Redakteursbrief: Goeie nuus: Maar is dit nuus?

Susan Lombaard Foto: Burger Meyer, Maroela Media

Susan Lombaard Foto: Burger Meyer, Maroela Media

Dis vandeesweek goeienuus-week. Waarvan daar nie veel is nie, dink jy seker.

Dié projek is gesamentlik deur Maroela Media, GrootFM, Popup, Finesse en Rekord, aangepak. Die idee is dat ons snuffel vir goeie nuus, goedvoel-stories publiseer wat dalk op ʼn ander tydstip nie eers die nuus sou gehaal het nie, en ons goeienuus-stories met mekaar deel sodat soveel moontlik mense dit lees.

Só gaan die joernaliste dus hierdie week op ʼn snuffeltog op soek na goeie nuus, en binne ʼn dag of wat begin die projek ʼn eie momentum kry. Dis asof die goeie nuus na ons toe aangestap kom. ʼn Wimpy-kelner met ʼn sagte hart, Vincent Mota, doen ons ʼn reuse guns toe hy by ʼn gestremde klant gaan sit en hom ʼn roomys voer. Die verhaal van dié weldaad versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media, en op Maroela kom lees duisende lesers Vincent se storie. Annari du Plessis, ʼn liefdadigheidswerker van Vanderbijlpark, word ná drie jaar uiteindelik vrygespreek op aanklag van regsverydeling. Annari is drie jaar gelede in hegtenis geneem toe sy ʼn meisie, wat as seksslaaf gevange gehou is, help red het en geweier het om die meisie vir ondervraging aan die polisie te oorhandig. Hierdie week het Annari se appèlsaak teen haar aanvanklike skuldigbevinding uiteindelik geslaag. Suid-Afrikaners verneem die goeie nuus dat die petrolprys moontlik vroeg in Desember met 70c per liter kan daal. ʼn Oupa wat vir drie dae vermis was, het vir sy familie ʼn SMS gestuur om te laat weet dat hy ongedeerd is. En, les bes, Sarah-Kate Scott, ons eie Mevrou Suid-Afrika, word as eerste prinses aangewys in die Mevrou Wêreld-skoonheidskompetisie.

Maar lees mense goeie nuus? wonder ʼn mens. Een van die lekkertes van digitale media is dat ons presies weet hoeveel mense elke storie lees. So tussen 4 000 en 5 000 mense het in die afgelope paar dae elke goeienuus-storie hierbo gelees. Die petrolprys, interessant genoeg, het net sowat 2 500 lesers getrek. Dalk glo mense nie meer goeie nuus kan na húlle kant toe kom nie. Die vermiste oupa-storie was die gunsteling, met so 5 600 lesers.

Dit klink baie, maar as mens dit vergelyk met die hoeveelheid mense wat stories lees soos dié van ʼn mamma wat oorlede is nadat kwaaddoeners ʼn klip deur hul motor se voorruit gegooi het (teen Vrydagoggend 18 000 keer gelees in twee dae), die hartseer verhaal van Suzanne Leyden wat Donderdagoggend kritiek beseer is toe ʼn motoris van ʼn ongelukstoneel weggejaag het (13 000 lesers tot hede), en die storie met video van ʼn vuisgeveg in die parlement (11 000 lesers), lyk dit asof mense maar weinig in die goeie nuus belang stel. Dié getalle is nog laag:  ʼn storie met ʼn video waar Julius Malema ʼn man in Steers rondstamp, is meer as 70 000 keer gelees.

Daar is heelwat teorieë oor waarom mense eerder slegte nuus as goeie nuus lees; sommige daarvan heel voor die hand liggend, en ander meer filosofies of wetenskaplik beredeneerd. Hoe dit ook al sy, goeie nuus verkoop nie, al kyk jy van watter kant af daarna.

Maar maak goeie nuus ʼn verskil, vir dié wat dit lees? Beslis. En daarom sal ons aanhou om die goeie nuus wat na ons kant toe kom, vir ons lesers te publiseer.

