Pret vir gesinne in Johannesburg dié vakansieseisoen

(Foto: DreamWorks)

ʼn Besoek aan die Mall of Africa in Midrand, Sandton City in Sandhurst, Sandton, of die Melrose Arch in Johannesburg kan hierdie feesseisoen pret vir almal in die gesin inhou.

Die DreamWorks-televisiekanaal bied tot 23 Desember pret vir die hele jongspan aan met die DreamWorks Find the Fun-speelarea naby die Lone Creek Spur-restaurant in die Mall of Africa in Midrand.

Jong besoekers kan hul balans toets met die How To Train Your Dragon-wolktrappe; by die Trolls se reënboog afgly; hul geheuevaardighede met die Trollhunters-geheuespelmuur ontwikkel; en op mini-trampoliene speel. Daar is selfs ʼn paar pryse te wen terwyl kinders elke dag een van hul gunsteling-DreamWorks-karakters ontmoet.

(Foto: DreamWorks)

Die DreamWorks-kanaal (DStv-kanaal 304) is ʼn bestemming vir die hele gesin, wat DreamWorks se geliefde fliekhelde na die kleinskerm bring om in hul eie TV-reekse te speel. Die kanaal bevat bekroonde, oorspronklike televisiereekse soos The Boss Baby: Back in Business, Trolls: The Beat Goes On! en Kung Fu Panda: The Paws of Destiny. Dit bied ook daagliks in die oggend ʼn voorskoolse kykgenotblok aan, getiteld DreamWorks Junior, vir twee- tot vyfjarige kinders met gunstelinge soos Dragons: Rescue Riders en Noddy Toyland Detective.

DreamWorks Find the Fun-speelarea is saam met die Mall of Africa se verlengde handelsure oop.

Sandton City bied kinderteaterproduksie aan

Sandton City bied tot 7 Januarie ʼn unieke kinderteaterproduksie, Momo’s Magical Adventure, aan om die jongspan hierdie feesseisoen mee te vermaak.

In hierdie hartroerende verhaal verlaat Momo se vriende Johannesburg om die somervakansie see toe te gaan, en is sy die enigste een wat in die groot stad moet agterbly. Tyd gaan stadig verby, maar Momo se gunstelingaand van die jaar het uiteindelik aangebreek – Oukersaand!

Vier vertonings van hierdie bekoorlike produksie vind daagliks van Dinsdag tot Sondag om 10:30, 12:30, 15:30 en 17:30 plaas. Kaartjies is nou op die Sandton City-webwerf beskikbaar en verkoop vinnig. Die Momo’s Magical Adventure-vertoning is geskik vir alle ouderdomme. Kaartjies kos R50 elk.

Natuurlik maak Kersvader self ʼn verskyning, gereed om briewe te ontvang en reg te staan vir foto’s buitekant Checkers, so kom groet gerus.

“Momo’s Magical Adventure” is ‘n kinderteaterproduksie wat tans by Sandton City Mall gesien kan word. (Foto verskaf)

ʼn Disney-lugballon, versier met 800 sagte speelgoed van jou gunsteling Disney-karakters, sal tot 7 Januarie in die Protea-binnehof glimlagte op gesigte bring. Hier, vir ʼn minimum skenking van R50 via ʼn QR-kode, kan kopers ʼn onvergeetlike verskil maak in die lewe van ʼn kritiek siek kind, aangesien die sagte speelgoed en die geldelike bydraes aan die nie-winsgewende organisasie, Reach for a Dream, geskenk sal word.

Met die winkelsentrum se meer as 300 kleinhandelaars bly Sandton City die ongeëwenaarde geskenkinkopiebestemming in Suid-Afrika met die wêreld se mees gesogte handelsmerke, waarvan baie eksklusief tot die sentrum is.

As jy Kersgeskenke in die sentrum kom aankoop, kan die geskenke vanaf 7 tot 24 Desember toegedraai word teen ʼn klein skenking aan die Sandton-dierebeskermingsvereniging by ʼn toedraaistasie op vlak 6 naby H&M Home en vlak 4 oorkant Jet. Vir diegene wat verkies om die ontvanger die keuse van geskenk te gee, sal ʼn Sandton City-geskenkbewys of aanlyn geskenkbewys enige ontvanger se dag maak.

Verlengde feestydhandelsure van 09:00 tot 21:00 sal tot 23 Desember in dié sentrum geld. Vir meer inligting en gereelde opdaterings gaan na www.sandtoncity.com of volg die sentrum op sosiale media by @SandtonCityMall.

Melrose Arch is die plek van Kersliggies

(Foto: Melrose Arch)

Melrose Arch is dié feesseisoen ʼn plek van betowering en verwondering met Kersliggies wat behoorlik gaan flikker om dit in een van die mooiste plekke in Johannesburg te omskep.

Die Pringles x Fanta-speelterrein beloof tot 31 Desember ʼn avontuur van geure en hope pret vir die kleingoed. Besoekers kan in die tyd ook uitsien na ʼn verskeidenheid van versnaperinge, lekkernye en drankies terwyl hulle tussen die skouspel van Kersliggies wandel. Daar sal daagliks van 18:30 tot 22:00 lekkergoed, springmielies, lekkers, koeldranke, roomys en oliebolle te koop wees by stalletjies langs die bopunt van die The High-straat, wat die lekkerste manier is om die feesprag te geniet.

Natuurlik is geen Kersfees volledig sonder Kersvader en sy elwe nie. Hy sal op 22 en 24 Desember by Melrose Arch kom inloer vir foto’s en op-die-nippertjie geskenkversoeke van diegene wat vanjaar ekstra soet was.

Melrose Arch se meer as 100 kleinhandelaars bied verlengde handelsure tot Saterdag 23 Desember, om te verseker dat kopers tot veel later in die aand as gewoonlik geskenke kan kom soek by die eklektiese mengsel van plaaslike en internasionale handelsmerke in hierdie skatkis van mode-, huisware-, geskenk- en spesialiteitswinkels.

Vir verdere besonderhede oor Melrose Arch, sy kleinhandelaars, die Destination Christmas-feesaktiwiteitsprogram en handelsure besoek Melrosearch.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.