy die kans om ʼn tweede wittebrood vir jou en jou geliefde te wen!

Dream Hotels & Resorts het seker gemaak daar is groot pryse, ter waarde van byna R60 000, op die spel.

Ons is tans op soek na ons Somerbruid! Deur die loop van die jaar sal ons ook ʼn Herfsbruid (troues in Maart – Mei 2023), Winterbruid (troues in Junie – Augustus 2023) en Lentebruid (September – November 2023) aanwys. Hou dus Maroela dop as jy wil seker maak jy skryf vir dié opwindende kompetisie in! Lesers gaan aan die einde van die jaar die geleentheid kry om die Bruid van die Jaar uit dié vier finaliste aan te wys.

Skryf nou in as Somerbruid

Jy kan in aanmerking kom vir ons Somerbruid as jy tussen Desember 2022 en Februarie 2023 trou. Inskrywings vir ons Somerbruid sluit op 5 Maart 2023.

ʼn Beoordelaarspaneel sal die top-10 saamstel en daarna sal ons lesers die geleentheid kry om vir die top-10 te stem om Maroela se Somerbruid te kies.

Dream Hotels & Resorts borg wonderlike pryse vir die wenpaartjies.

Somerbruid – Olifants River Lodge

Die wenner van ons Somerbruid-kompetisie wen twee nagte vir twee persone wat deel by die Olifants River Lodge (insluitend ontbyt) in die Middelburg-omgewing in Mpumalanga. Die waarde van die prys beloop R6 400.

Skryf nou in

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum om in te skryf as Somerbruid is 5 Maart 2023 om 23:45.
  • Om in aanmerking te kom vir ons Somerbruid, moes julle tussen Desember 2022 en Februarie 2023 getrou het.
  • Inskrywings vir die Herfsbruid sal plaasvind tussen Maart en Mei 2023, inskrywings vir die Winterbruid sal plaasvind tussen Junie en Augustus 2023, en inskrywings vir die Lentebruid sal plaasvind tussen September en November 2023. Inligting en inskrywingsvorms hiervoor sal deur die loop van die jaar op Maroela Media bekendgemaak word. Jy kan ook die webbladsy https://maroelamedia.co.za/kategorie/kompetisies/ dophou.
  • Die stemproses vir die Somerbruid sal na verwagting van 7 – 19 Maart 2023 plaasvind. Alle besonderhede sal op Maroela Media beskikbaar gemaak word.
  • Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, stem jy in dat jou foto en naam op Maroela Media se webwerf en sosialemedianetwerke bekendgemaak mag word indien jy as een van die top-10 aangewys word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Maroela Media sal kontak maak met die top-10 om seker te maak dat jy weet jy het deurgedring. As jy nie van Maroela Media hoor nie, kan jy aanvaar dat jy ongelukkig nie die top-10 gehaal het nie.
  • Maroela Media kan nie aanspreeklikheid aanvaar as jou inskrywing vir een of ander tegniese rede ons nie betyds bereik nie.
  • Die wenpaartjie moet self die bespreking reël vir die verblyf.
  • Jou vervoer na en van die bestemming en enige ander uitgawes wat jy aangaan is nie by die prys ingesluit nie.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Maroela Media en Dream Hotels & Resorts kan nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige skade of verlies wat jy mag ly wanneer jy van die akkommodasieprys gebruik maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.