Groetnis
Susan Lombaard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

16 Kommentare

anet ·

Susan, baie dankie ook vir die goeie nuus. Daar is nuus wat my hart bly maak soos Vincent van Wimpie, die oupa wat sms gestuur het,Annari wat die hofsaak gewen het, en ons pragtige Sarah-Kate, en laaste maar nie die minste is die petrolprys wat afkom met 70c, ek is eintlik bietjie bang om te praat oor die petrolprys, want ek reken, sien is glo.

Ek dink ons is so geweld gefokus elke dag dat ons die berigte lees, en probeer om maar sekere plekke te vermy, en jouself en jou familie veilig te hou

Dankie Maroela ek geniet dit elke dag om Maroela nuus te lees, en ook my beskeie mening gratis te kan skryf. Dit is baie goed vir die Siel om soms so ‘n aflaai plekkie te koester

Susan Lombaard ·

Beste Anet, dankie vir die terugvoer – ek is bly jy het dit net so baie soos ons geniet! Groete, Ssuan

Madelein ·

Dankie vir al die goeie nuus hierdie week. Ek moet erken dat ek elke liewe goeie-nuus-storie gelees het. Hou so aan

Susan Lombaard ·

Dis lekker om te hoor, Madelein! Ons gaan beslis in die toekoms probeer om vir ons lesers meer goeie nuus uit te snuffel. Groetnis! Susan

Madelein ·

Dankie vir al die goeie nuus hierdie week. Ek moet erken dat ek elke liewe goeie-nuus-storie gelees het. Hou so aan

madelein ·

Dankie vir al die goeie nuus. Ek moet erken dat elke goeie-nuus-storie gelees het. Hou so aan

Cornelia Raath-Lotter ·

As julle tyd het, lees groot aseblief my volledige goeie nuus getuienis by http://www.miaauw.co.za.

Hier is so ietsie van my storie:

My storie begin op Werkersdag (1 Mei) 1996, Hatfield, Pretoria:

As 26-jarige briljante professionele Elektroniese Ingenieur & adrenalienverslaafde wat die wereld aan my voete gehad het, wat net die vorige dag ‘n wereld-eerste rekenaarprogram vir die WNNR voltooi het, en vir wie geen uitdaging in die verlede ooit te groot was nie, was ek op my motorfiets op pad gimnasium toe, toe ‘n bejaarde dame ‘n stopstraat ignoreer het en my motorfiets, wat die eerste van die aankomende verkeer was, afgeskryf het.

My helmet het afgekom en my skedel is gebreek met die impak teen die randsteen. ‘n Ooggetuie wat ek glo as Engel daar geplaas was, het my onmiddelik te hulp gesnel, en volgens hom was ek:
“blou in die gesig, my oe was omgedop en ek het glad nie asemgehaal”
toe hy my lewelose liggaam op die pad bereik het nie … Ek was DOOD! … maar dis eers nadat hy sonder versium mond-tot-mond asemhaling toegepas het, dat God my vir die eerste keer weer na hierdie lewe teruggestuur het … daar was heeltemal te veel werk wat ek nog hier op aarde moes doen …

Ten spyte van lidmaatskap aan ‘n goeie mediese fonds, het twee privaat hospitale my opname geweier, en ek is by die destydse HF Verwoerd staatshospitaal opgeneem as ‘n sogenaamde “Foxtrot”-pasient: dit is ‘n beskrywing wat ek eers onlangs kon begryp as ‘n onbekende pasient waarvan die opnmae-personeel reken die breinbesering is heeltemal te ernstig om enige mediese aandag te regverdig … dis maar net ‘n kwessie van tyd voor ek my finale asem sou uitblaas …

