Skryf gedigte wat harte raak

 skryfnet-gedig-facebook-02-31-januarie-2024.jpgIs jy mal daaroor om gedigte te skryf? Wou jy nog altyd hierdie liefde ontwikkel in werke wat die hart raak?

Dan is daar goeie nuus vir jou! Skryfnet, die Afrikaanse skryfskool, het na lesers se versoeke geluister en bied eersdaags ʼn splinternuwe digkursus aan, wat ontwikkel is deur die baie bekende digter Daniel Hugo.

Die digkuns is die oudste vorm van kunstige taalgebruik. Dit het aanvanklik uiting gevind in liedere. Vroeër was dit ook die enigste wyse waarop verhale vertel is; prosavertellings is ʼn baie onlangse verskynsel in die mens se kultuurgeskiedenis. Die aanvoeling vir poësie is dus diep geëts in ons DNS.

Die “Skryf ʼn gedig”-kursus is geskik vir enigiemand wat graag met woorde en verse wil woeker, ongeag van hoe ervare jy op dié gebied is.

Dit neem jou op ʼn kreatiewe reis van daardie heel eerste oomblik wat jy jou gedagtes en gevoelens op papier neerpen, totdat jy uiteindelik met ʼn pragtig afgeronde gedig kan spog.

 daniel-hugo.jpg

Daniel Hugo is ʼn gesoute digter, vertaler en bloemleser het die kursus ontwikkel en gaan ook die aanbieder wees. (Foto verskaf).

Daniel Hugo is ʼn gesoute digter, vertaler en bloemleser met ʼn doktorsgraad in vernufspoësie. Ná sy studies het hy onderwys gegee waarna hy by die SAUK aangesluit het as omroeper in beheer van literêre programme. Daar het reeds 16 digbundels uit sy pen verskyn – die jongste is Klinkklaar in 2021. Daarvoor het hy ʼn ATKV-Woordveertjie ontvang. Vir sy vertaalwerk uit Nederlands is hy reeds twee keer deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon.

Skryf ʼn gedig sal oudergewoonte aanlyn aangebied word oor ʼn tydperk van ses weke. Dit is ʼn praktiese skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van die digkuns.

Deelnemers aan hierdie kursus sal leer hoe om gedigte te skryf en aan die einde van die kursus spog met ʼn aantal afgeronde werke.

Temas soos waar ʼn gedig vandaan kom, wat dit ʼn gedig maak, beeldspraak, klank en digsoorte sal gedek word.

Die kursus skop amptelik op 8 April 2024 met ʼn aanlyn verwelkomingsessie af.

Argieffoto (Foto: Infralist.com/Unsplash)

Om jou plek te bespreek, klik hier. Sodra die registrasieproses afgehandel is, sal daar ʼn e-pos met verdere inligting deurgegee word om toegang te kry tot die leerplatform.

Deelnemers wat die kursus voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Akademia. Inskrywings sluit op 4 April 2024. Koste beloop R2 500 per persoon.

Besoek ook Skryfnet se webwerf vir meer inligting en antwoorde op gereelde vrae.

Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.