Om net kind te wees

 kelnerin-pixabay-shutterbug75.jpg

(Foto: shutterbug75/pixabay)

Deur Chandré Oosthuizen

Daagliks word ’n mens se emosies met soveel hartseer gekonfronteer.  Swaarkry is sinoniem met baie mense se alledaagse bestaan. So ʼn geval is dié van Riana*, ’n saggeaarde tog gedrewe tienermeisie wie se grootste droom is om net haar skoolloopbaan te voltooi.

Riana is reeds op ʼn jong ouderdom deur haar ma, wat veronderstel was om haar primêre versorger te wees, gedwing om te werk sodat sy huur kon betaal. Sy móés geld verdien en het tot in die vroeë oggendure het as kelnerin gewerk. Oor naweke het sy ook by ʼn slaghuis gewerk. Die geld wat sy verdien het, het sy net so aan haar ma oorhandig. As sy nie die volle huur kon bybring nie, is sy uit die huis gesluit. Riana moes menigmaal laataand ander heenkome soek. Ook haar broer het reeds graad 10 die huis verlaat om te gaan werk. Vir Riana was dit ʼn uitdaging om “kind te wees”. Daar was geen normaliteit nie. Skoolwerk was ʼn groot uitdaging, alhoewel sy steeds elke oggend getrou skool toe gegaan het.

 tiener-hartseer-pixabay-sweetlouise.jpg

(Foto: sweetlouise/pixabay)

Riana se pad het met die van ’n Helpende Hand-vrywilliger gekruis wat haar vertel het van die Bemagtig-’n-Kind‑fonds. Vir Riana was dit ʼn oomblik van hoop en sy het self ingespring en al die  dokumente ingevul en aangestuur. Sy het dit as ʼn uitkoms gesien om uit haar omstandighede weg te breek.

Die Bemagtig-‘n-Kind‑span het haar aansoek goedgekeur en met die hulp van die gemeenskap is Riana in ’n koshuis geplaas waar sy ʼn normale, gesonde leefstyl handhaaf met die nodige ondersteuning om haar skoolloopbaan te voltooi. Haar verblyf sluit ook gebalanseerde etes in en ʼn veilige plek waar sy nou die geleentheid het om net kind te wees.

Die hartseer is dat daar nog so baie Rianas daar buite is wat om hulp roep. Kinders is ʼn kwesbare deel van ons samelewing en jongmense veral het soms nie hoop vir hul toekoms nie.  Hulle het geen keuse gehad in watter huis of omstandighede hulle grootword nie. Soms het ʼn kind net nodig dat iemand hom help om ʼn bruggie na beter omstandighede te bou,  hetsy dit koshuisgelde, vervoer na en van die skool, remediërende onderrig, terapie of enige ander hulp wat hulle dalk benodig om te help bou aan ʼn beter, positiewe toekoms.

 jonk-vrolik-pixabay-cherylholt.jpg

(Foto: cherylholt/pixabay)

As jy vandag hier lees en wil help, besoek gerus www.bemagtignkind.co.za of SMS die woord KIND na 45763 (SMS kos R2). Jy kan vandag ʼn verskil maak – ʼn lewensveranderende, ewigdurende verskil.

  • Riana is ʼn skuilnaam wat gebruik is om haar identiteit te beskerm.
  • Chandré Oosthuizen is ʼn maatskaplike werker by Helpende Hand wat fokus op sentrums, nasionale takke en die Bemagtig-‘n-Kind-fonds.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.