Dis eers nadat God dit op die ooggetuie se hart geplaas het om na my welstand te verneem, dat hy weer tot my redding gekom het … hy het my volgende dag by die staatshospitaal opgespoor … waar ek eenkant gelos is net soos die paramedici/ambulans my die vorige dag afgelaai het … en dis eers nadat hy aangedring het op onmiddelike mediese aandag dat ek ‘n dag na die ongeluk eers opereer is vir skedelbreuk en vrye breinbloeding … waarna ek vir weke in ‘n koma was …

Weens die lang tyd wat verloop het sedert my ongeluk en die noodsaaklike mediese aandag wat ek eers ‘n dag later ontvang het, het ek geweldige breinskade opgedoen … maar jare later het ek egter geleer dat dit absoluut so moes gebeur, en dat dit bloot deel van God se perfekte plan was … want paramedici, wat elke dag moedeloos is met mediese identifikasie, het ‘n gevallestudie begin rondom my ongeluk (bekend as projek “Cornelia”) oor juis dit wat die verskil sou gemaak met my ongeluk, naamlik mediese identifikasie wat namens my sou kon praat toe ek nie self kon nie … en daaruit is CrisisOnCall (enigste identifikasiestelsel onderskryf deur “Arrive Alive”) toe gebore in Oktober 2002 … wat sedertdien duisende mense se lewens gered het … WOW!!!

… maar toe ek weke later uiteindelik my bewussyn herwin was ek ligjare verwyder van die adrenalienverslaafde wereld-klas ingenieur wat ek voor die ongeluk was: … my verlede is heeltemal uitgewis … en soos ‘n klein babatjie moes ek weer van voor af leer om te kruip … leer om te loop … leer om te praat … dit het seker omtrent 8 jaar geneem voordat ek weer normaal tot by 10 kon tel … ek is medies ongeskik verklaar van my werk by die WNNR waar ek volkome werksbevrediging gesmaak het … waar ek dit regtig geniet het om aande deurnag te werk … ek kon nie lees, films of TV-programme volg met begrip nie … deur die jare moes ‘n somtotaal van 48 (agt-en-veertig = 50-2 … ek kan nou reg tel) operasies op my gebroke liggaam uitgevoer word … ek is in chroniese pyn … ek verstoot mense uit my verlede met my aggressie want hulle ken my, maar hoekom ken ek ken hulle dan van geen kant af nie …?

… maar heeltemal gestroop van my vlymskerp breinfunksie wat my in die verlede nog altyd ‘n voorsprong bo ander mense gegee het, neem ek toe Jesus Christus as my Verlosser en Redder aan, en skielik kon ek mense weer vierkantig in die oe kyk … nou met my nuutgevonde identiteit in Jesus Christus!!!

… niemand het vir ‘n oomblik gese Christen-wees is maklik nie … want skielik word ek konfronteer met die moeilike, bo-menslike, alles behalwe logiese konsep van VERGIFNIS … aseblief, net nie dit nie … hoe kan ek die ou tannie vergewe wat in twee howe skuldig bevind is aan roekelose en nalatige bestuur … my lewe op ‘n jong ouderdom vernietig het … en my nooit eers gekontak het om te se dat sy jammer is nie … ?

Persoonlik glo ek dat, om my eerste lewensboodskap oor VERGIFNIS met julle te deel, die enkele grootste rede is dat God my nou al soveel kere teruggebring het uit die dood:

… omdat ek haar nooit gesien het nie, maar net geweet het dat sy ‘n bejaarde dame is, het ek ‘n haat teen alle bejaarde dames ontwikkel … ek het vir my ‘n slaansak aangeskaf, dit na haar vernoem, en al my haat teenoor haar daarop uitgeslaan … ek moes myself regtig in toom hou om nie bo-oor elke ou tannie wat die pad voor my te stadig kruis te ry nie … maar ek het dit (gelukkig vir hulle) darem nooit gedoen nie …

Ek het met verskeie predikante gepraat oor VERGIFNIS, notas gemaak van alles wat hulle met my daaroor gedeel het en aanhoudend daardeur probeer werk ten spyte van my beperkte konsentrasie en korttermyngeheue-probleme … ek het uiteindelik VERGIFNIS begryp en ingesien as ‘n direkte opdrag van God … maar dit was so verskriklik moeilik … en ek het opreg gebid dat dit net aseblief ‘n realiteit in my hart moes word … dat ek haar eendag aseblief net opreg kan vergewe …

ONVERGIFNIS kan vergelyk word met ‘n handgranaat wat jy styf teen jou boesem koester … die persoon wat jy glad nie kan vergewe nie, word in geen aspek daardeur geraak nie … dis net jy, self, wat aan die einde van die dag daardeur vernietig word … dis soos om self die GIF te drink en te hoop dat die ander persoon uiteindelik daardeur vergiftig sal word … dit werk net glad nie so nie!

Op sekerlik my naaste punt aan selfvernietiging … absoluut verteer deur fisiese pyn … is daar vir my gebid … waarin God toe in ‘n visioen openbaar het dat Hy my eendag kragtig gaan gebruik om my getuienis met ander mense te deel … maar, heel eerste moes ek net eers ontslae raak van die wortel van bitterheid en ONVERGEWENSgesindheid diep binne-in my …

… daarna was ek uiteindelik vir die eerste keer geestelik gereed om die ou tannie opreg te kan vergewe …

In my lang, pynlike pelgrimstog na VERGIFNIS het Jesus Christus my elke tree van die pad gedra … en uiteindelik, absoluut deur die werking van die Heilige Gees, kon ek ‘n briefie aan die ou tannie skryf waarin ek al my frustrasies teenoor haar uitsort … hoe sy my lewe op ‘n jong ouderdom vernietig het … MAAR dat ek haar VERGEWE …

…Die uitdrukking: “Vergewe om te lewe” is so toepaslik:…want dis eers nadat haar predikant my briefie vir haar gegee het dat my nuwe lewe tot eer van God regtig begin het … dat ek met God se Guns omvou is en Hy my absoluut in oorvloed begin seen het:
Kort daarna het die Pretoria News voorbladartikel (internet-skakel vir artikel by http://www.miaauw.co.za/MediaArticles/PretoriaNews29April1999.htm), wat ook twee keer deur die destydse Isabel Jones se Fair Deal-program gedek is, die media getref: ek het ‘n Hooggeregshofsaak gewen om my katte in my destydse deeltitelkompleks aan te hou;
God het my geleer hoe om met my onvermoëns en pyne saam te leef;
God het aan my ‘n wonderlike man en lewensmaat in Deon Lötter gegee, al het dit op “wonderbaarlike” wyse deur die internet plaasgevind!;
‘n Hollandse Christelike TV maatskappy het ‘n dokumentêre drama oor my boodskap van vergifnis produseer,
My getuienis is in boekvorm publiseer saam met ander kragtige getuienisse van oraloor die wereld
die Heilige Gees het my getuienisse op papier uiteengesit;
God het my in so ‘n mate met Sy Uithouvermoe, deur my pyndrempel gedra, dat ek deur Hom twee keer die 94.7 en Argus fietswedrenne susksesvol kon voltooi, sowel as om Kilimanjaro in 2002 te kon klim;
Ons het sedertdien in ‘n huis ingetrek waar die katte nou vir die eerste keer in hulle lewens die luukse van gras en ‘n tuin kan geniet …
God het my 21-jaar-oue Tuxedo kat, Jerry, vir my uitgespaar tot verlede jaar om deur al die jare se trauma nog altyd net daar te wees vir my, en my nog heeltyd te ondersteun en by te staan met sy kameraadskap en onvoorwaardelike liefde …
Met ons gemeenskaplike belangstelling in en voorliefde vir motorfietse, het God ons nou altwee geroep om deur die Christian Motorcycle Assosciation (CMA) “bikers”, hulle familie en vriende te wen vir Jesus Christus … een hart op ‘n slag…While proudly “Riding for the Son”…
tot my groot opwinding het God my September 2009 toevertrou met my droommotorfiets … waardeur ‘n belangrike lewenssirkel nou voltooi is … Want van daar, waar alles begin het op 1 Mei 1996 … Elke oomblik gedra deur God, regdeur my lang, peinigende Pelgrimsreis tot Vergifnis en 48 operasies later … Gebruik ek nou, meer as 15 jaar later, my motorfiets net as instrument tot eer van God, om Hom mee te verheerlik en om daardeur “Bikers” na Jesus te lei…
Enkel en alleen deur God se genade het ek sedert Augustus 2005 tot kort onlangs voltyds gewerk, ongelukkig gestop weens nek- en rugpyn, as Rekenaarprogrameerder/Sagteware Ontwikkelaar… en as gevolg daarvan was Werkersdag 2011, die 6de Werkersdag in presies 15 jaar wat ek as ‘n “werker” kon gedenk! Terselfdertyd het my breinfunksies dag-vir-dag verbeter … waar nuwe neurale paaie in my brein gevorm het wat die funksies van my eens-vernietigde breinfunksies kon oorneem. … In sterke teenstelling met die amper 10 jaar wat ek as gefrustreerde, medies ongeskikte profesionele Elektroniese Ingenieur by die huis moes deurbring
en, en, en …

Nog ‘n laaste VERGIFNIS-juweeltjie wat ek graag met julle wil deel: As jy die woordjie VER-GIF-NIS ontleed, moet jy basies net ontslae raak van die GIF in die middel, waarna jy volkome oortrek sal word met Jesus Christus se wonderlike en genadige VER-NIS. Ek kan dit regtig ten sterkste aanbeveel: “treat” jouself deur iemand anders te vergewe.

Net in ‘n ligter luim t.o.v. my proses van vergifnis – God het darem maar ‘n wonderlike humorsin, want aanvanklik wou ek elke bejaarde vrou wat ek gesien het, aangeval het – omdat ek haar vereenselwig het met die vrou wat my raakgery het en my lewe byna vernietig het … maar sedertdien het ek so aktief betrokke geraak by beide die oggend en aand Vroue-aksies van ons kerk, dat die klomp ou tannies toe nou my beste vriendinne geword het!

Volgens 2 Kor 8:9 kan ek nou selfversekerd na die kruis kyk, en weet dat ek weet, dat ek nou – juis in soveel groter maat na my gehoorsaamheid in VERGIFNIS – geestelik skatryk is in Jesus Christus.

Net om weer terug te kom na die res van my getuienis en die volgende kragtige lewensboodskap, naamlik die uiteindelike insig dat alles eintlik maar net oor God gaan:
Voorheen was geen struikelblok was te groot vir my en my brein nie. Maar skielik, in ‘n oogwink, was dit waarop ek vir so lank gesteun het, net nie langer daar nie. God wou net hê dat ek met my volle gewig alleenlik op Hom rus en op Hom vertrou.

Die skille is van van my oë verwyder … dat dit geensins belangrik is watse mylpale, prestasies, kwalifikasies, statussimbole of besigheidssuksesse ‘n mens in hierdie lewe bereik nie. Die ENIGSTE belangrike ding in hierdie lewe, is om ‘n lewendige verhouding met God te hê, volkome op Hom te vertrou en ons ten volle oor te gee aan ons Hemelse Pappa.

Kyk, feit van die saak is dat ek nog steeds bewus is van my tekortkome – en dat ek voortdurend in fisiese pyn verkeer. maar daarvoor klou ek net vas aan Romeine 8:18, wat sê dat die lyding wat ons nou moet verduur,nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.
Oor die jare heen het God ook my Pyn in my Wins omskep: want alleen deur God se wonderbaarlike uithouvermoe, kon ek triomfeer oor my Pyn, maar terselfdertyd is my karakter en geloof ook so versterk, dat ek aan die einde van my lewenssirkel net uiteindelik nader-en-nader aan God gebring is.

Vir baie jare het ek ook gebid dat God aan my ‘n spesifieke Bybelvers sou openbaar om my getuienis mee op te som. Maar ongelukkig het my onvermoë om self boeke, artikels of paragrawe hieroor met begrip te kon lees, my daarvan weerhou het om aanvanklik self iets opspoor.

Ons getroue Vader het egter op ‘n dag sy Woord oor Impact Radio aan my openbaar, toe ‘n Skrifverwysing oor die lug gegee is wat die essensie van die boodskap wat ek met my getuienis wil uitdra in ‘n neutedop saamvat, naamlik Markus 8:36 (Wat help dit ‘n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?).

Aan die onderkant van my Bybel in Praktyk word hierdie teksversie soos volg bespreek:
… Volgens Jesus is alle plesier wat slegs te doen het met materiële dinge, besittings, posisie en mag (in my geval kwalifikasies, aardse suksesse en mylpale bereik) glad nie van dieper waarde nie.
Alles wat ons op aarde het of geniet, is relatief en tydelik en uiteindelik waardeloos.
As ons hard werk om net oppervlakkige dinge te bekom, loop ons die gevaar om uiteindelik te ontdek dat die lewe leeg en sinneloos is.
Volg Jesus nou, dan sal jy uitvind wat dit beteken om volkome hier op aarde te lewe, sowel as om die ewige lewe te beërwe.

xxx

Ses weke na my 48e operasie, (Mei/Junie 2008), het ek net tot die nederige besef gekom dat ons, as mensies in hierdie aardse lewe, nie ‘n fraksie van ‘n idee het hoe oneindig Groot en Almagtig ons God regtig is nie …

As ek nou, in retrospek, terugkyk oor die jare heen, besef ek net dat alles wat met my gebeur het, bloot saamgevat kan word in God se onverdiende, onvoorwaardelike Guns en Liefde vir my … alles net sodat God my nie vir alle ewigheid sou verloor nie …

Die Koning en God van die Heelal het My gekies … Want dit is die storie wat Sy hoogtepunt in Jesus vind, en wys hoe God oor my en elkeen van julle individueel voel!

Ten spyte van ‘n verskeidenheid van fisiese probleme waarmee ek steeds sukkel weet ek dat hierdie tydelike toestand en ongerief ook sal verbygaan … Dat ek in die ewigheid bevry sal wees van my gebroke aardse liggaam, selfs 48 operasies later …
…maar eendag, as Jesus my as vlekkelose bruid kom haal, sal ek vir ewig, volmaak en sonder pyn, in Glorie saam met Hom regeer …

… Tog is God vir nou tevrede met dit wat ek Hom nou kan gee

… Ek moenie probeer om God se onvoorwaardelike Guns, Genade en Liefde te verstaan of te verduidelik nie …

… Ek moet, soos ‘n klein kindjie, dit maar net aanvaar en daarin leef …

My getuienis rondom vergifnis is op die internet by http://www.miaauw.co.za . Deel aseblief ook hierdie skakel met soveel as moontlik ander mense, veral diegene wat nog vasklou aan onvergifnis-“handgranate”, en nog nie die absolute Goddelike Bevryding van Vergifnis in hulle lewens gesmaak het nie.

Weer eens baie dankie vir hierdie geleentheid, asook dat julle geduldig God se boodskap deur my as gewillige instrument, gelees het.

Weet dat God jou ryklik seën, ONVOORWAARDELIK, deur Jesus Christus wat in jou is.

Nadine ·

Cornelia, dis met hartseer wat ek van jou ervaring gelees het, en tog, jy het met hierdie skrywe van jou sommer diep in my hart gekruip. Is dit gepas as ek se, “dankie, ek het lekker gelees”. Wel, dis ‘n getuienis DUISEND. Mag dit sommer baie goed gaan met jou in die toekoms.

Susan Lombaard ·

Beste Cornelia, baie dankie dat jy jou storie en getuienis met ons en al ons lesers gedeel het! Dis ‘n groot inspirasie en gee ons nuwe moed. Ek glo baie lesers gaan hierdeur geïnspireer word. Groetnis, Susan

Drieks ·

Ek lees al di slegte nuus om te weet wat wag vir my om elke denkbare plek in SUID AFRIKA. Want ek moet hierdie nuwe kultuur misdaad en geweld soos van Gr 1 tot 12 leer. Het nie sulke dinge in my ouerhuis geleer nie. VERSKRIKLIK ek studeer in SA gruwel want ek moet.

Koos Swanepoel ·

Baie dankie vir die mooi gedagte van goeie nuus publiseer in vandag se samelewing lyk dit vir my as n ding nie sleg of absurd is nie is dit nie die moeiete werd om te lees nie. Koerante se mos as die voorblad vol goeie nuus is sal dit nie verkoop nie. Kom ons bewys hul die teendeel. Ek dink asd meer mense hul besig hou met die goeie sal dan sal die kwade vanself verdwyn.

Baie dankie vir jul blad ek geniet dit.

Koos Swanepoel
0799054356
[email protected]

Susan Lombaard ·

Dis ‘n groot plesier, Koos! Hoop jy kuier nog lank en lekker by Maroela. Groete, Susan

Pieter ·

Hallo Susan Lombaard.

Ek wil graag noem dat Herman Toerin onlangs n berig geskryf het oor “ingesteldheid”.

Dit spreek boekdele oor hoe Afrikaners “ingesteld” is. Ons lewe in Suid Afrika word geteister deur korrupsie, plaasmoorde ens. Vanselfsprekend is ons as Suid Afrikaners ingesteld op hierdie dinge wat ons land “vernietig”. Baie klem word gele op hoe swak Suid Afrika gevorder het na die 1994 verkiesing. Finansieel gaan mense gebuk onder hoe brandstofpryse, hoe munisipale rekeninge ens. Die Bybelse se tog dat jy na die beeld sal verander wat jy aanskou.

Die berigte wat ons lees word deur joernaliste geskryf en die vraag moet gevra word is hulle ingesteldheid reg?. Werk is werk…joernaliste wil n “goeie” berig skryf wat lesers kan bewus maak rondom die gebeure in Suid Afrika. My vraag is “Wanneer is nuus nuus”, tot watter mate pas mens sensasie toe. n Goeie berig moet n regte mate van “bestandele” he om dit te laat uitstaan bo die gemiddelde.

Dus ondersteun ek die aankondiging dat meer goeie nuus berigte geplaas gaan word.

Ek dink Maroela Media handhaaf n regverdige ingesteldheid. Ek wil graag Herman Toerin prys vir sy berigte. Hy speel lekker met woorde en sal graag eendag met hom n gesprek wil voer.

Baie dankie dat ons as lesers kan deel wees van julle span.

Groete…
Pieter Bender

Susan Lombaard ·

Beste Pieter, baie dankie vir jou positiewe terugvoer en komplimente. Dis ‘n riem onder die hart om sulke terugvoer te kry – mens werk soms baie hard sonder om iets van ons lesers terug te hoor. Herman is ‘n staatmaker wat homself uitstekend verwoord en dit regkry om balans aan enige storie te gee. Ons het jou komplimente aan hom ook oorgedra. Groetnis, Susan

Van ·

Wonderlike initiafief, daars net negatiewe nuus en opskrifte teen lamp pale, mens voel sommer bedruk net deur nuus te kyk.
hou so aan, ek sal dit beslis lees elke dag en die ander nuus vir ‘n slag vermy…

TT Cloete ·

Ek lees julle met danbaarheid. Ek drink elke dag koffie uit een Maroelabeker en tee uit die ander een.Ek het ook mos al geskryf oor ons verwronge voorliefde vir slegte nuus. Met groot waardering. TT

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.